kategorieë: DekorLeefstyl

Die 5 belangrikste beleggings vir jou huis

Die 5 belangrikste beleggings vir jou huis deur Cornel Dunn en Elandrè Swart. Hooffoto: pexels.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Buiten die feit dat die ekonomie veroorsaak dat ons ons beursies al hoe stywer moet toeknyp, is ons deesdae al hoe meer bewus van volhoubaarheid. Dit beteken ons belê in produkte van ’n hoër gehalte en dat ons op die langer duur fokus wanneer dit by huisware kom sodat ons nie elke paar jaar die noodsaaklikes hoef te vervang nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is die vyf goed waarin elke huishouding moet belê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 ’n Goeie matras

Jy bring ongeveer ’n derde van jou lewe in jou bed deur en dus is dit uiters belangrik om ’n goeie matras te besit! Dit verseker ’n goeie nagrus en ondersteun jou liggaam mooi om lang termyn pyn te vermy.

Lees ook: Die beste wenke om jou bed skoon te hou

1 Kies die basis slim

As jy van ’n matras met veerkrag hou, kies een met ’n  binneveerstelsel. Indien jy van ’n fermer basis hou, is memory foam die perfekte keuse.

#rrWenk: Om die gehalte te bepaal, kyk na die digtheid en dikheid van die spons. Dit sal bepaal hoe diep jy in die matras sal insak.

2 Oorweeg die bokant van jou matras

As jy ’n luukse bokant verkies, onthou dat binneveermatrasse gewoonlik ’n sponsbuitelaag het wat met dik materiaal bedek is. Ongelukkig is die bolaag nie bestand teen tyd nie, en dis beter om ’n ferm matras te koop en met ’n matrasoortreksel oor te trek.

3 Dink aan hoe jy slaap

Daar is deesdae matrasse vir elke slaapposisie beskikbaar, praat gerus met die verkoopsman oor jou voorkeur en moenie bang wees om die matras in die winkel te toets nie.

Lees ook: Kies jou matras slim om lekker te slaap

2 Jou bank

’n Goeie bank is duur. Kies slim en belê in ’n meubelstuk wat jare lank kan hou.

Lees ook: Die beste wenke vir ’n klein spasie

1 Kies ’n sterk raam

Vermy dennehout, hoewel dit meer bekostigbaar is. Dit het bloot net nie ’n lang leeftyd nie.

2 Kyk na die skrynwerk

Die manier waarop die raam aanmekaargesit is, is van groot belang.

#rrWenk: Vermy ’n bank wat met spykers, krammetjies of gom aanmekaargesit is.

Lees ook: Die beste raad vir kinderkamers

3 Pasop vir vering van ’n lae gehalte

Vermy goedkoop, liggewig serpentynvering wat teen die raam van die bank kan druk of platval.

4 Belê in goeie vulsel

Spons is ’n algemene en duursame vulsel. Kies spons wat in poliëstervulsel toegedraai is vir gemak. Vir luuksheid, kies spons wat met dons of vere bedek is.

Lees ook: Nare bedmaats: Raak só ontslae van stofmyte

3 ’n Eetkamertafel

Ons kuier baie om ons eetkamertafels en dit is dus goed om een van goeie gehalte te besit – dalk word dit nog ’n erfstuk!

Lees ook: Dekorterme wat almal moet ken

1 Kies jou tafel volgens jou leefstyl

Indien jou eetkamertafel naby jou kombuis is, sal jy heel moontlik dikwels kos daarop voorberei of huiswerk daar doen. Kies dus ’n duursame oppervlak soos akkerhout.

Keuses vir ’n eetkamertafel wat in ’n formele eetkamer gaan staan, is wyd. Hier kan jy ’n meer ornamentele tafel kies.

#rrWenk: Indien jy baie onthaal, kies ’n tafel wat langer gemaak kan word.

Lees ook: Breekware vir beginners

2 Hoe om die grootte van die tafel te kies

Die grootte van die tafel moet by die grootte van die vertrek pas.

#rrWenk: Die tafel moet minstens 92 cm breed wees  sodat daar genoeg plek vir die opdienbakke is.

5 Messegoed

As jy reg kies, sal hierdie ’n eenmalige kopie wees. Kies reg.

Lees ook: Hoe om natuurlike olies in jou huis te gebruik

1 As jy een ding soek in messegoed, soek hiervoor

Messegoed wissel van bekostigbare gebruiksitems tot luukse handgemaakte silwerware wat geslagte lank sal hou. ’n Goeie messegoedstel moet effe swaar in jou palm lê en glad afgewerk wees.

Lees ook: Die beste manier om silwerskoon wynglase te kry

2 Kies duursame materiale

Die mees algemene keuse is vlekvrye staal, tafelsilwer en sterlingsilwer. Daar is twee grade van vlekvrye staal: 18/0 en die beter keuse, 18/10.

#rrWenke:

  • Kyk dat die deel tussen die vurk se tande nie grof is nie.
  • Kyk vir ’n gladde weerkaatsing in die lepel. Dit beteken dat die gehalte van die politoer goed is en dat die stuk langer sal hou.
  • Voel die gewig van die mes en die vurk, dit moet nie te lig wees nie.
  • Maak seker dat die stel volledig is. Dikwels word soplepels nie ingesluit nie

5 ’n Mat

Of jy nou ’n gesin het met honde en kinders en hul maatjies, en of daar slegs een persoon jou huis bewoon, kry matte daagliks swaar verkeer. Belê eerder eenmaal in ’n goeie, duursame mat wat saam met jou styl kan verander.

1 Nie alle vesels is dieselfde nie

Of dit nou wol of sinteties is, hoe digter die vesels geweef is, hoe meer weerstandig sal dit wees.

Die lengte van vesels is ook belangrik. Toets die gehalte deur jou vingers deur die vesels te trek, indien daar vesels loskom, is die vesels te kort en sal jou mat gou sy digtheid verloor.

Lees ook: 4 maniere om nou blommotiewe in jou huis te gebruik

2 Wol is ’n ideale keuse

Wol bly jare lank mooi en dit wys nie merke op die pool waar baie geloop word nie.

3 Sintetiese vesels is deesdae beter as ooit

Daar is baie vooruitgang in sintetiese matte gemaak. Die matte is dikwels vlekbestand en kleurvas en kan dus maklik skoongemaak word as besoekers of troeteldiere die matte vuil trap.

Lees ook: Bly koel dié somer

4 Oorweeg kleur oor die lang termyn

Ivoor en room is die beste verkopers en beter geskik vir die slaapkamer.

Donker kleure is nie noodwendig beter nie. Stof en troeteldierhare wys makliker op ’n donker mat.

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.