kategorieë: OuerskapJou lewe

Die hoe van blommetjies en bytjies

“Hoewel ek my as ’n moderne, geëmansipeerde pa beskou en ’n oop deur-beleid met my kinders het (dit staan hulle vry om met my oor enigiets te praat), bly ek steeds effe lomp as dit by seksvoorligting kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Miskien het ons ou Calvinistiese opvoeding met al sy taboes iets daarmee te doen. Derhalwe was die ‘blommetjies-en-bytjies’-praatjies met albei ons kinders merendeels hul ma se verantwoordelikheid. Onder deesdae se kinders is dit in elk geval nie meer so ’n vreeslike geheim waar babatjies vandaan kom nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die oorvloed verwysings na seks in die media – in woord en beeld – het baie met ’n vroeër geslagsbewustheid te doen, en ook die herrie rondom MIV/vigs en die opvoedingsprogramme by skole. Ek dink kinders is op ’n jong ouderdom reeds baie meer ingelig oor seks as wat ons destyds was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Lanelle het destyds eendag besluit om vir Robert (toe so sewe of agt) die ‘Big Talk’ te gee. Toe sy die onderwerp aanroer, het hy sy oë hemelwaarts geslaan en ewe verveeld gesê: ‘Ag nee, tog net nie weer seks nie. Ek is al moeg vir seks.’

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Behalwe natuurlik die seksopvoeding by die skool, was sy eerste kennismaking met die feite van die lewe ’n klassieke bron: die ouer maatjie wat jou alles vertel. Dié het weer die inligting by sy ouer boetie gekry.

“Met Helena het ons gevind dat dit met meisietjies nie veel anders is nie. Sy en haar maatjies giggel tog te lekker oor die manewales van hul TV-heldinne, die nimlike mejuffroue Montana en Gomez, wat verbete kys en soen en uitmaak met hul kêrels. Nugter weet waaroor ons dogtertjies alles vir mekaar fluister …

“Lanelle het haar darem al op ’n saaklike, dog sensitiewe manier verduidelik wat die basiese seksfeite behels. Ons het ook ’n baie oulike DVD aangeskaf met die naam The Human Body – ’n BBC-reeks oor die wonder van die ontstaan en verloop van die lewe. Die grafika en gegewens word uitstekend aangebied. Ek kan dit regtig aanbeveel.

“Die fisieke feite van voortplanting is maar net een aspek van die groter prentjie. So ook die gevolge van onverskillige seks, soos ongewenste swangerskappe en siektes. Jy kan sulke goed op ’n feitelike manier verduidelik, en ek reken ook dis beter om dit eerder vroeër as later te doen.

“Die moeilike deel, skat ek, is om die allerbelangrike emosionele komponent aan hulle tuis te bring. Jy moet hulle maar bewus maak daarvan dat seks nie bloot ’n fisieke daad is nie, maar ’n diep bevredigende, mooi en wonderlike emosionele ervaring om met iemand te deel. Op watter ouderdom hulle ryp sou wees vir so ’n gesprek, moet jy seker maar net raai – jy wil hulle nie te gou onnodig nuuskierig maak nie, maar darem ook nie so lank wag dat hulle miskien op die ou end seerkry nie.

“’n Gesprek wat ek wel maklik met Robert gehad het, was die een oor ‘pasop vir los meisies’. Sy oë het gans te veel geblink na my sin, so ek hou maar duim vas. En sodra Helena oud genoeg is, gaan ek haar alles vertel wat ek weet van ‘rowwe seuns’. En vir haar ’n haelgeweer, ’n skokstok en ’n klomp botteltjies pepersproei koop …

Cindy Taylor, ’n kopieskrywer van Johannesburg, sê sy het lank beplan aan wat sy alles vir haar 13-jarige dogter wou sê. Maar toe gebeur die lewe.

“Toe ’n vyfjarige meisietjie sir Noel Coward eendag vra wat presies dit was wat twee parende honde aan’t doen was, het hy geantwoord: ‘Die voorste hondjie het skielik blind geword, en die agterste hondjie was gaaf genoeg om aan te bied om hom al die pad na St. Dunstan te stoot.’”

“Ongelukkig het ’n ouer maatjie my kind ’n paar jaar gelede, toe sy nog net nege was, ingelig oor seks. Nie op ’n feite-van-die-lewe manier nie, maar op ’n pornografiese rolprentdraaiboek-manier, kompleet met tekeninge wat die Kama Sutra na ’n kinderboek laat lyk het.

“En dit terwyl ek dinge so anders wou verduidelik wanneer die tyd reg was! Ek wou dit op die wonderlike manier doen waarop my ma dit gedoen het toe ek ’n kind was, en het selfs al twee uitstekende boeke gekoop: Robie Harris se It’s So Amazing! A Book About Eggs, Sperm, Birth, Babies and Families en It’s Perfectly Normal: A Book About Changing Bodies, Growing Up, Sex and Sexual Health. En ek wou vir haar die belangrikheid van liefde en respek verduidelik as dit by seks kom, en die waarskuwende raad gee van Philip von Munching: ‘Seuns sal jou op ’n voetstuk sit – net sodat hulle onder jou rok kan inloer.’

“Ek wou nie hê sy moes die hele seksding saamgehoop in ’n aaklige bondel kry nie. En dit boonop soos ’n klap in die gesig. Hoe sou ek nou ooit weer vir haar Engelse slaaptydstories kon lees van prinsesse en horny toads? Sy het immers nou al ’n hele ander interpretasie gehoor van die woord ‘horny’…

Ek en sy het albei ’n bietjie gekroek gevoel deur die hele affêre van te gou, te veel en boonop van ’n maatjie af.

“Ek is seker maar baie outyds, maar ek wou nog net ’n bietjie langer wag en haar vir net nog ’n rukkie langer ’n klein dogtertjie hou. Ek sou graag vir nog ’’n jaar of so die Noel Coward Skool van Noodleuentjies se metode wou volg, maar die skade was gedaan en ek moes vir haar die feite gegee. So, ek is biblioteek toe om een van daardie boeke te kry oor anatomie wat die lagies vel wys met die verskillende spiere, organe en skelet netjies daaronder. En toe begin ek al die korrekte woorde soos vagina en baarmoeder en die hele vroulike voortplantingsproses verduidelik.

“Maar toe ek by die seksdeel kom, en die woord ‘penis’ gebruik – op Engels uitgespreek, want ons huistaal is Engels – het sy dubbel gevou van die lag. En net al harder gegiggel toe ek verduidelik dat dit nie ‘pee-ness’ gespel word nie! Nodeloos om te sê, maar ons les vir die dag was verby.

“Maar nie voor ek die enigste stukkie seksopvoeding wat ek en my broers en susters ooit by my pa gekry het aan haar oorgedra het nie. Hy het ’n stukkie koerantpapier gevat, dit oor sy oop bierbotteltjie se bek gesit en die papier vinnig met sy pen se punt gesteek. Toe hou hy die papier in die lug dat ons die gat moet sien, en sê: ‘As dit eers geskeur is, kan niks dit weer heelmaak nie.’

“O ja, en toe het ek sommer ook vir haar vertel dat seuns boggertjies is. Hulle sal enigiets doen om ’n meisie uit haar broekie te kry. En as hulle dit regkry, sal hulle loop en spog daarmee. Teenoor almal. En dat dit hartseer is, maar ’n feit.”

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.