kategorieë: WenkeMode

Olimpiese koors: Hoe moet jy sportdrag dra?

Wat is die jongste trends vir sportdrag?

Deesdae is dit mode om funksionele maar ook modieuse oefendrag te dra. Vroue sal ’n oefensessie in die gimnasium doen in ’n sportbra wat gemaak is om mee te hardloop, ’n oefenbaadjie en dan hardloop- of oefentekkkies dra. Sodra jy klaar geoefen het, trek jy ’n modieuse oefen-baadjie aan, en jy kan die dorp invaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Waarvoor moet jy uitkyk wanneer jy sportdrag koop?

Dit hang verseker af van watter aktiwiteit(e) jy gaan doen met die sportdrag, maar dit is noodsaaklik om ’n goeie sportbra aan te skaf. Afhangende van jou aktiwiteit, kies ’n bra met lae, middelmatige of hoë ondersteuning, om by dit aan te pas. Dit is ook belangrik om die regte tekkies te dra om beserings te voorkom. Indien jy onseker is oor watter skoene jy moet kies, kan jy ’n tegniese verteenwoordiger van Adidas in jou streek kontak vir hulp:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kaapstad
Richard Elliot- richard@captivateactivations.co.za

Durban
Jade Wilkinson- jadew@captivateactivations.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Johannesburg
Fabio Pais- fabiop@captivateactivations.co.za

Pretoria
Anthony Charalambous- anthonyc@captivateactivations.co.za

Is daar ’n spesifieke manier om sportdrag te versorg?

Maak seker dat jy jou klere ordentlike was ná elke gebruik en maak seker om die was-instruksies op die etiket van die kledingstuk te lees om ’n langer leeftyd vir jou klere te verseker!

Watter tipe sportdrag is die vleiendste as jy nie die liggaamsbou van ’n Olimpiese sportster het nie?

Soos reeds genoem, word sportdrag deesdae so ontwerp dat dit nie net funksioneel is nie, maar ook modieus en dit word toegepas op die materiaal, snit, afwerking én kleur. Vroue wil nie net goed voel terwyl hulle oefen nie, maar ook goed lyk. Oefen-kamaste is deesdae baie gewild en vleiend vir alle vorms en groottes.

Op watter items kan ons spaar wanneer ons sportdrag koop en wanneer is dit beter om eerder meer te spandeer?

’n Mens kan enige tyd op sportdrag spaar as jy weet waarvan jy hou en wat jou goed laat voel, maar die regte bra is van kardinale belang. Kry dus die beste een wat jy kan! Skoene is ook, soos vroeër genoem, super belangrik en ’n mens moet seker maak dat jy die regte tegnologie het om jou te ondersteun vir die oefening en aktiwiteite wat jy doen.

Sport Lux is baie gewild. Wat is jou beste raad vir hoe om dit reg te dra?

Ek dink die styl is net moeilik om te dra as ’n mens te veel daaroor gaan dink. Sport Lux staan bekend as ’n eenvoudige tendens waar sportdrag deel word van jou alle daaglikse klerekas. Die geheim is om dit eenvoudig te hou en te fokus op skoon lyne, snitte en kleure en om te speel met die teksture van jou uitrusting. ’n Goeie paar skoene in ’n neutrale kleur is ’n goeie manier om jou uitrusting saam te bind.

Deel
Gepubliseer deur
Daniela du Toit

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.