kategorieë: FiksheidGesondheid

Die geheim agter bergfietssukses

Die grootste geheim van sukses op jou bergfiets is om goeie balans te hê. Dit gee jou stabilitiet en maak elke hindernis makliker sodat jy jou bergfietservaring soveel meer kan geniet. Om goeie balans te handhaaf, moet jou posisie op die fiets reg wees. Ons onderskei basies tussen twee hoofposisies:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

a. Neutrale posisie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  1. Staan op
  2. Kry jou pedale op gelyke vlak
  3. Agterste been byna reguit en voorste been gebuig
  4. Sentreer jou boude se gewig oor die saal
  5. Hou jou ken oor die handvatsel, effens agter jou hande
  6. Arms is effens gebuig
  7. Kop regop en kyk vorentoe

Begin deur iemand te kry om jou fiets vir jou stewig vas te hou terwyl jy op die fiets sit. Staan op en kry jou pedale gelyk met jou agterste been aan die reguit kant en jou voorste been gebuig. Jou boude moet oor die saal wees en jou ken oor die handvatsels.

As jou pedale gelyk staan (level) beteken dit dat jou gewigsverspreiding gelyk is op beide wiele en so het jy veel meer stabilitiet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy het dus beter balans deur te staan as wanneer jy op jou saal sit. Omdat jy “los” op die fiets is, kan jy jou lyf en die fiets beweeg om jou balans te korrigeer wat jy nie kan doen as jy in die saal sit nie.

Wanneer gebruik jy dit?
Hierdie posisie is ideaal vir gewone plat paadjies of waar jy enige kleiner hindernisse moet aandurf soos deur ’n smal hekkie of oor bruggies.

b. Aanvalsposisie

Hierdie posisie is nodig as jy hindernisse aandurf soos afdraende, klipperige gedeeltes of bloot gereed wil wees vir onverwagse hindernisse. Die posisie is meer uitputtend en dus wil jy nie die hele tyd in hierdie posisie wees nie.

  1. Staan regop
  2. Pedale gelyk
  3. Hou jou ken oor die handvatsel, effens agter jou hande
  4. Buig by jou heupe sonder om jou lyf vorentoe te beweeg
  5. Buig jou arms baie meer en jou bors kom nader aan die handvatsels

Nou is daar meer gewig op die voorwiel om te verseker dat dit nie onder jou padgee nie. Dis ideaal as jy afdraende ry of oor ongelyke oppervlaktes soos klippe ry.

Lyne by foto’s

• Wit lyn: liggaamsposisie
• Groen lyn: ken oor handvatsel
• Geel lyn: middelpunt van massa tussen die wiele
• Blou lyn: kyk vorentoe
• Rooi pyl: bring bors laer soos jy by heupe buig. Ken bly steeds oor die handvatsels

Raad verskaf deur Marc Fourie, hoofvaardigheidsinstrukteur, PwC Bike Park, Sandton. Vir meer inligting en lesse, kontak hom by skills@bikepark.co.za

Ons toets RapStrapz

RapStrapz is een van die handigste toebehore wat ek nog vir my fiets aangeskaf het en ’n wonderlike Kersgeskenk vir enigeen wat fietsry. Kies uit twee verskillende ontwerpe. Die een gebruik jy onder jou saal (dit werk steeds as jy ’n “dropper post” vir jou saal het) en kan in plaas van ’n saalsakkie gebruik word. Daar is plek vir alles wat jy nodig het om ’n wiel reg te maak en geen irriterende geratel as jy ry nie. Die ander een kan jy op jou dwarsstang monteer om ’n ekstra waterbottel of baadjie in die winter te akkommodeer. Elke RapStrapz kos R249 en is tans net by Cycle Lab Mega-winkels of aanlyn by rapstrapz.com beskikbaar. As jy ’n RapStrapz koop, kan jy ’n gratis span-inskrywing vir 2018 se Sani2C Trail-wedren ter waarde van R20 000 WEN! Kompetisie eindig 30 November 2017.

Twee gelukkige rooi rose-lesers kan elk een RapStrapz wen. SMS RapStrapz, jou naam, adres en ID-nommer na 48409.

Kompetisie sluit op 30 November om 24:00.
Reëls en voorwaardes geld
SMS’s kos R1,50 en gratis SMS’e tel nie.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.