Die beste-este steak-toebroodjie

Die beste-este steak-toebroodjie deur Vickie de Beer, bygestaan deur Inemarie Rabie. Foto: Lee Schwagele, CRPhotographic.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • ½ rooi-ui, geskil en in ringe gesny
  • 5 ml (1 t) suiker
  • 10 ml (2 e) rooiwynasyn
  • 400 g beesfilet in dun steaks gesny (probeer minstens 8 steaks uitkry, 2 vir elke broodjie)
  • 8 lappies beleë chedder
  • 8 snye suurdeegbrood
  • 30 ml (2 e) crème fraîche
  • 30 ml (2 e) Dijon-mosterd
  • 45 ml (3 e) botter

Sous

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 45 ml (3 e) olyfolie
  • 15 ml (1 e) rooiwynasyn
  • 1 knoffelhuisie, geskil en fyngekap
  • 1 anjovisfilet
  • 5 ml (1 t) Dijon-mosterd
  • 5 ml (1 t) heuning
  • 60 ml (¼ k) crème fraîche
  • ’n hand vol (omtrent 20) basiliekruidblare
  • ’n klein handjie vol Italiaanse pietersielie
  • ’n hand vol roketblare, gewas

Metode

Begin met die sous

  1. Gooi al die bestanddele, behalwe die roketblare, in die bak van ’n voedselverwerker en verwerk tot glad (of gebruik ’n stokmenger).
  2. Meng die uie, suiker en asyn in ’n klein bakkie en hou eenkant tot benodig.

Broodjies

  1. Meng die crème fraiche en mosterd en hou eenkant. Verhit die botter oor matige hitte in ’n middelslagpan. Braai elke sny brood vinnig aan albei kante daarin tot goudkleurig. Haal uit en hou eenkant.
  2. Verhit ’n swaarboom-riffelpan oor hoë hitte. Geur die steaks met sout en smeer met olyfolie. Skroei die vleis om die beurt (1-2 min.) aan elke kant in die verhitte pan. Moenie die pan te vol pak nie, en laat die pan weer goed warm word voor die volgende steaks gebraai word. Laat rus.
  3. Sit al die steaks terug in die pan en sit ’n lappie kaas op elkeen, laat staan om te smelt.
  4. Pak die brood op ’n broodbord. Smeer een kant van 4 van die snye met die crème fraîche-en-mosterdmengsel.
  5. Sit 2 skywe steaks op elke broodjie gevolg deur ’n groot skep van die sous, ’n paar roketblare en die gepiekelde uie.
  6. Sit die ander snye brood bo-op elke broodjie en val weg!
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.