kategorieë: Ons menseBekendes

Die eerste foto’s van Archie Harrison Mountbatten-Windsor!

Die eerste foto’s van Archie Harrison Mountbatten-Windsor! deur Catherine Schenck. Hooffoto: ROTA / Shutterstock  / Greatstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Prins Harry en Meghan, trotse ouers van ’n seuntjie, het gister die naam en eerste foto’s van hul eersteling gedeel. Sy naam: Archie Harrison Mountbatten-Windsor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dié naam breek met koninklike tradisie, en is iets wat Harry en Meghan uitdruklik wou doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Hulle het ook gekies om nie Archie volgens sy titel te laat bekendstaan nie (dit is die Graaf van Dumbarton) maar daar sal eerder verwys word na hom as jongeheer Archie.

Daar is wel genoem dat hy sy pa se van, Mountbatten-Windsor, sal hou. Hierdie van is die eerste keer gebruik deur koningin Elizabeth en Prins Philip, nadat Philip gevoel het dat sy kinders ook sy van moes dra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Harry en Meghan het reeds vir Archie Harrison aan sy oumagrootjie, koningin Elizabeth, oupagrootjie, Prins Philip, en ouma Doria Ragland, Meghan se ma, voorgestel.

Lees ook: Dis ’n seuntjie!

Sy grootouers aan sy pa se kant, Prins Charles en Camilla, is tans in Duitsland en het op twitter genoem dat hulle baie opgewonde is om dié nuwe kleinding te ontmoet wanneer hulle terugkeer.

Lees ook: Familiefoto’s van Prins Harry en Meghan se troue

Prins Harry se ouboet en self pa van drie, Prins William, en sy skoonsuster Kate, het ook tydens ’n persverklaring vir Meghan en Harry gelukgewens met hul eersteling. Hulle het genoem dat hulle baie opgewonde is om dié kleintjie te ontmoet.

Soos gewoonlik het William met sy goeie sin vir humor sy broer verwelkom as lid van die “Vereniging van die Slaap-Ontroofdes,” oftewel ouerskap.

Lees ook: Prinses Charlotte word vier jaar oud

Prins Harry en Meghan het ook tydens ’n persverskyning genoem dat Archie Harrison ’n oulike, rustige babatjie is, en dat hulle daarna uitsien om tyd met hom deur te bring en dat hulle nie kan wag om te sien hoe hy grootword nie.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.