kategorieë: Leef gesondGesondheid

Die knusste kussings: Wat jy moet weet voordat jy weer kussings koop

Die knusste kussings: Wat jy moet weet voordat jy weer kussings koop deur Salomé Delport. Hooffoto: bruce mars vir Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy slaap sleg. Wat is fout?

Dr. Dale Ray, senior navorser aan die Sport Science Institute of South Africa, sê mense skryf hul moegheid toe aan ’n verskeidenheid probleme, soos stres, angs, die menopouse, hul skildklier, koffie, medisyne of ’n maat wat snork.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Intussen word slaapgemak te dikwels afgeskeep. Ons slaap jaar in en jaar uit op ons kussings, matrasse en beddegoed sonder om te besef hoeveel hulle in werklikheid tot jou nagrus bydra.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jou kussing sowaar ook?

Sy het ’n punt beet. Die meeste van ons skaf die beste matras aan wat ons kan bekostig. Maar kussings is ’n nagedagte, al is dit vyftig persent van jou gemak. Jy koop iets wat bekostigbaar is, sommer by die goedkoper huiswarewinkels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

En kyk net hoe jy verplig word om te kies. Niemand van ons word toegelaat om ’n kussing vooraf uit te toets nie. Hoe doen jy dit in elk geval? Jy kan nie kussings vir ’n proefslapie huis toe neem nie. Daar is waarskynlik nie eens ’n bed in sig waarop jy die kussing onder jou kop kan inwerk en “aanpas” nie. Daarby is die kussings meestal in plastiek verpak, wat die uittoets verder bemoeilik.

Die meeste van ons kyk maar na die prys. Baie van ons voel of die kussing hard of sag is. Heelwat van ons let meer op na die draadtelling van ons katoenkussingslope as na die kussing wat ons daarin sit. Net ’n paar van ons weet genoeg van vulsels sodat ons dit as ’n oorweging gebruik.

Gaynor Walker, eienaar van Granny Goose, en ’n beddegoedkenner soos min, deel met ons haar beste wenke vir die koop van ’n kussing.

iStock/fongleon356

Lees ook: Hou bekommernis oor werk jou wakker? Hier is die beste slaapraad

Eienskappe van ’n nommerpas-kussing

Jy kan kussing-koop soos bra-koop benader: sommer die naaste sportbra’tjie aanglip, of jou persoonlike mates gebruik om ’n hoogs geïndividualiseerde nommerpaskussing te koop.

Lees ook: Ons moet wakker skrik oor slaappille

1. Moet jy die nuwe, gemakliker kussingvorms probeer?

Die bekende reghoekige kussing het die afgelope dekade begin verander. Die nuwe vorms is nog skaars – ek het dit nog net by Granny Goose gesien.

Jy kry nou V-vormige kussings wat heerlik gerieflik vir syslapers is. Die punt van die V pas onder jou nek in, terwyl die arms van die V jou rug en maag ondersteun sodat jy nie vorentoe of agtertoe val nie. So help dit om jou rugwerwels en heupgewrigte in ’n gemaklike, stresvrye posisie te hou.

Daar is ook U-vormige kussings met twee superlang bene wat die kussing so lank soos jy maak. Die bene ondersteun ook jou rug, heupe en knieë. Hou jy daarvan om in die bed te lees, kan jy die bene terugvou sodat hulle arms vorm en amper soos ’n gemakstoel om jou pas.

Lees ook: 22 slaapprobleme met 22 slaapoplossings

iStock/ Demkat

2. Is die kussing breed genoeg vir jou?

Die meeste van ons het nog reghoekkussings. As jy ’n kussing koop, kyk ’n slag na die breedte van die reghoek. Jou kop moenie aan die bokant van die kussing “oorhang” nie. As jy ’n lang nek het, werk ’n breër kussing beter.

Lees ook: Hoe om jou matras skoon te hou

iStock/andresr

3. Watter vulsel werk vir jou?

Die vulsel bepaal hoe jou kussing voel – en maak ’n baie groot verskil aan hardheid, sagtheid, sweterigheid, allergie, hoogte en vormhouding. Hier gaan dit oor persoonlike voorkeure en die praktiese oorwegings wat vir jou belangrik is. Sommige laat jou makliker sweet terwyl ander jou lekker koel hou; party is ekovriendelik en disintegreer heeltemal ná jy dit weggegooi het terwyl ander verder bydra tot die plastieklading op Moeder Aarde.

Ná jy die lysie van jou voorkeure wat hier volg, deurgewerk het, lees in die kassie langsaan watter vulsel aan jou vereistes sal voldoen.

Lees ook: Allergies vir stofmyte? Hier is 14 plekke waar hulle in jou huis skuil …

iStock/kate_sept2004

4. Is die kussing die regte hoogte?

Jou slaapposisie en jou skouerbreedte bepaal hoe hoog jou kussing moet wees.

Iets oor jou slaapposisie: in die ideale slaapposisie lê jou nek-werwels en rugwerwels in ’n reguit lyn. (As jy so lê, is die kans dat jy snork ook op sy kleinste.)

Prakties beteken dit dat as jy op jou rug slaap, jy ’n plat kussing nodig het, terwyl mense wat op die sy slaap, ’n kussing nodig het wat die hele ruimte tussen die skouerknop en die nek vul sodat jou nekwerwels met gemak in ’n reguit lyn rus.

Lees ook: Wat elke vrou moet weet oor slaap en menopouse

iStock/penkanya

5. Hou jy van ’n veerkragtige of plat kussing?

Jou kop, vertel Gaynor, weeg 4 -5 kg. Dit is soveel as vier tot vyf liter melk. Jou kussing moet dus ’n taamlike gewig kan hanteer.

’n Vulsel wat baie met lug opgepof is, gaan binne weke deur jou kopgewig platgedruk wees. Dit kan werk vir rugslapers, wat juis ’n taamlike plat kussing soek.

Syslapers soek ’n vesel wat veerkragtig is en kan “terugdruk”, soos dons, vere, memory foam en lateks.

Balvesels kan ook werk, mits die kussing so styf gestop is dat die balletjies nie sywaarts wegrol nie.

Lees ook: 6 oplossings tot 6 slaapprobleme

iStock/AnnaRise

6. Hoe sag moet jou kussing voel?

Moet jou kussing meegee, of hard wees? Dit is ’n persoonlike keuse. Al wat belangrik is, is dat dit jou ruggraat ondersteun sodat die werwels in ’n reguit lyn lê.

Harder kussings is van soliede materiaal gemaak, soos lateks, of kan net voller gestop wees, soos met dons, vere, mikrovesel of enige van die ander stopmateriale.

Lees ook: Snork is oukei, maar wat van slaapapnee?

iStock/AleksandarNakic

7. Hoeveel kussings verkies jy?

Twee, drie? As jy breë skouers het maar tog ’n sagte kussing verkies, werk dit die beste om ’n ferm kussing heel onder vir ondersteuning te gebruik, terwyl ’n sagter, dunner kussing jou die nodige, gemaklike sagtheid gee.

Baie mense slaap met ekstra kussings onder, of tussen die knieë, wat ook help om jou rugwerwels in die gesondste posisie te hou. ’n Kussing vir onder die knieë kan taamlik plat wees, terwyl ’n kussing tussen die knieë vir syslapers heelwat dikker gestop kan wees – min of meer so dik dat dit jou knieë so wyd soos jou heupe van mekaar lig.

Lees ook: Help! Ek kan nie slaap nie!

iStock/Alikaj2582

Meet jou skouerbreedte so

  • Staan sylangs met jou skouer teen ’n muur.
  • Vra iemand om die afstand van die muur tot agter jou oor te meet.
  • Dit gee jou ’n taamlik betroubare skatting van hoe hoog jou kussing moet wees.

Lees ook: 6 oefeninge wat vir snork help

8 Sal die kussing jou laat sweet?

Sommige van die sintetiese materiale laat jou sweet – loer na die lys hieronder om jou hiermee te help.

Die materiaal waarmee die kussing oorgetrek is, het ook ’n uitwerking hierop. ’n Vulsel in ’n sintetiese kussingsak sal jou beslis baie meer laat sweet as ’n sak van katoen.

Let ook op na jou kussingsloop: katoen is altyd die koelste, terwyl satyn, sy of poliëster jou kan laat sweet.

Lees ook: Koop slim: Die 5 belangrikste beleggings vir jou huis

iStock/AntonioGuillem

Die gewildste kussingvulsels

Dons en vere

Baie gemaklik en ekovriendelik maar sommige mense is allergies hiervoor. Terloops, dit is nie waar dat ’n mens net vir vere en nie vir dons allergies kan wees nie. Nog ’n feit oor dons- en verekussings: hulle ís wasbaar.

Lees ook: Is ek regtig allergies vir vlooibyte?

Batting

Aanvanklik heerlik sag en maak ’n taamlike hoë kussing maar jy slaap dit gou plat en hard. Die word ook hard en knopperig wanneer dit gewas word.

Balletjievesels (soos Unicurl)

Sag, gemaklik, koel en wasbaar. Die kussings moet styf genoeg gestop wees vir genoeg hoogte en om te keer dat die vesels onder jou kop wegskuif.

PET

’n Groen keuse omdat dit van gebruikte plastiekkoeldrankbottels gemak word. Nogtans ’n baie gemaklike, donssagte kussingvuller.

iStock/Sonja Rachbauer

Mikrovesels (soos FossaFlakes en Primaloft)

Gemaklike, donssagte, koel, veerkragtige kussings. Kan asemhaal en water wegvoer, wat sweet keer.

(Mikrovesels kan van verskeie sintetiese vesels gemaak wees. Die term beteken net dat die veseldraadjies superdun is – dunner as sydraad, wat ook net ’n vyfde van ’n haar se dikte is. Hierdie draadjies is uiters sag, elasties en sterk.)

Lateks

Nog ’n groen keuse, omdat dit van rubber van die rubberboom gemaak word. Die kussing bly gewoonlik so hoog as wat dit was toe jy dit gekoop het terwyl jy daarop slaap. Ferm, gemaklik en wasbaar, sou jy ’n stywe kussing verkies.

Lees ook: Wat almal moet weet oor sinus- en stofmytallergie

Poli-uretaan

’n Warm kussings wat jou kan laat sweet. Dit word op twee maniere in kussings gebruik:

  1. Memory Foam: Die vulsel is gevorm om altyd terug te spring en verseker ’n ferm, taamlik stywe kussing.
  2. Skuimspons: ’n Vulsel van allerhande soorte spons wat fyn opgesny is. Gemaklik mits die skuim egalig en fyn gesny is, of klonterig as die skuim te grof gesny is. Die kussing moet ferm gestop wees om goeie ondersteuning vir jou kop te verseker.

Lees ook: 22 Slaapprobleme, 22 oplossings.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

11 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

1 day Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.