kategorieë: Lees

Dans met die rooirok: Hoofstuk 32

Ontnugter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Amelie hoor Adrian vroegoggend ry. Haar kop draai nog van die stomende sessie wat hulle die vorige dag in die pakkamer gehad het. Daar het toe nie veel van die soektog na die Cezanne gekom nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy vang haarself die hele oggend dat sy die hek dophou. Adrian het nie gesê waarheen hy gaan nie. Effe onbedagsaam, dink sy. Mens laat weet seker jou gasvrou as jy uitstedig gaan wees? Sy vermaan haarself dat sy soos ‘n verliefde tiener optree.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Na middagete vererg sy haar vir haar muisneste en besluit om alleen in die stoorkamer na die ontwykende Cezanne te gaan soek. As sy die skildery kry, sal sy Adrian beslis nie inlig nie, besluit sy.

Die laaste kratte is vol dokumente, ou tydskrifte, koerante en boeke en dit is ‘n tydsame proses om deur te gaan. Volgens Adrian is dit nie ‘n groot skildery nie en as dit nie geraam is nie, kan dit maklik tussen boeke skuil.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die stoor was van die begin ‘n ongelooflike bron van skatte wat antieke winkel-eienaars sal hiperventileer van opgewondenheid. Veral mense wat in die Europese geskiedenis van die tydperk van voor die Eerste Wêreldoorlog belangstel sal van die geskrifte interessant vind, weet sy en neem haar voor om dit wat sy nie self wil hou of vir haar navorsing vir die boek gaan gebruik nie aan museums of historiese verenigings te skenk.

Amelia was duidelik ‘n opgaarder en het niks weggegooi nie. Elke item wat sy uit Europa saamgebring het en skynbaar elke besitting wat sy tydens haar verblyf in Suid-Afrika bymekaar gemaak het, is in die kratte verpak.

Danksy die Groenewalds se skrikbewind op die dorp en afskrikmiddels teen besoekers aan Mon Abri het niemand gelukkig voorheen in die kratte kom krap nie. Elke krat is soos ‘n tydkapsule.

Amelie maak hopies wat haar met die verdere uitsortering sal help.

Sy kry wel ‘n paar potloodsketse, maar dit is nie geteken nie. Die soektog is so interessant dat sy nie agterkom die tyd vlieg verby nie. Buite begin dit al sterk skemer raak en in die stoor kan sy nie meer behoorlik sien nie.

Sy is so verdiep in die uitsorteerwerk dat sy nie die voetstappe hoor nie. Sy voel net die hande om haar middel gly. Sy laat haar kop salig agteroor sak teen die hardheid van sy bors. Sy lippe soek na haar nek en sy voel tintelings oor haar hele lyf. Hy draai haar om en sy laat haar arms om sy nek gly. Vandag ruik hy na veld. Hy het seker die natuur gaan opsoek, dink sy terwyl sy mond haar lippe omvou. Sy wag vir die smaak van korente en swartbessiegeure, maar die smaak van tabak verras haar. Sy het hom nog nooit sien rook nie, dink sy.

Sy soene is ru en soekend. Sy hande gly hardhandig oor haar lyf. Hy druk haar teen ‘n krat vas en sy probeer loswoel as ‘n stuk metaal haar rug begin seermaak.

Die tintelende gevoel dryf weg as sy paniekbevange uit sy greep probeer loskom. Vandag is anders. So anders?

Sy greep verstewig en sy begin soos ‘n slagoffer in sy arms voel. Sy stribbel tee en vra hy moet haar los, maar dit maak sy liefkosings net nog hardhandiger.

“Los my! Asseblief. Jy maak my seer. Los my!”

Hy antwoord nie en sy hande skeur haar bloes oop.

Dit is so verkeerd, voel sy. Die situasie maak haar bang en paniek begin oor haar spoel. Sy mond bly nou op hare om te keer dat sy nie verder kla nie. Sy hande gryp grof na die sagtheid van haar vel. Dit voel of sy versmoor.

Hoe kan ‘n man die eendag so sag en liefdevol wees en die volgenda dag so ru? Dit wat sy nou ervaar, is nie liefkosings nie. Dit voel of haar privaatheid aangetas word. Hoekom hou hy nie op nie? Sy maak dit tot duidelik dat sy nie hou van wat besig is om met haar te gebeur nie?

Sy is is deels dankbaar dat die kinders weg is vir die dag en ‘n deel van haar wens iemand wil kom want dit wat nou met haar gebeur, is verskriklik verkeerd. Hierdie man gaan nie ophou om haar klere van haar af te skeur nie. Hy gaan haar verkrag!

‘n Flitslig skyn skielik helder op hulle. Dit verblind haar oë. Die hardhandige greep op haar lyf verslap en sy hoor ‘n paar growwe swetswoorde. Hy gooi haar eenkant en sy kap haar kop teen ‘n krat. Die wêreld draai skielik weer om haar soos toe sy van die krans af getuimel het.
Veraf hoor sy mansstemme wat stry, dan sak sy weg in ‘n stilte.

“Mamma! Mamma!” Sy word wakker van die paniek in Lolla se stem.

“Wat het met Mamma gebeur?”

Sy probeer die stukkende bloese om haar vou.

“Neem die ander in die huis in. Mamma kom nou.”

Amelie voel selfbewus dat haar kind haar so moet sien. Hoe gaan sy die situasie verduidelik?

Sy kan tog nie sê dat die man met wie sy die vorige middag simfoniese musiek gemaak het haar vandag probeer verkrag het nie?

Sy voel skuldig want die vorige middag het hom skynbaar die idee gegee dat hy vrye toegang tot haar lyf het.

Die trane loop vryelik terwyl sy die ruheid van sy hande in die stort probeer afskrop. Lolla en Mia wag haar op die bed in.

“Wie het dit gedoen? Was daardie Groenewald-buffel hier?”

Amelie wens sy kon Mia se vermoede bevestig. Dit breek haar hart om haar dogters in te lig dat die Fransman wat hulle so met sy sjarme bekoor het homself op haar probeer afdwing het.

“Hy is nie meer hier nie. Hy is weg. Al sy goed is weg. Hy het verby ons gery toe ons by die dorp inkom. Moet ek die polisie bel?”

Mia huil terwyl sy oor haar ma se kop streel.

“Nee, my kind. Kom ons los dit. Belowe my net julle sal nooit toelaat dat ‘n man julle teen julle wil so behandel nie.”

Die lewensles wat sy die twee dogters moet gee, is teen haar wil en onbepland.

Sy is jammer dat sy hulle vertroue in mans so moet skend. Adrian se optrede het haar onverwags betrap. Sy het nooit sulke ruheid van hom verwag nie. Na Phillip Groenewald het sy gesweer sy sal nooit weer toelaaat dat sy in so ‘n kwesbare situasie beland nie.

Wat is besig om met haar lewe te gebeur? Sy begin dink Renier is reg. Haar trek na Mon Abri het net hartseer en ontwrigting gebring. Voor sy aan die slaap raak, neem sy haar voor om Mon Abri te verkoop en weg te trek uit die aaklige dorp. Sy wil wegkom van Amelia Marceaux se nalatenskap. Sy wil trouens nooit weer die naam Marceaux hoor nie. Adrian en sy ma kan maar Alet se deel van die erfporsie hou. Hulle kan die huis en stoorkamer wat haar betref van hoek tot kant omdolwe tot hulle hulle Cezanne kry. Sy gee nie meer om nie. Sy het genoeg gehad.

Slaap neem haar terug in tyd. Sy droom sy trek Amelia se rooi rok aan en sy dans deur die tuin. Daar is tye in die droom wat sy nie seker is of sy Amelie of Amelia is nie. Sy sien hoe die blou bottels woes in die wind waai. Hulle klap teen mekaar en blou glas splinter oor die gras. Dit sny haar voete.

Dan sien sy ‘n man in die skemerte aangestap kom. Sy wil weghardloop, maar haar voete raak lam van die pyn. Die man kom al nader. Sy sien hom in ‘n kol maanlig staan. Sy probeer sy gesig sien. Sy is bang. Die man kom nader. Sy hande gryp na haar. Sy voel hoe hy die rooi rok van haar lyf af skeur. Haar tong lê lam in haar mond. Sy kan nie skreeu nie.

Dan val die maanlig oor sy gesig.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

18 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

23 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.