kategorieë: ReisOntspanning

Die dame en die Harley-Davidson

Die dame en die Harley-Davidson deur Mariette Snyman. Foto’s verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoe sou jy daarvan hou om ’n Harley Davidson te kry waarmee jy in die Amerikaanse somervakansie oorsee kan rondrits, op voorwaarde dat jy jou avontuur op sosiale media dokumenteer? Charlie Grimbly (21) het dié ervaring op haar kerfstok.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer oor jouself

Ek is van kleins af ’n jack of all trades, gek na sing, toneelspeel, wiskunde of fisika – sommer als. Hoe besiger ek op skool was, hoe beter het ek presteer. Ek is mal oor gesels. En ek kan nie stilsit nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ná skool het ek nie geweet wat ek wou doen nie. Ek het my eerste YouTube-kanaal in 2013 begin, nadat ’n groep vriende gesê het ek is snaaks en hulle sal na enige inhoud kyk wat ek vervaardig. Al was die kamera- en klankkwaliteit iets vreesliks, het een video meer as 26 000 views gekry.

Ek het besef ek wou ’n content creator of influencer word, iets wat my ouers en ander mense wat sonder sosiale media grootgeword het, moeilik begryp. Ek en my ouers het ’n ooreenkoms bereik: As ek my voorgraadse studie sou voltooi, sou hulle my een jaar gee om te sien of ek dit as influencer kan maak.

En kyk net! Vyf maande nadat ek graad gevang het, is ek betaal om Europa op ’n Harley-Davidson plat te ry.

Waar het jy die selfvertroue gekry om vir die internskap aansoek te doen?

As jy dit in sosiale media wil maak, moet jy ruggraat hê. Mense judge jou, dié wat jou ken en ook dié wat jou nie ken nie. Gelukkig gee ek eerlikwaar nie om nie.

My broer het op die Harley-Davidson #FindYourFreedom-internskap afgekom en gesê ek moes aansoek doen. Dis gemik op jongmense wat ’n loopbaan in sosiale media wil uitkerf.

Ek het ’n goeie gevoel daaroor gehad. Ek het my vriend en my hele gesin by die videoskietery vir die aansoek betrek.

My selfvertroue spruit uit my groot begeerte om sosiale media my voltydse werk te maak, en my ongelooflike steunstelsel: my familie en vriende.

Waar het jy motorfiets leer ry?

Ek het grootgeword agter op my pa se BMW 1 200cc, maar toe ek my motorfietslisensie wou kry, het hy nee gesê. Ek het toe self vir lesse betaal en die toets op ’n 250cc Yamaha geslaag. So ’n fiets val natuurlik glad nie in die Harley-Davidson-klas nie. Toe ek die internskap gekry het, het ek nog nie eens ’n scooter op die grootpad bestuur nie.

Ek het my motorfietsafrigter, Brent, laat weet ek verlaat die land binne twee weke en ek het nie die minste idee of ek ’n Harley-Davidson sal kan bestuur nie. Hy het gesê ek sou fine wees, en my tweede les was op ’n 800cc Harley-Davidson Low Rider.

Toe ek in Rotterdam, Nederland, aanland, het ek ’n dag se opleiding op die 2018 Harley-Davidson Iron 1 200 gekry. Dit was nog nie eens in SA beskikbaar nie en ek het glad nie geweet wat om van dié kragfiets te verwag nie.

Binne die volgende paar maande het ek gevorder van ’n onervare bestuurder na ’n pro sportster lady met al haar bagasie agter op die motorfiets – in die besige strate van Amsterdam, op Brugge se keisteenstraatjies, of in die Eurotonnel onderweg na Londen.

Wie het jou reisplan saamgestel?

Elke intern kon hul eie reisplan saamstel. Ek moes net in Praag wees vir Harley-Davidson se 115e viering.

Ek was in Rotterdam gebaseer van 25 Junie tot 26 Augustus. In daardie tyd het ek 5 000 km afgelê. Ek is na Amsterdam, Delft, Den Haag en Yerseke. My langer reise het my na Antwerp, Gent en Brugge in België, en Calais in Frankryk geneem. Ek is ook met die Eurotonnel via Dover na Londen.

Het jy daggeld gekry?

Ek het ’n salaris ontvang wat ’n maandelikste petrol- en kostoelaag ingesluit het.

Het jy genoeg tyd gehad om jou vlogs en Instragram-inskrywings te behartig?

Ek is van kleins af passievol oor die maak en redigering van video’s. My jarelange ervaring het beslis gehelp, maar ek het gou besef dis nie so eenvoudig om heeldag op ’n motorfiets te ry, genoeg visuele materiaal vir ’n goeie storie vas te lê, en dan nog tot tweeuur in die oggend te sit en edit sodat ek die video die volgende oggend op YouTube kon laai nie. Ek moes spesiale dae vir die skiet van visuele materiaal opsy sit, en tyd maak vir redigering.

Watter grootse belewenisse het jy gehad?

Ek kan die besondersheid van Brugge nie in woorde vasvang nie. Sjokoladewinkels, keisteenstraatjies, swane, kanale en beeldskone geboue. Kyk gerus na my vlog daaroor om self iets daarvan te ervaar.

Ek het net een dag gehad om die beroemde white cliffs of Dover te sien. My Tom Tom/GPS kon my net deels daar kry, ek moes raai waarheen om te ry. Ek het afgedraai na waar die kranse skynbaar was, maar ’n ent voor my het die mis ’n digte muur gevorm. Skielik was ek op ’n kronkelpaadjie wat na ’n platform gelei het. Al wat ek kon sien, was die mis. Ek was erg teleurgesteld.

Ek het eenkant gaan sit om my appel te eet, en 20 minute later het die mis begin verdwyn. Voor my was een van die ongelooflikste uitsigte ooit. Ek het natuurlik alles afgeneem om te kon deel met mense wat nog nie só ’n kans gehad het nie.

En jou grootste uitdagings?

Ons het my internskap met oorgawe gevier, maar … dit was al meer as ’n jaar sedert ek met ’n motorfiets van slegs 250cc gery het, en ook net op ’n parkeerterrein. Nooit op die pad nie.

Gelukkig was die Nederlanders so gaaf om ’n dag se opleiding vir my te reël. Die Harley-Davidson Iron 1 200 was anders as enigiets waarop ek nog gesit het. Binne die eerste vyf minute het ek die fiets laat val, van pure senuwees! Selfvertroue was my grootste uitdaging. Ek moes gló ek kon dit doen. En ek het die fiets nooit weer laat val nie.

Enige moeilike dae?

Daar was een oomblik toe ek gedink het iemand gaan in my vasry. ’n Bestuurder het sy motor in my laan ingeswaai sonder om enige aanduiding te gee. As ek op daardie oomblik my oë geknip het, was ek nie vandag hier nie. My hart was op loop.

Ek het geleer as jy kies om motorfiets te ry, moet jou kop reg wees en jy moet reg aangetrek wees. Drink genoeg water en neem pouses as jy ver ry. Ek het ook seker gemaak ek bly uit ander bestuurders se blinde kol, en ek het besef hoe goed dit is as jou motorfiets ’n lawaai maak. Nie net oor dit badass klink nie, maar vir veiligheid.

En vrese?

Ek het net gestres wanneer die petrolliggie aangaan en ek nie geweet het hoe ver die volgende vulstasie was nie. Daar was niemand om te bel om my te kom red nie. Ek was op my eie, ek moes dit maak werk.

Gelukkig het ek nooit sonder petrol gestrand geraak nie, maar verskeie kere was dit so hittete.

Wat het jy omtrent jouself geleer?

Dat ek tot baie meer in staat is as wat ek gedink het. Om sosiale media te bou is soos om ’n besigheid van die grond af te kry: jy moet baie tyd en moeite insit voor jy resultate sien. Hierdie internskap het my aangevuur om met my droom vol te hou.

Ek het nooit gedink ek sou alleen op ’n motorfiets in Europa toer nie. Wys jou net – enigiets is moontlik!

En vorentoe?

Die internskap het aan my ouers bewys dat my werk lewensvatbaar is – dit neem net tyd om te groei. Ek kry binnekort my eie Harley-Davidson Softail Slim. Einde Oktober toer ek in Marokko. Ek sal steeds alles op sosiale media deel.

Ek het geen idee waarheen die lewe my gaan lei nie, maar ek is opgewonde om te sien watter avonture my te beurt val!

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.