Suid-Afrika se eerste Michelin-ster sjef, Jan Hendrik van der Westhuizen is die bekende fotograaf en skrywer van The French Affair en My Franse Kosverhaal, van dié mooiste kookboeke wat ek al teëgekom het. Hy is ook die eienaar en sjef van die bekroonde restaurant JAN, in Nice, Frankryk, lees ons onderhoud met Jan-Hendrik hier), waar hy gaste met egte Franse flair en ’n tikkie Suid-Afrikaanse nostalgie bekoor. Sy restaurante sluit ook twee kulinêre afsetpunte in, die JAN Innovation Studio in Kaapstad en Klein JAN by Tswalu.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Genoeg vir 30
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }• 700 g (3 k) gaar fyn gedrukte pampoen
• 275 g (2 k) bruismeel
• 2 eiers
• 5 ml (1 t) sout
• 15 ml (1 e) bakpoeier
• olie vir braai
Karamelsous
15 ml (1 e) botter
375 ml (1½ k) suiker
200 ml melk
Pampoenkoekies
1 Meng al die bestanddele. Die mengsel moenie te styf wees nie – voeg nog ’n bietjie melk by indien dit te styf is.
2 Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en skep ’n eetlepel vol van die mengsel daarin. Braai vir 1 tot 2 min. aan elke kant, of tot goudkleurig.
Karamelsous
3 Smelt die botter en suiker in ’n middelslagkastrol oor lae hitte tot dit begin karamelliseer. Voeg die melk by, terwyl jy roer.
4 Kook tot alles gesmelt is. 5 Sit die pampoenkoekies met die karamelsous voor.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.