kategorieë: Video'sOntspanning

Die raaisel van die eier

Die video wys hoe ’n vrou ’n reuse eier breek om ’n eiergeel en nôg ’n groot eier te onthul. Die rare verskynsel staan bekend as kontra-peristaltiese inkrimping. Dit word veroorsaak wanneer ’n oësiet – wat op die ou einde die eiergeel vorm – te vroeg vrygestel word en met ’n vroeëre eier verbind wat nog nie gelê is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Terwyl die geval uiters raar is, word dit veroorsaak wanneer die hen in die proses is om ’n eier te vorm maar nóg ’n oësiet te vroeg deur haar liggaam vrygestel word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sodra die tweede oësiet vrygestel is, is die eerste een al in die eierdop-klier van die eierleier waar die eierdop gemaak word. Dit is dan wanneer skok of stres ’n inkrimping veroorsaak wat die eerste eier forseer om sy proses om te keer. Dit beteken dan dat die eerste eier by die tweede oësiet gevoeg word, wat dan in die eierleier afbeweeg en ook in dop bedek word. Dit vorm dan die reuse eier rondom die eerste een.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die video vang die verrassende oomblik vas toe die gesin die ekstra groot eier breek en besef dat daar nog een binne-in is. Jy kan hoor hoe lede van die gesin na hul asems snak.

Die eier is deur hul eie hen gelê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Die reuse eier het ’n eiergeel en ’n ander eier binne-in gehad. Ek kan nie glo dat dit nie my hen se dood veroorsaak het nie. Niemand wou dit eet nie, so my vrou het ’n haaropknapper daarvan gemaak,” het haar man gesê.

Kyk hier na die video:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.