kategorieë: KalenderOntspanning

Die Cape Town Cycle Tour vir die jongspan

Die Cape Town Cycle Tour vir die jongspan. Hooffoto: shapecharge/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Inskrywings is nou oop vir die Junior Cape Town Cycle Tour

Daar is goeie nuus vir al die opgewonde klein mensies wat fietsry.

Die jaarlikse Cape Town Cycle Tour Junior belowe om sommer groot pret te wees as dit hierdie jaar op 3 Maart 2019 plaasvind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daar is drie verkillende roetes binne die omgewing van die Kaapse Stadion, wat alle jong fietsryers die geleentheid bied om binne ’n veilige en beheerde omgewing ’n voorsmakie te kry van die grootste fietsren ter wêreld waar jou tyd geneem word.

Die 1,3km is vir alle ryers onder ses jaar. Vir kinders tussen ses en 12 is daar twee langer roetes van vier of sewe km wat vir die meer ervare roers ’n lekker uitdaging sal wees.

Ouers moet die ryers in die eerste groep te voet vergesel en die ryers in die groep bo ses jaar kan deur ouers op ’n fiets bygestaan word. Onthou die reël: geen valhelm, geen rit. Dit geld vir ouers én ryers op die twee langer roetes.

En die pret gebeur nie net op ’n fiets nie. Die Lifecycle Week, waarvan die Cape Town Cycle Tour Junior ’n deel uitmaak, bied soveel meer. Dit beloof om ’n dag vol verrassings en opwinding te wees met verskeie pryse en aktiwiteite.

Aanlyninskrywings is vanaf 16 Januarie 2019 beskikbaar.

Inskrywings kos R150 vir die eerste wedren en die ander afstande is R200.

Nommers kan by Canal Walk Winkelsentrum op 28 Februarie, 1 Maart en 2 Maart in die Centre Court gekry word.

Vir meer inligting en nuus “like” die Cape Town Cycle Tour Facebook-blad of volg hulle op twitter by @CTCycleTour of op Instagram @ctcycletour of besoek hul webwerf.

Loer ook op ons fiksheidblad vir wonderlike fietsryraad.

https://daddysdeals.co.za/things-to-do-in-cape-town/

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.