kategorieë: GrimeringSkoonheid

Die beste vakansiegrimering-idees: Van braai tot glansryke partytjie

Die beste vakansiegrimering-idees: Van braai tot glansryke partytjie deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Chanel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die beste vakansiegrimering-idees: Van braai tot glansryke partytjie

Ons het die beste vakansiegrimering-idees vir jou grimering die vakansie; van ’n braai tot Kersfees of ’n Nuwejaarspartytjie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Glansryk en afgerond met rooi lippe vir wanneer jy wil uithang

Die glansryke voorkoms van Chanel se beperkte uitgawe Holiday 2019-voorkoms is ideaal vir ’n deftige Kersete of Nuwejaarspartytjie.

Glansryk en afgerond

Gabrielle Chanel se liefde vir ornamente was die inspriasie agter die glansryke voorkoms,” sê Lucia Pica, Chanel se kreatiewe direkteur van kleur en grimering. Net soos Mademoiselle Chanel bekend was vir haar ‘minder is meer’ motto was sy ook tog gefassineer deur estetiese oordadigheid. “Die vrou wat ek myself verbeel wat van die voorkoms hou is heeltemal Chanel,” sê Lucia. “Sy soek tydlose eenvoud, maar sy hou ook van rykheid en glans, moderniteit en grandeur.”

Die goue grimeer-reël is gewoonlik ‘óf lippe, óf oë’. Wat die voorkoms egter modern maak en keer dat dit outyds en oordadig lyk is die glansende vel. ’n Wenk van Chanel se Lucia Pica (kreatiewe direkteur van kleur en grimering) is om beklemtoningspoeier (Chanel Exclusive Creation Ombre Premiére R655) voor of na grimering rondom jou oog-area te gebruik vir ’n glansende voorkoms.

Die mooi lipkleur is Chanel Exclusive Creation Rouge Allure Rouge Spectaculaire A True Red (R835), op haar oë is Exclusive Creation Les 4 Ombre Lumiére Et Opulence A Dark Gunmetal Khaki, Soft Peach, A Bronzy Khaki, A Chocolate Brown (R980), ) en Stylo Yeux Waterproof in Khaki Intense A Druk Gunmetal Khaki (R465) gebruik.

Lees ook: Die beste wenke om hierdie somer gesonde hare te kry

Die beste vakansiegrimering-idees: Van braai tot glansryke partytjie

Brons met groot wimpers vir braai of informele kuiers

Brons met goud. Foto: MAC Cosmetics

Brons skakerings werk mooi saam met groot wimpers en dit lyk sexy, dog natuurlik en asof jy nie te hard probeer nie.

“Verbronser is die maklikste manier om jou ’n goeie skeut sonkrag te gee. Gebruik dit sommer oral van jou oë tot jou wange en selfs op jou lippe saam met ’n lipbalsem vir ’n monochromatiese voorkoms,” sê Marco Louis Acker, senior grimeerkunstenaar vir MAC Cosmetics Africa. Jy kan selfs ‘n paar enkel-wimpers opplak (soos wat waarskynlik met die model gedoen is).

Lees ook: Die mooiste lipstiffies wat jy hierdie somer moet dra

Kuieraande uit met aandagtrekkende oogomlyner

Anderste oogomlyner. Foto: Wet ’n Wild Die beste vakansiegrimering-idees: Van braai tot glansryke partytjie

Hierdie voorkoms van model Grace Cheng wat Wet’nWild geskep het, is die ideale manier om met oogomlyner te eksperimenteer as jy jou gewone kat-oogvoorkoms in iets meer modern wil verander. Trek oogomlyner tot by die buitehoeke van jou oog. Trek nog ’n fyn strepie in die buitenste deel van die oogvou en trek dit na die eerste streep.

Lees ook: Selfverbruining – sonder die geel strepe

Wet n Wild H2O proof Liquid Eyeliner (R69,95)

Lees ook: Wees sonskerm-slim hierdie somer

Deel
Gepubliseer deur
Suzanne Kotzé

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.