kategorieë: KalenderOntspanning

Night of 1000 Drawings

Wanneer laas het jy ’n heerlike aand spandeer – en dit vir ’n goeie doel? Johannesburg se grootste kuns-fondsinsamelingsgeleentheid, Night of 1000 Drawings, sal op 16 November 2017 aangebied word, en dit beloof om meer pret as verlede jaar se geleentheid te wees. Die tema vir donasies vir 2017 was Bring Jou Kuns, maar hierdie keer is dit tyd om jouself (en vriende en familie) te bring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie geleentheid sal aangebied word by Nommer 1 Eloffstraat, Hangout Jozi op. Kaartjies is beskikbaar by Quicket teen R100 per persoon of teen R120 by die deur. Enigeen wat belangstel in kuns sal mal wees oor die sketse, foto’s, borduurwerk, mosaïekwerk, piouterwerk … Donasies van alle soorte – wat als te koop sal wees teen R100 ’n stuk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Night of 1000 Drawings is uniek in die sin dat dit ’n viering is van Johannesburg en die passie van dié stad se inwoners, soos gesien kan word deur die duisende kanniedode wat verlede jaar in die sousende reën opgedaag het vir die geleentheid. Daar sal regstreekse musiekkonserte wees, kosstalletjies en ’n volle kroegdiens. Kunstenaars wat gaan optree sluit in Percy’s Perseverance, Go Barefoot, African Rhythm en Samthing Soweto met NomiSupasta as seremoniemeester vir die aand.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Alle opbrengste van die kaartjieverkope gaan aan die Bjala-stigting en Streetlight Schools.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

8 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

11 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

15 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.