kategorieë: Bekendes

David Louw: ysterman met ’n hart van goud

So David, ek het ’n voëltjie hoor fluit dat jy in Junie vanjaar die Ironman in Durban gaan aanpak! Nou is my groot vraag: Hoekom die Ironman? Dis dan mos vreeslik uitmergelend!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is verseker uitmergelend! En om te dink die Ironman in Junie is net die halwe een (1.9 km swem, 90 km fietsry en dan boonop ook 21.1 km se hardloop). Ek is gek oor enigiets wat my uithouvermoë toets, iets wat vir my wys hoe vêr ek myself fisies en geestelik kan druk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Waar kom jou belangstelling in sport vandaan?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek het in ’n ‘sport-huis’ grootgeword en was boonop ’n kranige sportman op skool. Ek het in elke sportsoort waaraan jy moontlik kan dink provinsiale klere verwerf. Dít het dissipline in my gekweek wat ek tot vandag toe, in elke aspek van my lewe en selfs in my loopbaan as akteur, toepas.

Wat is die “most extreme” ding wat jy al ooit in jou lewe aangepak het?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Beslis die volle Ironman –  3.8 km van swem in die see, gevolg deur 180 km se fietsry en daarna 42.2 km se hardloop. Dit moet boonop alles in ’n sekere tyd voltooi word omdat elke item ’n afsnytyd het. Buiten die Ironman het ek ook al gaan bungee, valskermspring en in ’n hok tussen haaie en krokodille geduik.

Vertel ons van jou sportprestasies. Wat staan vir jou uit?

Een sportprestasie wat beslis vir my uitstaan is toe ek Cravenweek gespeel het. Dit is verseker ’n hoogtepunt in my lewe! ’n Ander prestasie wat vir my spesiaal is, was toe ek deel was van die Mpumalanga-tennisspan en ons die toernooi, teen al die ander provinsiale-spanne in Suid-Afrika, gewen het.

Wat geniet jy die meeste van sport?

Wat ek die meeste van sport geniet, is die feit dat jy oor die algemeen as ’n span moet saamwerk om een gemeenskaplike doelwit te bereik. Dit is ’n beginsel wat nie net in sport van toepassing is nie, maar ook in die besigheidswêreld daar buite. Natuurlik hou sport my ook fisies en geestelik gesond en daarom dink ek dat dit die beste stokperdjie is.

David was ook in die fliek Modder en Bloed te sien

Vertel ons ’n bietjie meer van jou produksies vir kinderteater.

Die kinderproduksies wat ek behartig sluit soveel verskillende aspekte in – by kleuterskole doen ons vertonings waar ons die kind op ’n magiese reis neem en hulle op daardie manier help om hul verbeeldings te ontwikkel. Ons voer gewoonlik by laerskole produksies op met temas waarby die spesifieke skool en die probleme wat hulle op daardie stadium onder die kinders beleef, aanklank vind.

Wat het jou geïnspireer om dit te doen?

Die uitvoerende kunste is so ’n magtige medium wat tot ieder en elk spreek – maak nie saak hoe jonk of oud jy is nie! Ek wou deur my produksiehuis ’n boodskap bring wat relevant is en ’n verskil kan maak onder jongmense. En natuurlik was dit ook ’n gulde geleentheid om werk te skep vir ander akteurs in die industrie.

Soos ek verstaan, sluit die temas onder andere boelies, selfrespek en gesondheid in. Hoe het jy op die spesifieke temas besluit?

Dit is alles basiese temas wat regdeur die jaar in omtrent alle skole behandel word. Dit is alombekende onderwerpe wat aangespreek moet word en hoe dan beter as deur ’n kreatiewe teaterstuk.

Wat geniet jy die meeste daarvan?

Ek geniet dit vreeslik om daardie gesiggies dop te hou wanneer hulle saam met jou op reis na ’n ander, verbeeldingryke wêreld, gaan. Dís nou wat ek noem … Magic!

Ek hoor jy gaan later vanjaar as mede-vervaardiger optree. Hoe voel jy oor die belangrike rolle wat jy skielik gaan aanneem?

Soos jy seker reeds opgemerk het, is ek iemand wat konstant op soek is na nuwe uitdagings en avonture. Om mede-vervaardiger te wees, van ’n projek so na aan my hart, is beslis ’n reuse voorreg.  Soos in al my vorige avonture gaan hierdie een ook ’n “rollercoaster”-rit wees, maar daar is wel een groot verskil: op hierdie rit gaan daar passasiers wees waarna ek moet omsien en mense wat op my staatmaak!

*Dié plaaslike film gaan na verwagting ’n komedie-drama wees wat van die land se gewildste akteurs insluit, maar vir eers kan ons nie te veel daaroor verklap nie. Ons sien vreeslik uit!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.