kategorieë: Lees

Dans met die rooirok: Hoofstuk 36

Bloedstollend

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Phillip se oë staar bloedbelope en moeg oor die lengte van die loop na Amelie. Hy wieg onvas op sy voete. Die stilte op die plaaswerf weergalm sy swaar asemhaling. Amelie voel of sy haar eie hartklop ook kan hoor. Sy probeer stadiger en dieper asemhaal om haar angs te probeer beheer. Sy wil nie haar lewe hier op die Groenewalds se stoep eindig nie. Haar kinders het haar nog nodig. Sy neem haar voor dat as sy lewend uit dié gemors kom, gaan sy oppak en haar kinders uit hierdie aaklige dorp en sy geskiedenis verwyder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Asof hy gestuur is, vlieg ’n hadeda laag oor die opstal. Sy skelroep weerklink in die stilte. Dis al wat Amelie nodig het. In die breukdeel van die sekonde wat Phillip in die lug opkyk, stamp sy die loop van die geweer weg. Hy verloor sy balans en struikel besope oor sy voete. Dit gee Amelie tyd om na haar kar te hardloop. Sy is net betyds. As sy wegtrek, tref die eerste koeël haar agterruit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Haar vingers bewe in die ry op haar selfoon se knoppies. Gelukkig antwoord Mia vinnig.

“Sorg dat julle by die polisiestasie kom. Bly daar tot ek daar is. Sê vir die polisie Phillip Groenewald volg my van sy plaas af en hy skiet op my!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy sien die bakkie agter haar oor die pad slinger. Hy mis ’n aankomende vragmotor rakelings.

Haar hande sweet op die stuurwiel. Vandag is die pad na die dorp ekstra lank.

’n Ent uit die dorp trek Phillip van die pad af. Sy wag nie om te sien wat hy doen nie en jaag aan.

Die verskrikte gesigte van haar kinders by die polisiekantoor sny deur haar gewete. Sy het hulle saam met haar by die gemors ingetrek. Dis haar skuld dat hulle al hierdie trauma moet beleef. As Renier van hierdie drama hoor, het hy alle reg om Mia en Jos uit haar sorg te laat verwyder.

Sersant Bakkies Jooste is dadelik gereed vir aksie as sy hom vertel wat op die plaas gebeur het.

“Vandag trek ek daardie barbaar vir eens vas. Niemand gaan hom weer uit hierdie gemors kan praat nie. Ons het geweet hier kom moeilikheid vandag toe sy ou ma en seun vanoggend hier aangekom het en vertel Phillip is weer die kluts kwyt. Die bevelvoerder het die twee hotel toe geneem en ’n jong konstabel waak by die deur. Myra sê glo Phillip het hulle probeer skiet.
Die keer klink dit my is hy ver heen.”

Hy kyk rond in die polisiekantoor of iemand luister en sê dan sag agter sy hand:

“Daar is mos mense wat glo sy eerste vrou het haar nie self geskiet nie. Hulle glo Phillip het daardie dag die geweer in die hand gehad.”

Amelie en die kinders staan verskrik en luister hoe Bakkies verskeie oproepe maak. Twee polisievoertuie hou na ’n paar minute met loeiende sirenes voor die polisiekantoor stil.

Die nuus van die jongste Groenewald-drama versprei vinnig en ’n paar boere maak hulle
afwagting by die polisiekantoor.

Bakkies kom gee deur die volgende paar uur gereeld terugvoer aan Amelie oor die soektog na Phillip. Mense het ’n paar skote in die rietbos naby die dorp gehoor, maar dit was toe net boere wat vinke wegjaag. Mense het Phillip glo op verskeie plekke in die distrik gesien, maar elke keer het die polisie net te laat gekom om die besope, aggressiewe man aan te keer.

“Dit gaan moeilik wees om hom te vang. Daai man ken die omgewing.” Dis duidelik dat Bakkies dit geniet om in beheer van hierdie drama te wees terwyl sy stasiebevelvoerder saam met die soekspan in die distrik rondjaag.

Die hele dorp vibreer van opgewondenheid. ’n Groep van Phillip se vriende het hulle eie soekgeselskap aan die gang en hulle hoop om hom op te spoor voor die polisie hom vaskeer.

Oral op die sypaadjie staan mense in groepies en praat. Daar is twee kampe op die dorp. Diegene wat die Groenewalds deur die jare gesteun het, en diegene wat moeg is vir die familie se heerskappy op die dorp. Baie verlekker hulle in die jongste drama en gis dat Phillip dalk dié keer vasgevat gaan word. Dit is nie die eerste keer wat hy die hele distrik op hol het as hy in sy dronkenskap met ’n geweer rondjaag nie.

Bakkies kom uitasem die polisiekantoor ingehardloop met die nuus dat Myra en klein Phil nou ook in ’n bakkie op soek is na Phillip.

“Dit gaan daai ou vrou se eie skuld wees as haar mal seun hulle vandag skiet. Die bevelvoerder het glo vir haar gesê hy kan hulle nie oppas as hulle nie in die hotel bly nie.”

’n Paar nuuskierige tannies daag by die polisiekantoor op met toebroodjies en flesse tee vir die “arme vroutjie en haar kindertjies wat daar skuil.”

Bakkies neem die gawes in ontvangs en lê self aan die eetgoed weg.

“Hulle is net nuuskierig om te kom hoor wat aangaan. Ek sê jou, Mevroutjie, vandat jy op hierdie dorp aangekom het, is daar nuwe aksie!”

Bakkies laat Hannes darem toe om Amelie te besoek en sy is dankbaar vir ’n bekende gesig wat sy kan vertrou.

Die ure sleep voort sonder verdere nuus oor Phillip, behalwe dat hy glo op een van die plase by ’n sjebien nog drank gekoop het om sy maniese drankwoede aan te vuur.

Die polisie en boere het die rivier, omliggende koppies, die krans en Phillip se plaas deursoek. Een boer het ’n mikro-vliegtuig aangebied om met die soektog te help.

Daar hang ’n stofwolk oor die dorp soos bakkies heen en weer in die soektog jaag.

Phillip ontduik die soekgeselskappe vir die res van die dag.

’n Diep moegheid oorval Amelie. Sy wens die nagmerrie wil nou ophou.

Laatmiddag kom staan Bakkies as-wit in die gesig voor haar. Vir ’n paar sekondes kan die spraaksamige polisieman geen woord uitkry nie. Maar as hy uiteindelik begin praat, laat sy woorde Amelie se bloed stol.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.