kategorieë: Ontspanning

‘Die Byl’: kykNET se nuwe trefferprogram

Dié 13-episode misdraadreeks speel in die Wes-Kaap af en handel oor ’n fiktiewe elite eenheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se afdeling vir geweldsmisdaad. Hierdie eenheid spesialiseer in die ondersoek van reeksmoorde en word aangevoer deur Kolonel Piet ‘Byl’ van der Bijl, ʼn oud-moord-en-roof-speurder wat roem verwerf het vir sy hantering van verskeie hoeprofiëlsake. Hy word bygestaan deur  ʼn gedugte span spesialiste wat elkeen ʼn onmisbare bydrae lewer om dit die vlagskip-eenheid van die polisiediens te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Behalwe vir die interessante en ingewikkelde sake wat na hulle verwys word, handel die reeks ook oor die interpersoonlike verhoudings van die groep toegewyde individue. Hulle wel en weë word uiteraard deur elke grusame reeksmoord geraak. Emosies soos liefde, afguns, romanse, agterdog, kameraderie en jaloesie kom dramaties na vore te midde van die spanningsvolle werk wat die eenheid elke dag moet doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die rolverdeling bestaan uit Tertius Meintjes as Generaal Neels van As wat aan die hoof van die plaaslike Geweldsmisdaad-Eenheid staan. Waldemar Schultz vertolk die rol van Kolonel Piet van der Bijl (aka Die Byl). Milan Murray is advokaat Nicholene ‘Nicky’ Malan, staatsaanklaer en generaal van As se eksvrou. Lika Berning speel die rol van kaptein Lena Maree wat as ʼn forensiese sielkundige (profileerder) deel van Byl se span vorm – ʼn aanvallige vrou met ʼn vlymskerp intellek en sielkundige insig. Eric Nobbs is dokter Fritz Barnard, wêreldbekende forensiese patoloog, en Marvin Lee Beukes is sersant Juan Stuurman, die eenheid se rekenaarspesialis en Byl se regterhand.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Elke 90-minute-episode het ’n ander tema en in die loop hiervan word die saak ondersoek, nagevors en opgelos.

*Die storielyn en karakters in Die Byl is heeltemal fiktief. Elke moord, verdagte en slagoffer in die reeks is van nuuts af geskep en is nie op baasspeurder Piet Byleveld se lewe of moordsake gebasseer nie (slegs die hoofkarakter, Kolonel Piet van der Bijl, is losweg op hom geskoei). Hy het wel die produksiespan, teksskrywers en van die akteurs as tegniese adviseur bygestaan om dié fiktiewe eenheid meer geloofwaardig te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Byl begin Dinsdag, 12 Julie 2016 om 20:00 op kykNET (Kanaal 144).

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

15 hours Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

18 hours Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

19 hours Gelede

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

1 day Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

2 days Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.