kategorieë: Wenke

Lyk suksesvol in ’n onderhoud

Ons raad:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Klere

• Dra klere waarin jy gemaklik voel – iets wat jy al vantevore aangehad het, geskik is vir werk en by jou liggaamsbou pas.
• Vermy moulose rokke of hemde, baie kort rompies, toppies met lae halslyne en ligte materiaal waarop sweet vinnig sigbaar raak.
• Neem in ag dat jy sal sit wanneer die onderhoud gevoer word – jy moet gemaklik kan sit en weer opstaan sonder dat dit nodig is om jou klere reg te trek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Grimering

• Moenie ’n nuwe grimeervoorkoms op die dag van jou onderhoud probeer nie.
• Hou jou grimering natuurlik.
• Maak seker dat jou onderlaag jou gelaatskleur vlei en mooi ingeskakeer is, veral om die kakebeen.
• Kies neutrale kleure vir jou oë – jou oë moet mooi gedefinieerd en wakker lyk.
• Dra maskara en lipstiffie en blosser in ’n natuurlike kleur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hare

• Jou hare moet netjies en goed versorg lyk maar nie deftig nie. Jy is nie op pad na ’n troue toe nie.
• Lang hare moet blinkskoon wees en verkieslik uit jou gesig gehou word.
• Droë, kroes of beskadigde hare is beslis nie geskik vir ’n onderhoud nie.
• As jou hare beskadig is, laat dit minstens ’n week voor die tyd sny en behandel.
• Laat dit sommer ook kleur, want uitgegroeide hare lyk net so onprofessioneel.
• Dit sal jou selfvertroue goed doen om jou hare op die dag van die onderhoud by ’n salon te laat droogblaas.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

3 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.