Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Die beste gebraaide broodjies denkbaar! deur Vickie de Beer. Foto: Neil Corder

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gebraaide broodjies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bestanddele

Maklike brooddeeg

  • 500 g (4 k) meel
  • 10 g (1 pakkie) kitsgis
  • 7,5 ml (1½ t) sout
  • 325 ml (1½ k) louwarm water

Vulsels

  • 250 ml (1 k) gekoopte, klaarbereide tamatiepastasous, kook dit ’n bietjie af as dit te loperig is
  • 250 ml (1 k) kersietamaties, gehalveer
  • 500 ml (2 k) gerasperde mozzarella
  • ’n hand vol basiliekruidblare

Nog kombinasies

  • 250 ml (1 k) gekrummelde bloukaas en ’n hand vol roketblare of
  • ’n hand vol olywe en ’n hand vol sondroëtamaties

Metode

Maklike brooddeeg

  1. Meng die meel, gis en sout in ’n groot mengbak.
  2. Giet die water in ’n ander groot mengbak, en voeg die helfte van die meel by die vloeistof. Die deeg moet slap wees. Voeg die res van die meel lepel vir lepel by tot dit ’n
    hanteerbare deeg vorm. Knie die deeg vir sowat 10 min. op ’n meelbestrooide werkvlak tot glad en elasties.
  3. Sit die deeg in ’n skoon bak wat liggies met olie gesmeer is. Smeer die deeg ook liggies met olie sodat die bokant nie uitdroog nie. Bedek met ’n doek of kleefplastiek en laat tot
    dubbel die grootte rys.
  4. Berei intussen die vulsels. Jy kan net gewone tamatie-en-mozzarella-broodjies maak, of ’n paar van ons variasies probeer.

Vulsels

  1. Verdeel die deeg in 6 bolletjies en rol elke bolletjie sowat 1 cm dik en ovaalvormig uit. Moenie dat die uitgerolde deeg op mekaar lê nie, dit sal vassit. Ek het elkeen maar net op ’n afsonderlike bordjie gesit.
  2. Smeer elke ovaal met die tamatiesous en pak die tamaties, kaas en basiliekruid op die een helfte uit. Vou dit toe en laat vir ’n paar min. rys.
  3. Rooster die broodjies op ’n koel vuur, keer elke broodjie direk op die rooster om en rooster aan die een kant tot gaar voor jy dit omdraai en verder rooster. Dit neem sowat 8
    min. per broodjie. Sit lekker warm met braaivleis voor.

Loer hier vir nog lekker braairesepte:

Die lekkerste bykosse wat jy nou moet maak

Borsstuk oor die kole

Geurige lamstjops oor die kole

Die lekkerste braai-poedings

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

21 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.