kategorieë: Leef gesondGesondheid

Wêreld-diabetesdag: 14 November

14 November  staan bekend as Wêreld-Diabetesdag, wat geskoei is op die bewusmaking en opvoeding rondom diabetes. Diabetes, ook bekend as suikersiekte, is ’n toestand wat wêreldwyd toeneem. Kennis oor die voorkoming en behandeling van hierdie siekte is baie belangrik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Klik hier om te sien wat jy van diabetes moet weet. Lees hier en hier om uit te vind wat presies diabetes is en die simptome daarvan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ken jy die verskil tussen die twee tipes diabetes?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tipe 1 diabetes

Tipe 1 diabetes is wanneer jou lyf nie genoeg insulien op sy eie kan vervaardig om ’n gesonde bloedsuikervlak in die liggaam te beheer nie. Dit begin gewoonlik tydens kinderjare of adolessensie en word veroorsaak deur ’n outo-immuunreaksie wat veroorsaak dat die liggaam jou pankreasselle, wat insulien vervaardig, vernietig. Dit lei na ’n insulientekort. Mense met Tipe 1 diabetes moet dus insulien neem aangesien dit noodsaaklik is om gesond te bly en om konstante bloedsuikervlakke te behou, asook om jou lewensgehalte te verbeter. Daar is tans geen genesing vir Tipe 1 diabetes nie, maar navorsers is wel besig om daaraan te werk om dié siekte te voorkom asook die verdere destruktiewe vordering daarvan in mense wat pas gediagnoseer is, te bekamp.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tipe 2 diabetes

Tipe 2 diabetes is baie meer algemeen as Tipe 1 en volgens die Internasionale Diabetes-Federasie (IDF) was daar 2.28 miljoen gediagnoseerde gevalle van hierdie tipe diabetes in 2015. In die meeste gevalle van Tipe 2 diabetes word insulien vervaardig, maar die liggaam se selle reageer nie korrek daarop nie. Die liggaam word dus eerder weerstandig teen insulien. Dit word gewoonlik, maar nie altyd nie, geassossieer met oorgewig, ’n ongesonde dieet, ’n tekort aan oefening, ouderdom, ’n familiegeskiedenis van diabetes, jou etniese agtergrond en hoë bloedglukosevlakke tydens swangerskap. Dit kan vir jare ongediagnoseer bly. As gevolg van die degeneratiewe aard van hierdie toestand, sal meeste Tipe 2-gevalle uiteindelik insulien inneem bykomend tot hul behandeling. Meeste gevalle van Tipe 2 diabetes kan egter vermy word deur eenvoudige veranderinge in jou daaglikse lewe aan te bring en om die risiko’s te ken.

Is jy oorgewig en het jy reeds diabetes? Lees hierdie artikel vir meer inligting oor hoe om dit aan te pak.

Swangerskap-diabetes

Swangerskap-diabetes is iets wat gereeld gemonitor moet word. Alhoewel vroue van alle ouderdomme hierdie risiko ervaar, is dit meer prominent in swangerskappe bo die ouderdom van veertig

Jou leefstyl

Daar is onlangs bevindinge gemaak wat wys dat spanning, min slaap en wanvoeding ’n invloed het op die ontwikkeling van diabetes.

Wanneer jy met diabetes gediagnoseer word sal jy moontlik leefstylveranderinge moet maak, soos om jou dieet te verander. Het jy al gehoor dat die laekoolhidraat-dieet vir diabetes-lyers kan help? Kry meer inligting oor hierdie dieet hier en hier en hier. Kry ook laekoolhidraatresepte hier. Kry hier wenke oor kos wat die regte vitamiene bevat vir diabete en hartlyers. Onthou egter om ook jou dokter of ’n dieetkundige te spreek sodat jy die korrekte en gesonde dieetaanpassings kan maak.

Vinnige feite

  • Wêreldwyd sterf daar elke 6 sekondes een persoon as gevolg van komplikasies van diabetes
  • Een in elke 11 volwassenes is ’n diabeet
  • Een in 7 geboortes word geaffekteer deur swangerskap-diabetes
  • Tipe 2 diabetes tel vir 90% van alle gevalle van diabetes
  • Die algehele hoeveelheid mense met diabetes in Afrika word verwag om te vermeerder met 20 miljoen teen 2040 – wat ’n totaal van 34.2 miljoen diabetespasiënte op die kontinent sal beteken. Hierdie syfer was 14.2 miljoen in 2015.
  • Wêreldwyd is hierdie prentjie ook negatief aangesien daar verwag word dat 642 miljoen persone tipe-2 diabetes sal ontwikkel in dieselfde tydgleuf.
  • Dit is algemeen vir pasiënte met tipe-2 diabetes om ook kardiovaskulêre, nier-, en ander metaboliese toestande te hê.
  • Mense met tipe-2 diabetes het ’n twee tot drie keer groter kans op hartversaking en is ook blootgestel aan ’n groter risiko om ’n hartaanval of beroerte te kry.
  • Kardio-vaskulêre aanvalle is die onderliggende oorsaak van sterftes vir meer as die helfte van mense met tipe-2 diabetes, wat die algehele lewensverwagting van hierdie mense verminder met 5 tot 15 jaar.
  • Diabetes is ’n siekte wat in ’n hoë mate verwant is aan komorbiditeite wat bydra tot ’n groter risiko van duur hospitalisering. Die logiese antwoorde is dus om ons aanslag radikaal te verander tot die voorkoming, diagnose en behandeling van hierdie siekte.

Maak seker jy besoek gereeld ’n kliniek of dokter om basiese toetse te ondergaan en om seker te maak dat enige mediese toestande vroegtydig opgetel, bekamp of behandel kan word. Lees hier waarom dit belangrik is. Lees ook waarom dit belangrik is om eerlik met jou mediese praktisyn te wees.

Dit is belangrik om te dink aan die kostes verbonde aan hierdie siekte – om finansieël voorsiening te maak is noodsaaklik.

Het jy geweet?

Diabetes-doelwitte wat deur die Verenigde Nasies (VN) en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) gestel is, sluit in ’n globale vermindering in die vroeë sterftesyfers as gevolg van komplikasies van diabetes met een derde teen 2030. Hulle mik ook op ’n vermindering van 25% van gevalle van alle diabetes-verwante komplikasies wat opgetel word deur diagnose. Goeie werk is alreeds gedoen om mense bewus te maak van diabetes, maar soos die syfers hierbo wys is daar duidelik nog ’n lang pad om te stap voordat ons by hierdie WGO-doelwitte uitkom.

Bronne:

Lilly se diabetes-veldtog
Diabetes SA
AstraZeneca se Yes2Life-veldtog

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.