kategorieë: In die nuusJou lewe

Teen-boelieweek 2017

Ons kyk na teen-boelie bewustheid. Boelies kan in meeste terreine en tye van ons lewens gevind word, en dit is gewoonlik moeilik om om te gaan met sulke mense, of om ondersteuning aan ander te bied. Hierdie week is daar verskeie veldtogte wat gemik is daarop om mense wat geboelie word te ondersteun en bewusmaking te skep oor boelies en hoe mens dié probleem kan aanspreek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kinders en boelies

Terwyl die meeste kinders op een of ander stadium skool nie geniet nie, is daar kinders wat werklik skool haat. Daar is ’n verskeidenheid redes hiervoor, maar dit kan wees omdat hulle geboelie word. Lees hier hoe jy jou kind kan help.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jou kind erg geboelie word, is tuisskool dalk ’n goeie opsie. Maak egter eers seker of jy weet van al die positiewe en negatiewe aspekte van tuisonderrig.

Het jy geweet dat kinders wat leesgierig is meer empatie het? Dit beteken nie net dat hulle verstaan hoe dit voel om geboelie te word nie, maar dat hulle ook meer empatie met kinders het. Sien ook hier waarom empatie belangrik is en hoe mens dit kan aanmoedig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Alhoewel boeliegedrag nie sommer maklik verander kan word nie, is dit moontlik om meer begrip vir ander te kweek deur byvoorbeeld stories te deel.

Kinders (en volwassenes) loop nie net die risiko om in lewende lywe geboelie te word nie, maar hulle (en jy) word ook blootgestel aan kuberboelies. Lees hier meer oor kuberboelies (van toepassing op kinders en volwassenes) en hoe om jou kind (en jouself) te beskerm.

Kinders se selfwaarde word afgeknou deur boelies, maar hulle selfwaarde word ook tuis gevorm. Lees hier hoe jy kan help om jou kind se (en jou eie) selfwaarde te verbeter.

Boelies en teistering is soms die rede hoekom kinders depressief raak en selfdood oorweeg. Dis belangrik om bewus te wees van die gevaartekens van selfdood onder kinders. Lees hierdie artikel om meer uit te vind en om te kyk hoe jy kan help.

Het jy geweet daar is verskeie bekendes wat uitgesproke is oor boelies, juis oor die feit dat hulle geboelie was of bewus is van boelies? Dit sluit in Joshua na die Reën, Emily Blunt, en Elsje Neethling.

Volwasse boelies

Dis nie net kinders wat boelies is of onder boelies deurloop nie. Volwassens word net so baie geboelie.

Mede-afhanklike verhoudings sluit gewoonlik in dat een of meer maats geboelie word. Leer hier meer oor mede-afhanklikheid.

Leef jy saam met ’n boelie? Of is jy dalk een? Lees hierdie artikel wat verduidelik presies wat ’n boelie is, en hoe om die saak te benader.

Het jy ’n aggressiewe lewensmaat wat jou selfs met ’n geweer dreig? Lees hier.

In die werksplek is daar gereeld boelies en moeilike situasies waarmee jy moet werk. Lees hier om te leer hoe om beter met jou kollegas te kommunikeer en hoe om ’n veilige omgewing te skep. Loer ook hier vir ’n paar etiketreëls oor e-posse en ander vorms van kommunikasie dat jy nie ander mense om jou (per ongeluk) boelie nie.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.