kategorieë: HareSkoonheid

Die een-lengte-bob: ons droom-post-Covid 19-haarstyl

Die een-lengte-bob: ons droom-post-Covid 19-haarstyl deur Suzanne Kotzé. Foto dnberty/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hierna sien ons uit

Die een-lengte-bob bly een van die gewildste style vir 2020. Dit gaan die ideale post-Covid- styl wees, want jou uitgegroeide kuif en lae sal waarskynlik net die regte lengte wees.

“Die een-lengte-bob-styl is so gewild omdat dit die meeste gesigvorms vlei; en is veral vleiend vir die met ronde en vierkantige gesigvorms omdat dit die illusie van kontoering rondom jou gesig skep,” sê Natasja Pienaar, opleier/opvoeder van ghd Hair Suid-Afrika.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Beklemtoon jou wangbene en kakebeen met die regte lengte

“Dis belangrik om die perfekte lengte vir jou bob te kry sodat dit jou wangbene en kakebeen beklemtoon,” sê Kiara-Jade de Lange van Kevin Murphy.

“Ek dra al vir jare lank ‘n bob haarstyl en weet waar die lengte van jou bob eindig bepaal of die styl jou gesig vlei,” sê Suzanne Kotzé van Stylvol.

Krulkoppe kan ook die styl dra

Die een lengte bob; ons droom post-Corona styl

Die snit hierbo van Kevin Murphy is ideaal vir krulkoppe.  Dit het ’n basiese bob-basislyn en omdat die hare krullerig is, het die stilis die hare vryhand in ’n golfvorm geknip sonder om te veel lae te skep.

Lees ook: Die mooiste style vir krulhare wat jy nou moet dra

Die styl werk veral goed vir fyn hare

’n Stomp, reguit, eenlengte-bob-snit werk veral goed as jy fyn hare het, want dit kan jou hare voller en dikker laat lyk,” sê Natasja.

Cate Blanchett

Ons is gaande oor Cate Blanchett se bob, en haar paadjie werk ewe goed effens kant toe of meer na die middel, maar steeds kant toe.

Medium tot dik hare werk ook goed

Hierdie styl werk vir die meeste haartipes. As jy van nature baie dik, kroes hare het, is dit eger baie belangrik dat jy ’n baie goeie haarstilis het, anders kan die styl in ’n onvleiende driehoekvorm eindig,” sê Natasja.

Kaia Gerber

Ons is gaande oor Kaia Gerber se snit. Kaia het moeg geword vir haar lang hare (wat die meeste mense/kliënte verkies dat modelle moet hê) en vertel hoe sy haarstilis Guido gesmeek het om haar hare af te knip na ’n modevertoning in 2019

Superreguit en skerp

’n Model op die loopplank van Oscar de la Renta se Februarie modeweek vertoning in New York het die mooi bob-styl gehad.

Hierdie styl werk goed as jou hare van nature reguit is. Die een-lengte-bob-styl was selfs gewild tydens die New York modeweek-vertoning waar modelle tradisioneel met lang hare gesien word.  Odile Gilbert, TRESemmé se New York modeweekstilis het hierdie mooi reguit bob-styl geskep.

Rosamund Pike

Die lengte van aktrise Rosamund Pike se bob val op die presiese regte hoek; net onder die breedste deel van haar kakebeen.

Lucy Boynton

Dit sal net nie reg wees om oor bob-style te skryf en nie die The Politician aktrise Lucy Poynton in te sluit nie. Ons het beslis ‘n girlcrush op die aktrise se bob (en styl). Maak nie saak hoe sy haar bob dra nie, dit lyk altyd benydenswaardig.

Bob met ’n middelpaadjie

’n Middelpaadjie saam met hierdie styl het ’n 1970’s gevoel, maar lyk modern. Vermy dit as jy selfbewus voel oor ’n langer gesigvorm, want dit kan jou gesig langer laat lyk.

Die uitgroeikuif-oplossing

As jou kuif nog nie ingegroei het en dieselfde lengte is as die res van jou hare nie, is hierdie gordyntjiekuif van Lucy Boynton ’n goeie oplossing. En moenie skaam wees om die langer dele agtertoe vas te steek nie, kyk net hoe elegant lyk Lucy hiermee. Dit is natuurlik ook ‘n goeie oplossing vir uitgroei inperking kuiwe!

Kies ‘n kuif as jy ‘n langer gesigvorm het

Die styl, veral jy dit superreguit wil dra, kan jou gesig langer laat lyk. ’n Kuif is ’n goeie oplossing saam met ’n eenlengte-bob, want dit sny jou gesig en laat dit minder lank lyk.

’n Vol, swaar kuif sny ‘n lang gesigvorm, maar die tipe kuif is ook meer werk, want dit moet netjes lyk. Foto CoffeeAndMilk/istock images

’n Langer kuif met effende tekstuur is makliker om te versorg en is vleiend vir ‘n lang gesigvorm. Foto SanneBerg/istock images

Nog nie reg vir knip nie? Kies ’n reguit lob, net bo jou skouers

Hailey Baldwin Bieber

Hayley se lang reguit bob lyk elegant. Die sypaadjie werk veral goed saam met haar meer vierkantige gesigvorm.

Reese Witherspoon

’n Kantpaadjie werk goed by Reese Witherspoon se hartvormige gesig. Die spasie tussen haar skouers en hare is belangrik, want dit lig die styl en is veral goed as jy jonger wil lyk.

Lees ook: Haarkleur-hulp! Wat om te doen oor wortels wat nou uitgroei

Deel
Gepubliseer deur
Suzanne Kotzé

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.