kategorieë: LeesOntspanning

Die Profeet: Hoofstuk 10

Deur Martie Swanepoel. Foto: pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Christiaan moes agtergekom het Chrissie en Tant Esther het hulp van buite die grense van die plaas gekry. Hy het fyn getrap en sy planne in versnelrat probeer plaas … Hy wou sy komplot afhandel voor Oom Thomas sterf. Die ou man se testament moes reg wees en die huwelik met Mariaantjie moes voltrek wees, anders sou sy toekoms as heerser van die plaas nie verseker wees nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Chrissie en Tant Esther het vir Oom Thomas se verlossing gebid, maar Christiaan het gehoop hy klou aan die lewe vas. ’n Ellendige stryd het rondom die siekekamer afgespeel. Oom Thomas se dosisse morfien het al groter geword, maar met sy enigste helder gedagtes was die hoop daar: Genesing, groot oeste, ’n erfgenaam vir sy plaas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Chrissie het een aand ’n gesprek tussen Christiaan en Mariaantjie afgeluister en ’n klein oorwinningsgevoel gekry. Mariaantjie kon by tye koppig raak as sy nie haar sin kry nie en dit was ’n wapen wat Chrissie en Tant Esther kon gebruik. Tant Esther het vir tyd gespeel voor die naaimasjien. Sy en Chrissie wou teen alle koste probeer om die troudatum te vertraag.

Daar het een ding in Mariaantjie se kop vasgesteek. Sy wou die mooiste trourok in die wêreld hê en sy wou in die kerk trou met groot ruikers blomme en orrelmusiek en als.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Christiaan het nie rekening gehou met Mariaantjie se koppigheid en drome nie. As sy die beloofde bruid is wat Christiaan se meester uitgesoek het, was sy geregtig op haar prinsesrok. Ongeag hoe soet Christiaan se woordjies van oortuiging was.

Chrissie wou stik van woede elke keer as sy moes aanhoor hoe Christiaan vir Mariaantjie probeer manipuleer.

“Sien jy hoe skyn die maan op die kruise op die berg, my bruid?”

Die twee het op die stoep gestaan met Chrissie buite sig.

“Pappa sê altyd as die maan so helder skyn, maak God die hemel op so ’n skrefie oop.”

Christiaan het sy arm om Mariaantjie se tenger lyf gesit.

“Jy is reg, maar weet jy wat? Jy is een van my meester se spesiale gunstelinge. Hy het jou uitgekies om my vrou te wees. Ons gaan hier op die plaas bly en vir altyd gelukkig wees.”

Dit was wat Mariaantjie wou hoor. Die “vir altyd gelukkig”, soos in die feeverhale was deel van haar droom.

Chrissie het gewens sy kon die gesprek tussen Mariaantjie en Christiaan onderbreek en kom aan sy keel beetkry, maar sy het geweet dit sal haar en Tant Esther se planne beduiwel.

“Ek kon sien hoe Christiaan soms ongeduldig raak met Mariaantjie en dit het my laat besef dat ons die huwelik sal moet keer. Mariaantjie kon soms baie veeleisend wees en ons wat haar liefhet kon dit verduur, maar ons het geweet geen ander mens sou haar met soveel liefde versorg soos ons nie. Enige man, selfs iemand met die vals heiligheid van Christiaan, sou dit nie met Mariaantjie kon uithou nie. Ons het ook geweet dat as hy slaag, hy haar lewe hel sou maak. In Christiaan se narcissisme het net sy wil en sal gegeld. Hy sou Mariaantjie die res van haar lewe regeer en domineer.”

Chrissie en Tant Esther se troos was die dominee en prokureur wat op die kantlyn wag om in te gryp as dinge handuit ruk.

“Oom Thomas se sterwensproses het ons almal laat wag. Ons kon nie optree voor hy nie sy laaste asem uitblaas nie. Tant Esther wou nie toelaat dat ons hom in sy laaste ure ontstel nie. God sou verstaan, het sy gesê. God sou verstaan dat Oom Thomas deur ’n swendelaar bedrieg is en dat ons nie die bietjie hoop wat hy nog gehad het van hom kon wegneem nie.”

Mariaantjie het soms drie keer ’n dag haar trourok aangepas. Tant Esther het haar uitgelok om elke keer nog ’n bietjie aan die rok te verander. Nog ’n blom, nog ’n kraletjie. “Alles moes perfek wees vir die groot dag,” het Tant Esther gesê en dis presies wat Mariaantjie ook wou hê. En dis wat haar teen Christaan se sjarme laat vassteek het.

“My Mamma maak vir my ’n prinsesrok. Met pêrels en ’n lang veil.”

Christiaan wou sy planne bietjie spoed gee.

“Weet jy wat, dalk moet ons sommer volgende week al trou. Al is jou pa nog nie gesond nie.”

Dit is waar sy plan begin kraak het. Mariaantjie se rok …

“Maar my prinsesrok gaan nog nie klaar wees nie!”

Christiaan het ’n sensitiewe punt probeer aanraak: Oom Thomas.

“Dit maak nie saak nie, ek sal vir jou die mooiste rok gaan koop as ons klaar getroud is. Ek dink dit sal jou pa sommer gou gesonder laat voel as hy sien hoe gelukkig jy lyk op jou troudag.”

Maar hy het Mariaantjie onderskat. Christiaan wou haar oortuig dat hulle sommer op die plaas in haar pa se siekekamer trou. Mariaantjie het steeks geraak. Sy wou in die kerk trou met die blomme, orrel en als. Sy wou op die troumars die kerk instap. Aan die sy van haar pa. Dis haar droom en by haar droom het sy gebly.

“Nee! Prinsesse trou in ’n kerk. Met die klokke en orrel en alles. En mense gooi confetti.

Christiaan het sy bes probeer.

“Maar jy is ’n spesiale prinses. Jy wil mos jou Pappa gesond laat word?”

Chrissie en Tant Esther het ’n sege oor Christiaan behaal: Mariaantjie se halstarrigheid oor haar rok. Tant Esther het nog nooit in haar lewe so lank aan ’n rok gewerk nie. Elke stekie was vir haar ’n oorwinning teen die bose.

Maar sy en Chrissie het geweet dat dinge een of ander tyd tot ’n punt sal moet kom.

Lees Hoofstuk 9 van Die Profeet hier.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

22 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.