kategorieë: WenkeMode

Sorg vir jou gunsteling someritems

Sorg vir jou gunsteling someritems deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier’s hoe jy jou somerklere oppas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sandale

Wanneer ons liggaamstemperatuur styg in die somer, is ons voete ook geneig om te sweet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Om jou skoene skoon te hou van stof en reuke, moet jy in die gewoonte kom om hulle met ‘n sagte klam lap of spons af te vee na jy dit gedra het – dit verwyder enige olie en stof wat op die skoen kan opbou en verhoed ook dat jou skoen vinnig verkleur.

Gebruik die  oorspronklike verpakkingmateriaal  waarin jy jou sandale gekoop het, soos daardie plastiekvorms en sneespapier en bêre jou skoene daarin weg. Dit help om die skoen te ondersteun en sy vorm te behou.

Lees ook: Hoe om jou wit tekkies te was

Somer drasak

’n Leer- of plastieksak hou nie net langer nie, maar is ook makliker om skoon te maak.

Vee jou drasak met ‘n klam lap of spons af om die olie, vuiligheid en sonskerm te verwyder.

Vul dit met koerante of ou t-hemde binne-in wanneer jy dit nie gebruik nie om die vorm te behou en vog te absorbeer.

Lees ook: 10 modewenke vir ’n sweetvrye somer

Wit denim

Wanneer jy jou denims was, dop dit eers om en maak seker jy gebruik ’n wasmiddel wat nie chloor-bestanddele bevat nie en eerder ’n suurstofgebaseerde verhelderaar.

Was dit altyd in koue water sodat die materiaal nie beskadig of krimp nie.

Moet nooit wit met ander kleure meng as jy dit was nie, selfs al is dit ligte kleure.

As jy iets op jou wit jeans gemors het, behandel die plek vooraf met ’n vlekverwyderaar, draai dit dan na binne en gooi dit in die wasmasjien.

Lees ook: Verleng só jou swart denim se leeftyd

Sonbrille

Maak jou lense gereeld skoon. Gebruik altyd ‘n oplossing wat spesiaal vir brilglase bedoel is en ‘n mikrovesel-lappie.

Onthou om nie op jou lense te blaas en sommer met jou hemp af te vee nie, dit kan jou lense klein skrapies gee.

Die meeste van ons is skuldig hieraan, maar om jou sonbril op jou kop (soos ’n kopband) te dra, veroorsaak dat die bril-armpies ooprek en/of breek. Jou bril kan so ook maklik val en krap.

Sit jou sonbril altyd in jou brilhouertjie terug wanneer jy dit nie dra nie, sodat jou sleutels en ander items in jou handsak ook nie die lense krap nie.

Lees ook: Verleng die lewe van jou swembroek

Sy-materiale

By sy-items is dit belangrik om te onthou dat jy nie net die vuil kol moet behandel nie, maar eerder die hele item was. Die materiaal is fyn en kan vlekke / permanente verkleuring veroorsaak as dit gedeeltelik gewas word.

Hoe om dit te was: Vul ’n skoon wasbak of kom met koue water en ’n klein hoeveelheid vloeibare skoonmaakmiddel.  Plaas die sy-item in die water en beweeg liggies vir drie tot vyf minute. Spoel dan goed uit. As die versorgingsetiket egter net droogskoonmaak aanbeveel, is dit die beste om daardie advies te volg.

Lees ook: 10 mode-dinge wat elke vrou voor 40 moet hê en weet.

Strooi bykomstighede

Ja, jy moet ook jou strooi-items skoon hou, byvoorbeeld hoede en sakke!

Vee dit af met ’n nat lap of spuit liggies met water.

Nadat jy dit skoongemaak het sit ’n skoon strandhanddoek in die sak en bondel ’n gesiggrootte handdoek in die hoed se bol. Dit sal help dat die vesel terugkeer na hul vorm wanneer dit droog word.

#rrWenk: Tydens die somer en die strandlewe, onthou om jou strandsakke gereeld goed uit te skud om van daardie skelm sandkorreltjies ontslae te raak.

Lees ook: Groot, groter, strooihoede!

Plakkies

Hierdie skoen is ’n gunsteling tydens die somer, miskien selfs meer as jou betroubare leersandale. Na ’n ruk kan daar egter baie vullis opbou – sommige ligte kleure wys ’n donker voetspoor op die sool.

Skuur die skoen saggies onder lopende warm water met ’n sagte-naelborsel en seep.

Moenie dit in direkte sonlig laat droograak nie.

Stoor dit in ’n donker plek of in skoensakke, aangesien die rubber maklik in die son kan verweer.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.