kategorieë: Lees

Dans met die rooirok: Hoofstuk 39

Wyn

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoewel Amelie se instinktiewe aanvoeling as oud-uitgewer reeds aangedui het dat “Dans met die rooi rok” ’n goeie leesbare stuk werk gaan wees, het sy nie die opgewonde reaksie van Imke Redelinghuys verwag nie. Imke en Amelie was nog altyd goeie vriende, al het hulle by kompeterende uitgewers gewerk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Dis oor die storie uit die kern van jou wese kom, Amelie. Ek voel jou pyn as ek dit lees. Ek kan Amelia en Phil in my geestesoog sien as jong mense wat mekaar se liefde ontdek. Die manier waarop jy hul latere verhaal vertel, is meesleurend. Maar vertel my, my vriendin, waar staan jou hart in hierdie ding?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Amelie neem ’n groot sluk van haar wyn en tuur oor die waterfront in Kaapstad.

“Ek het geleer dat die liefde my nie beskore is nie. Daar is ’n nuwe vrede in my hart. Ek weet nou ek is een van daardie mense wat alleen gaan oud word.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Imke gooi haar een lang bruin been oor die ander en fladder haar grasgroen oë beterweterig.

“Die Fransman? Het jy ’n bietjie seergekry, vriendin?”

Na nog ’n paar slukke wyn vertel Amelie wat die twee agtereenvolgende middae in Mon Abri se stoorkamer gebeur het. Sy vertel van die simfonie van passie saam met Adrian, en die vernederende ervaring met Phillip. Haar hart pyn oor die misverstand tussen haar en Adrian.

“En jy gaan dat ’n simpel misverstand tussen jou en die Johnny Depp-kloon staan? Jy moet jou kop laat lees! ’n Skatryk Fransman wat soos ’n moeviester lyk!”

Amelie sien ’n visioen van die smeulende donker man wat haar hormone laat hande klap. Dan word die beeld versteur.

“Ja, ’n Fransman met ’n mamma wat Godzilla na ’n mak lam laat lyk. Daardie vrou gaan nie toelaat dat ek haar seuntjie inpalm nie.”

Imke maak ’n dramatiese gebaar met haar gemanikuurde hande.

“Sy is stokoud, skat. Klink my een voet is al in die graf. Ontspan, jy hoef haar dalk net ’n jaar of wat te verduur. En as jy haar kwaad genoeg maak …”

Amelie ken Imke al lank genoeg om te weet sy is eintlik doodernstig.

“Jou verskriklike mens! Los die Marceaux en kom ons gesels oor die bekendstelling van my boek. Hoe groot is jou begroting? Ek is lus vir ’n goeie partytjie.”

Sy kan sien daar gaan ’n lig vir haar vriendin op en uit ervaring weet sy dit beteken nie altyd iets goed nie.

“Ek gaan Adrian en sy ma nooi!”

“Is jy nou gek! Arianne het dan gedreig om my te dagvaar as ek haar familie se donker geheime sonder haar toestemming publiseer. Ek wil juis nie haar aandag op die boek vestig nie.”

Imke gaan nie maklik laat los waar sy vasgebyt het nie.

“Die geheime Cezanne! Dit gaan die pers opgewonde maak! Dink net, al die jare was daar ’n Cezanne in ’n ou huis op Sederfontein!”

“Ja, en toe brand die huis af. Het jy vergeet? Daar is waarskynlik nie meer ’n Cezanne nie.”

Imke is ’n skerp vrou. Sy mis niks.

“Waarskynlik?”

Amelie vertel van haar vermoede dat Adrian dalk die Cezanne gevind het voor hy landuit is.

“Nooit! Dit maak die misterie nog intenser!”

Amelie weet sy sal haar vriendin se geesdrif moet temper, anders gaan die boekbekendstelling in ’n sirkus ontaard.

“Ek weet wat jy dink, Amelie. Jy dink te konserwatief. Wil jy hê jou boeke moet van die rakke af vlieg of nie?”

Imke se borrelende voorstelle vir publisiteit maak Amelie benoud. Sy begin wonder of dit so ’n goeie idee was om haar flambojante vriendin toe te laat om haar boek uit te gee.

“Ag toe nou, bedaar, ou Bloukous. Ek sal jou instruksies as skrywer volg. Dit gaan maar ’n baie vervelige affêre wees, maar as dit is wat jy wil hê, dan is dit wat jy gaan kry.”

Die bekendstelling sal in ’n kelder op ’n wynplaas gehou word om te pas by die tema van die wynplaas waar Amelia groot geword het. Amelie weet die reëlings vir die spyseniers en strykkwartet is in Imke se bekwame hande.

“Sorg jy net dat jy daardie aand asemrowend lyk. Dalk is daar ’n hubare ryk wynboer wat jou sal opraap en jou laat afsien van jou simpel besluit om alleen oud te word.”

Amelie weet haar vriendin bedoel dit goed, maar na die trauma waardeur sy die afgelope maande is, is ’n wynboer die laaste ding waarvoor sy kans sien.

“Ek dink ek moet saam met jou gaan inkopies doen vir die aand. Iemand moet sorg dat jy nie van jou kroontjie tot jou toontjie toegerits is nie. Jy moet die goedere ten toon stel, vriendin. Die vet weet, ek sou wat wou gee om so ’n smeulende rooi bos hare en wulpse lyf te hê!”

Amelie voel hoe sy bloos. Imke is lank en maer en blond. Wie wil nou wilde rooi krulhare en ’n gul borsmaat hê?

“My vriend Pierre, dis wat ons nodig het. Hy sal jou ’n bietjie onder hande moet neem.”

Imke voeg die daad by die woord en begin dadelik rond bel in haar nuutgevonde missie.

“Ek het nie nodig dat iemand my moet help met my hare en klere nie. Dankie, maar ek sal self regkom. Fokus jy op die funksie. Hoe minder aandag ek trek, hoe beter. Ek wil net my boeke verkoop, nie my lyf nie.”

Imke se blou oë rol in alle windrigtings.

“Het ek jou al gesê jy is by verre die verveligste mens wat ek ken? Jy het die bates! Wys dit!”

Amelie se hand beweeg beskermend oor haar boesem.

“Ek wil nie weer ’n man in my lewe hê nie. Verstaan jy dit nie? Ek is deur genoeg drama vir ’n leeftyd!”

Imke lag dat haar vineers in die Kaapse son skitter.

“Ok, Ok! Dit pas my! Dis eintlik wat ek wou hoor. Ek voel dis tyd dat ek ’n vakansie op die Franse wynroete moet neem. Ek verdien ’n Fransman se wyn-asem in my nek. Jy wil hom mos nie hê nie?”

Imke lag weer luidrugtig en Amelie kan nie help om saam te lag nie. Sy wens sy het soveel lewenslus soos haar vriendin gehad. Haar geesdrif is aansteeklik. Imke is reg, sy is te ernstig oor die lewe. Dis tyd dat sy verby die trauma van die afgelope maande begin beweeg.

Die twee vriendinne kuier deur twee bottels wyn. Hulle lag dat die trane loop en as die skemerte oor Kaapstad neerdaal, bestel hulle nog wyn.

Imke lig haar glas.

“Op jou, ou Vlamkop. Mag hierdie die begin wees van nuwe vreugde in jou lewe!”

*Lees die FINALE hoofstuk hier

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

10 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.