kategorieë: Lees

Dans met die rooirok: Hoofstuk 38

Rooi Rok

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Amelie onthou die laatmiddag nog goed toe Mia die foto van haar op Mon Abri se stoep geneem het. Die ou huis se mure weerkaats die oranje gloed van die son wat sak. Die bome se takke gang loofgroen en laag en die blou bottels maak spieëldanse in die laaste strale van die dag. Sy kyk na die rooikop vrou wat met opgetrekte knieë op die huis se stoep sit. Daardie dag het sy nog gedroom oor ’n mooi nuwe toekoms in die ou huis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Amelie vee sag met haar vingerpunte oor die foto op die boek se omslag. Dit is hoe sy Mon Abri graag wil onthou. Sy wil nie dink aan die afgebrande murasie wat sy maande gelede agtergelaat het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy het haar wonde ’n ruk gelek in ’n huurhuis in Johannesburg, voor sy besef het sy wil tog nog die boek skryf. Met haar beplanning van die struktuur van die boek het sy besef dit is lankal nie meer net Amelie en Phil se storie nie. Die hoofstukke van die boek het ook uitgebrei na hulle nasate en die mense wat hulle agtergelaat het.

Daar is ’n afdeling wat gaan oor Phillip en Myra en klein Phil. Na Phillip se tragiese selfdood in Mon Abri se brand het Myra weggekwyn en haar seun weke na sy dood gevolg. Klein Phil het na familie in Bloemfontein getrek en die Groenewalds se grond is opgeveil. Dit het ’n einde gebring aan die jarelange skrikbewind wat Myra en haar seun op Sederfontein gevoer het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hannes het Amelie vertel hoe die dorp in die maande na die tragedie in skok gesidder het, maar hoe dinge nou weer teruggekeer het na ’n rustige normaliteit. Amelie wil glo dat klein Phil ’n positiewe nuwe begin sal kan maak weg van die hartseer geskiedenis van sy familie.

’n Hele paar hoofstukke van die boek is aan ouma Alet afgestaan. Amelie wou daarmee lig werp op die pragtige talentvolle mens wat haar ouma geword het ondanks die feit dat sy uit Phil en Amelia se verhouding gebore is en ’n aangenome kind was. Trouens, Amelie maak dit duidelik dat haar ouma die hartseer van haar ouers se lewe juis vrygespring het. Sy noem die Marceaux-erflating wat haar ouma toekom, maar distansieer haar duidelik daarvan. Sy het besluit om nie die erfporsie op te eis nie aangesien alles wat sy nog aangepak het wat aan die Marceaux-naam gekoppel is, nog net vir haar hartseer gebring het. Sy het vrede gemaak dat sy nie weer met Adrien kontak sal maak nie. Sy neem aan Hannes het hom ingelig oor die brand. Laasgenoemde moes seker vir Arianne slegte nuus gewees het want as daar iewers in Mon Abri ’n Cezanne weggesteek was, is dit nou tot as verbrand.

’n Deel van die boek het Amelie afgestaan aan haar eie ervaring in Mon Abri. Sy vertel van haar ontdekkingstog deur Amelia se lewe en hoe die drama haar en haar kinders ingesluk het. Sy deel die kennis wat sy in die proses opgedoen het en na lang gesprekke met die kinders het sy besef ook hulle het baie lewenslesse uit hulle paar maande op Sederfontein geleer.

In ’n filosofiese gesprek met die leser vertel Amelie hoe sy voel sy het ’n rol gehad om te speel in die ontrafeling van die tragiese liefdesverhaal van twee jong mense vir wie die dobbelsteentjies van die liefde verkeerd geval het. Sy voel die noodlot het haar uitgekies om die ou wond lug te gee en skoon te maak. Dit het jare lank ’n toksiese uitwerking op baie se lewens gehad en sy besef nou haar rol was om dit oop te krap.

Sy het eers skuldig gevoel oor die hartseer einde van Phillip en Myra, maar na ’n ruk het sy besef sy was nie die oorsaak van hulle bitterheid nie. Sy was net iemand wat hulle aan die hartseer verlede herinner het.

Na sy daaroor gedink het, besef Amelie ook dit is ’n goeie ding dat Mon Abri afgebrand het. Die huis was tot in sy fondamente met hartseer gevul en al was die spook wat sy en haar kinders aan die begin ervaar het net ’n afskrikmiddel van die Groenewalds, weet sy Amelia het tog in die huis en tuin rondgedwaal. Noudat die murasie en tuin gesloop is, glo sy Amelia se gees sal uiteindelik tot rus kan kom.

Die deel wat Amelie nie geskryf het nie, is die persoonlike lesse wat sy geleer het deur Renier te verlaat en weg te breek uit haar negatiewe werksomgewing. Sy het in haar broosheid geval vir Phillip se manipulerende sjarme en in die proses is sy verneder en seergemaak. Sy het wonderlike mense soos Hannes raakgeloop en sy weet hy sal altyd vir haar ’n vriend kan wees.

Oor Adrian het sy nagte rondgerol. Sy besef dit was ’n fout om vir die Fransman te val. Sy neem haar uitgehongerde hormone daarvoor kwalik. Sy weet sy sal altyd ’n tinteling ervaar as sy aan sy smeulende donker oë dink. In ’n ander tyd onder ander omstandighede sou sy hom graag beter wou leer ken, maar hulle familiegeskiedenis, die erfporsie en Arianne is faktore wat seker gemaak het hulle paaie skei. Die misverstand oor wat die middag in die stoor gebeur het, is iets wat sy graag sal wil vergeet. Dit is een van die kurweballe van die noodlot wat sy sal moet leer om te aanvaar.

Die skryf van die boek het vir Amelie genesing gebring. Sy kon die geskiedenis van elkeen wat ’n rol gespeel het vertel sonder om negatief of sensasioneel te wees.

Toe sy die opsomming van die agterblad van die boek moes skryf, het sy lank getob voor sy haar gedagtes kon formuleer:

“’n Suid-Afrikaanse jong man wat teen sy wil aan die Eerste Wêreldoorlog deelgeneem het, het met die slag van Delville bos ’n Franse meisie ontmoet. Hulle jong liefde het ’n tragedie begin wat vir dekades twee families se lewens met hartseer en bitterheid gevul het. Met ’n sameloop van omstandighede het die lot op my geval om hulle verhaal te ontknoop en om die jarelange bitterheid te ontlont. Hulle verhaal het my verhaal geword en ek glo dat ek die negatiewe siklus verbreek het.”

Die titel van die boek was geen maklike taak nie. Sy wou dit eers “Erfporsie” noem omdat die hartseer in die boek van geslag tot geslag oorgedra is. Daarna het sy gedink om die legende van die vrot skaap waarvan Phillip haar vertel het, deel van die tema te maak. Maar nadat die paar kratte van Amelia se besittings wat die brand vrygespring is by haar nuwe huis afgelewer is, het sy die tema maklik gevind. Sy het een middag besluit om die kratte oop te maak om te kyk wat oorgebly het. Die eerste krat het haar die antwoord op haar vraag oor die titel van die boek gegee. Toe sy die vasgebrande slot oopgebreek kry en die deksel oplig, het sy koue rillings gekry. Die inhoud van die krat het ongeskonde gebly. Nie eens die sneespapier waarin van die items toegedraai is, het geskroei nie.

Heel bo in die krat het haar antwoord gelê: Amelia se rooi rok.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.