kategorieë: ReisOntspanning

Die ene vrede: Moontide Guest Lodge, Wildernis

Teks deur Mariette Snyman. Foto’s Gerhard Büchner en verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wildernis, een van Suid-Afrika se vredigste kusdorpies, is ’n uitspanplek vanwaar jy ál die lieflikhede van die Tuinroete en Klein Karoo kan verken. Knysna lê 25 minute ver, Plettenbergbaai sowat 50 minute, en binne ’n uur kan jy Oudtshoorn of die manjifieke Swartbergpas bereik. Die dorpie word deur die Tuinroete Nasionale Parke omring en waar jy ookal gaan, verwonder jy jou aan mere, see-uitsigte of bosryke berghange.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Moontide Guest Lodge wag in ’n stil cul-de-sac aan die oewer van die Touw-rivier. As die wind reg waai, hoor jy die see – dis net twee minute se stap vanaf die strand. Op dié lappie aarde bedryf Maureen Mansfield ’n atmosfeerryke grasdaklodge met die klem op luukse verblyf, ’n lekker ontbyt en uitstekende diens.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Op sonskyndae eet jy hier ontbyt

Twee woorde bly my by wanneer ek aan Moontide Guest Lodge dink: “mooi” en “persoonlik”. Maureen is ’n selferkende versamelaar van mooigoed, en van die kleinste gebruiksartikel tot die grootste meubelstuk is iets besonders. Tog voel dit nooit na ’n museumuitstalling nie – die stemming is ontspanne en huislik.

“Persoonlik” dui op die natuurlike manier waarop gaste se wense en behoeftes in ag geneem word. Waar kry jy ’n lodge wat met graagte vir jou ’n tafel dek as jy ’n wegneemete saambring? Of ’n drukstuk in die kamer wat ’n realistiese beskrywing van die restaurante in die omgewing gee?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die aluminiumbootjie op die Touw-rivier

So het Maureen en Janet van Ginkel, die bestuurder, byvoorbeeld tydens ons eerste onbyt kom hoor of ons saam met twee ander Moontide-gaste op ’n voëlkykbootrit wou gaan. Die lodge se tuin strek tot by die waterkant, en ’n halfuur later gly ons in ’n aluminiumbootjie oor die spieëlgladde water van die Touw-rivier. Die skoonheid van die rietomsoomde moerasland in hierdie woudryke vallei kan nie in woorde vasgevang word nie. Dit vorm deel van die Wildernis-seksie van die Tuinroete Nasionale Parke, en die twee uurlange rit is net so ontspannend soos ’n daglange bederf by ’n spa. En ons het soveel by ons gids geleer! (Besoek Eco Wilderness River Safaris  by www.wildriversafaris.co.za – die fooi is baie redelik.)

Weerkaatsing tydens ons riviertog

Drama!

Moontide Guest Lodge se onteenseglike romantiek – die jawoord word hier gevra, huweliksvierings vind hier plaas en dis ’n gewilde wittebroodbestemming – het egter ook ’n donkerder kant. Die oorspronklike huis, gebou in die jare twintig, was een van die eerste huise in Wildernis. Luisterryke gaste het hier aangedoen, totdat ’n liefdesdriehoek tot ’n tragiese moord gelei het (nie op die gronde nie.) Daarna is die huis eenvoudig aan sy lot oorgelaat totdat Maureen dit in 1983 gekoop, herstel en uitgebrei het.

Stone Cottage se hoofslaapkamer

Vandag is daar agt slaapeenhede, sommige met meer as een kamer. Elk het ’n eie persoonlikheid; kyk gerus na die foto’s onder “The Rooms” by www.moontide.co.za Ons het in Stone Cottage gebly, ’n kliphuisie met honderd somers agter die rug. Dis smaakvol ingerig met antieke meubels en kunswerke met ’n Egiptiese tema. Elk van die twee slaapkamers het toegang tot die badkamer en ’n buitedeur. Die tuintjie is privaat, en jy kan onder ’n 400 jaar oue melkbosboom sit en koffie drink met die strelende geluid van die waterfonteintjie in die agtergrond. Daardie einste koppie koffie smaak heerlik met die vars melk uit die yskassie, en natuurlik die komplementêre tuisgebakte beskuit en gemmerkoekies!

Toekennings en spesiale aanbod

Moontide Guest Lodge se toewyding aan goeie diens en aandag aan detail gaan nie ongesiens verby nie. In 2017 is die lodge met die LTG Luxury Lodge of the Year-toekenning vereer: “The Luxury Travel Awards recognise and celebrate excellence across all sectors of the affluent travel and tourism industry. The winners are chosen for their unique interior design, innovation, rooms and facilities, location, employee satisfaction and most importantly their service excellence.”

Moontide is reeds verskeie kere as een van die top vyf gastehuise in die Wes-Kaap uitgesonder en met die AA Awards Superior-endossement bekroon. Sedert TripAdvisor die Tripadvisor Certificate of Excellence begin toeken het, het Moontide Guest Lodge dit nog elke jaar ontvang.

Moenie Moontide se spesiale winteraanbiedinge (van Mei tot September) misloop nie. Lees meer oor die Romance Special, Three Night Special, en New Experience Specials op www.moontide.co.za – klik op “Specials.

Onthou om enige spesiale behoeftes te noem wanneer jy bespreek, soos hoe oud jou kinders is, of ’n bejaarde jou vergesel, en of julle baie bagasie het. Die personeel sal die mees gepaste akkommodasie daarvolgens kies.

Strand onder die Views Hotel

Doendinge

  • As die uitsig op die rivier jou bekoor terwyl jy op ’n mooiweersdag sit en ontbyt eet, kan jy jou daarna op die lêstoele onder op die houtdek tuismaak, of met die hotel se kano’s of trapbootjie rivierlangs vaar.
  • Gaan snuffel in die karaktervolle winkeltjies op die dorp, drie minute se ry vanaf Moontide.
  • In die winter is van die oulike eetplekkies in Wildernis gesluit, maar gelukkig vir ons was Flava Café oop. Sommer gou was dit ons gunsteling.
  • Ry na Mr Kaai in die nabygeleë Sedgefield vir die heerlikste vis & skyfies.
  • Salina’s Restaurant is binne stapafstand van Moontide en kyk uit op die see.
  • Ry na Victoriabaai waarvan Lucas Maree gesing het: “Daar kan ek nog soms my siel oopknoop …”
  • Maak ’n draai by die uitkykpunt op die Kaaimansrivierpas.
  • Ry na die Views Hotel en stap af na die beeldskone strand.
  • Besoek die Map of Africa,’n unieke uitkykpunt buite Wildernis. Vra een van die gidse wat vrywillig daar diens doen uit oor die geskiedenis. Stap ook oor die pad na die valskermsweef-wegspringplek en drink die uitsig in.
  • Maak ’n draai by die Woodville Big Tree, ’n 800 jaar oue geelhout op die Hoekwilpad. Dis die begin en einde van ’n gemaklike sirkelstaproete van 45 minute deur digte inheemse woud.
  • Die Wildernis-seksie van die SANparks Garden Route National Parks (GRNP) strek van die Touw-riviermond tot by die Swartvlei en verder, waar dit aansluit by die Goukamma Natuurreservaat. Vyf mere is hierby ingesluit en daar is verskeie staproetes, watersportgeleenthede en ander aktiwiteite in die Wildernisgebied. Die mooiste, mooiste streek …
  • Loer in by Red Berry Farm naby George se lughawe.

Meer inligting by 044 877 0361, www.moontide.co.za of moontide@intekom.co.za

Uitsig vanaf die valmskermsweef-wegspringplek by die Map of Africa

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.