kategorieë: Blogs

Dans oor die Duine: 21 Julie

Ek onthou die dag toe die nuus van Anene Booysen wreed oor die radio gelees is. Dit het my koud gelaat. Ek wou ’n vieslike ope brief aan die mensdom skryf. Nee gil.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Het die samelewing dan mal geword?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Paar kilometer van my af kon skrywer Rachelle Greeff ook nie slaap nie. Sy’t ook gelê en wroeg oor die lot van die onskuldige jong meisie van Bredasdorp. Sy wou seker ook gil, maar toe skryf sy. Nie ’n ope brief nie, maar die treffende toneelstuk Rondomskrik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dis dié toneelstuk, en meer spesifiek die ‘Uitkyk Antie‘ in die toneelstuk (vertolk deur Shaleen Surtie Richards) wat my en Anette laat besluit het om ons Namib Woestyn Ekspedisie te stap vir bewusmaking van die ‘Uitkyk Antie’-konsep.

Terloops, die Uitkyk Antie-projek word amptelik geloods op 8 Augustus by die Artscape Teater na afloop van die vertoning van Rondomskrik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Uitkyk Antie is presies wat dit sê: iemand wat uitkyk vir haar gemeenskap. Dit kan die vrou wees wat ’n kombers stuur vir die gesin oorkant die straat, of die boer wat ekstra wiskundeklasse betaal vir sy plaaswerker se kind of die seun wat sy kosblik met sy arm skoolmaat deel.

Ons almal kan ’n ‘Uitkyk Antie’ wees. Jy hoef nie geld te hê of ’n NGO te stig nie.

Kyk net.

Luister net.

Ons is ’n groep vriendinne hier op die dorp wat gerieflikheidshalwe ’n WhatsApp-groep begin het. Ons deel mekaar se lief en leed, reël kuiers, vra raad, en pos so nou en dan ’n skelm grap. ’n Paar weke gelede stuur Leria ’n boodskap: ’n Vriendin se kind se maatjie se pa sit op moedverloor se vlakte. Hy’s ’n enkel pa wat swaarlik die pot aan die kook hou. Sy seun verjaar, en hy kan nie die rugbybal bekostig wat die kind so bitter graag wil hê nie.
Binne minute biep my selfoon 4 keer. Cornia gee die geld, Charmaine sal die bal gaan koop, Stiena sal seker maak Corne Krige teken die bal vanaand nog en Leria sal dit more gaan aflaai.

Uitkyk Anties.

Almal van hulle.

Wil jy nie ook vandag ’n Uitkyk Antie wees nie?

Dit gaan goed met my voorbereiding vir die Groot Stap. Ek was hierdie week vir die eerste keer in 3 jaar in die gym. Die Super Circuit is nie elke man se vriend nie! Sondag stap ek weer 4 ure teen Tafelberg op en Maandag (dankie tog) is rusdag.

Ek het nog nie al die toebehore vir die maandlange woestyntog nie, so ek veter tot tyd en wyl my hardlooptekkies vas en pak my man se Ysterman-rugsakkie vol boeke. André Brink en Breyten Breytenbach sal hulle wat verbeel dat ek hulle so teen die berg op abba!

Mooi week vir jou.

Mag jy opkyk en uitkyk!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: blogs

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

14 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.