kategorieë: Bekendes

Shepherds and Butchers by Silwerskermfees 2016

Shepherds and Butchers vorm deel van ’n rits nuwe vollengte rolprente wat in die afgelope paar jaar danksy geldelike en kreatiewe ondersteuning van M-Net, die lig gesien het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die fliek is deur werklike gebeure geïnspireer en speel af in die politiek-onstuimige Suid-Afrika van 1987. Wanneer Leon Labuschagne (Garion Dowds), ’n 19-jarige tronkbewaarder, ’n afgryslike gruweldaad pleeg deur sewe swart mans koelbloedig dood te skiet, is die uitslag van die naderende hofsaak vir meeste ’n uitgemaakte saak en glo hulle hy sal die doodstraf kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die menseregte-aktivis John Weber (vertolk deur die brekroonde Steve Coogan van Philomena-faam), ’n teenstander van die doodstraf, is die enigste regsgeleerde wat bereid is om Labuschagne in die saak te verdedig. Hy vind uit dat die jong man in die dodeselle van ’n tronk gewerk het waar 164 teregstellings in een jaar plaasgevind het. Tydens die hofsaak lê Weber die traumatiese werkstoestande waarin Labuschagne moes werk, bloot en wys hy wat tot sy ineenstorting gelei het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ander bekendes in die rolverdeling is Andrea Riseborough (bekend vir haar rol in onder meer die Oscar-bekroonde Birdman), Deon Lotz, (Mandela: Long Walk to Freedom), Marcel van Heerden, Eduan van Jaarsveldt en Nicola Hanekom.

Kyk hier na die lokprent:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.