kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Pantser jouself teen onnodige aanlyn-inkopies

Deur Anet Schoeman. Foto: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy het so pas jou salaris gekry. Jy voel jy verdien ’n beloning na ’n maand se harde werk. Jy’s verveeld. Voel effens af …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Enigeen van hierdie mag na uitstekende redes klink om onnodige items aanlyn te koop. Paasnaweek is voor die deur en as enige van hierdie verskonings jou kop in skaamte laat hang, is dit tyd om jou lendene te omgord voor jy onnodig jou kredietkaart straf met uitgawes wat jy nie kan beskostig nie.

Daar was ’n tyd toe jy jou sweetpak en pantoffels moes uittrek, winkel toe ry en met regte geld items gaan koop. Nou sit ons volgens marknavorsing met ’n glas wyn/beker koffie in die een hand op die bank en koop met die ander hand om beter te voel. Elke aankopie is nou net ’n klik weg voor dit netjies by jou voordeur of kantoor afgelewer word. En as jy genoeg koop, is die aflewering boonop gratis!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Wees veilig aanlyn

Asof dit nie moeilik genoeg is om die ewig gewillige (hoewel vuisvoos) kredietkaart in jou beursie te hou nie, is daar talle volwassenes wat weens aandagafleibaarheid en hiperaktiwiteit (ADHD) nog meer sukkel om impulsiewe inkopies hok te slaan. ADHD (in Afrikaans AGHS) is ’n neuro-ontwikkeling-stoornis wat gewoonlik gesien word in hiperaktiwiteit, impulsiwiteit en gebrek aan aandag. Die meeste mense is bekend met die kondisie in kinders waar ’n kind nie vir ’n oomblik kan stilsit of konsentreer nie, maar minder mense weet hoe dieselfde stoornis volwassenes raak. Een van die maniere hoe impulsiewe gedrag uiting kry, is met aanlyn-inkopies.

Lees ook: ADHD – is dit dalk jy?

’n Verdere slaggat is dat volwassenes met ongediagnoseerde ADHD ook met angstigheid en ’n lae selfbeeld kan worstel. Die gevoel van behaaglikheid wat inkopies kan bring mag mense aanvanklik help om angstigheid en lae selfbeeld beter te hanteer en is verdere olie op die koopvuurtjie.

Lees ook: ADHD verswak bestuursvernuf

Wat kan jy doen?

• “Unsubscribe” van jou aanlynwinkels se nuusbriewe. Hierdie nuusbriewe is spesifiek so ontwerp om jou na te jaag as jy besluit om ’n kopie te kanselleer voor jy die betaalknoppie druk.

• Verander die “settings” op jou Google- en sosiale media-profiele (accounts) om die hoeveelheid advertensies wat jy kry te beperk. Weet nie hoe nie? Gaan na “settings” op jou profiel en bring veranderinge aan. As jy sukkel, probeer die “help”-bladsy of doen ’n internetsoektog.

• Besluit vooraf op ’n begroting vir ’n spesifieke geleentheid soos Kersfees en hou daarby. Verduidelik aan jou familie en vriende dat jy jou besteding dophou. Skryf jou begroting neer – dan is dit makliker om daarby te hou.

• Moenie dat aanlynwinkels jou kredietkaartdetails stoor nie. Dit maak dit veels te maklik om blitsig te koop.

• Beplan vooraf vir verjaarsdae en koop gepaste geskenke wanneer jy iets sien. So word jy nie opgesweep tydens spesiale geleenthede soos Paasfees en Kersfees om oordadig te koop nie.

• Erken aan jouself dat jy geneig is tot impulskopies en maak ’n reël dat jy ’n paar dae moet wag voor jy die kopie bevestig.

• GEE DIT TERUG. As jy berou het en besef dat die aankopie eerder deur emosies as noodsaaklikheid gedryf was, maak van die teruggee-opsie gebruik en stuur dit dadelik terug.

Lees ook: 16 Maniere om geld op jou klerekas te spaar

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.