kategorieë: LeesOntspanning

Die Profeet: Hoofstuk 18

Die Profeet: Hoofstuk 18 deur Martie Swanepoel. Foto: pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vir Chrissie was dit asof die tyd gaan stilstaan het op die plaas. Sedert Christiaan langs die plaaspad aangestap gekom het, tot die laaste dag wat hy en Mariaanjie langs Oom Thomas se bed gesit het, het die ou staanhorlosie in die sitkamer ’n stadige dodemars getik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Die dominee, prokureur en dokter is later die nag daar weg. Hulle het deur al Oom Thomas se dokumente gegaan. Maar Christiaan moes vir eers bly. Hy het nie ’n misdaad gepleeg nie en ons sou ’n hofbevel moes kry om van hom ontslae te raak. Hulle het my en Tant Esther belowe dit sal ’n saak van erns wees. Ons sou ook tot die volgende oggend moes wag voor die lykbesorger Oom Thomas kan kom haal.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit het Christiaan tyd gegee om sy “opwekking’’ te doen. Tant Esther was gedaan en het hom laat begaan.

“Laat hom sy laaste sit sit. Dis net Thomas se verweerde ou lyf wat daar lê. Hy is veilig by sy ware God en die vent se biddery gaan niks daaraan verander nie. Ek is te moeg om nou verder te baklei.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Christiaan was nie dom nie. Hy moes geweet het die drie besoekers is terug dorp toe om dokumentasie in plek te kry om hom van die plaas te verwyder. Hy het ’n laaste desperate poging aangewend. Hy het die hele nag biddend tot sy meester langs Oom Thomas se lyk gewaak. Hy en Mariaantjie. Dié het geweier om haar trourok uit te trek alvorens haar pappa nie wakker word nie. Sy was gereed om te trou. Sy het later skeef in haar stoel sit en slaap.

“Dit was  ʼn vreeslike nag. Tant Esther was gebroke. Haar man is dood en haar kind was onder die invloed van ’n versteurde man. Ons kon Christiaan die hele nag hoor roep na sy meester. Dit was ’n gekkespul. ’n Diep droewe nag. Ek was tot in my siel uitgeput, maar ek kon nie slaap nie. Buiten Mariaantjie het niemand daardie nag geslaap nie. Ons was bang dat Christiaan desperaat sou raak en gewelddadig raak. Daarom het Soois in die kombuis waggehou met sy geweer. Kaizer by hom. Ek moet beken, ek self was in daardie stadium in staat tot geweld. My en Tant Esther se senuwees was deurgeskaaf.”

Dis in dié lang nag wat Christiaan sy nuwe bose plan bedink het. Hy het geweet hy sal gou moet speel.

“Ons was seker nalatig om die morfien in Oom Thomas se kamer te laat. Wat Christiaan Mariaantjie daardie nag wysgemaak het, sal ons nooit weet nie, maar ek was in die kombuis toe sy vir haar ma kom tee maak het. Ek moes van beter geweet het. Ek het haar gevra hoekom gebruik sy haar ma se beste koppies vir die tee.”

Mariaantjie het die skinkbord met haar ma se rooskoppies met sorg gepak. Een koppie vir haar ma en een vir haar.

“My Mamma gaan uit haar mooiste koppies drink. Dan gaan sy 100 jaar slaap net soos die Slapende Skone. Kyk, Chrissie, links is my koppie en regs Mamma se koppie. Links, regs, links, regs … regs? Hoe het ek nou weer gesê, Chrissie?”

Chrissie het gehuil toe sy oor die episode met die tee-skinkbord praat. Sy het gevoel dit was haar skuld. Sy het Mariaantjie mos geken. Sy moes geweet het!

“Daar was genoeg morfien in Oom Thomas se kamer om enige mens 100 jaar te laat slaap. Om iemand ’n ewigheid te laat slaap … Terwyl Mariaantjie die tee met sorg gemaak het, moes ek weer vir haar die storie van die Slapende Skone vertel. Sy wou hoor hoe die prins deur die vergroeide bosse om die kasteel breek en die slapende prinses bo-in die toring kry. Sy het haar hande geklap toe ek vertel hoe die prins die prinses soen en sy wakker word.”

“Ek het dit geweet, Chrissie! Ek het vir Christiaan gesê mens sal nie vir ewig kan slaap nie! Jy slaap nog so lekker, dan kom ’n prins en soen jou! My Mamma gaan nou rus. Jy sal sien. Sy gaan rus!”

Mariaantjie het haar eie weergawe van die Slapende Skone in die kombuis vertel. Volgens haar sou Christiaan haar pa wakker bid en dan sal haar pa haar ma gaan wakker soen en dan sal almal op die plaas weer gelukkig wees.

“Mariaantjie is daar uit met die skinkbord. Ek kon hoor hoe sy al met die gang langs met haarself praat: Links? Of is dit nou regs? Links? Regs? Mamma gaan haar tee drink en lekker slaap.”

Lees ook: Die Profeet Hoofstuk 17

Lees ook: Die Profeet Hoofstuk 1

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.