Die rooi rose-redaksie se gunsteling-podsendings

Die rooi rose-redaksie se gunsteling-podsendings saamgestel deur Catherine Schenck. Hooffoto: iStock/oatintro

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die rooi rose-kantoor is ’n wonderlike plek waar ons allerhande idees en nuutjies met mekaar deel. Een gesprek wat ’n mens gereeld hoor, is “ek het onlangs na hierdie podsending geluister en jy móét dit hoor! Dis ongelooflik!” of “Kan jy glo wat in gister se episode gebeur het?”

Ons het daarom by ons redaksielede gaan hoor waarna hulle nou luister, en hoekom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Almal praat oor podcasts

Hannelie Diedericks, adjunk-redakteur

Watter podsending geniet jy? Forever 35, “A podcast about the things we do to take care of ourselves”

Hoekom hou jy daarvan?

Dis ’n podsending wat aangebied word deur twee vriendinne, Kate Spencer en Doree Shafir, en handel grootliks oor selfsorg.

Hulle gesels oor skoonheidsprodukte, mode, emosionele kwessies, ouerskap, verhoudings, oefeninge, boeke, televisiereekse  – enige iets wat deesdae as “selfsorg” geklassifiseer kan word. Hulle het ook elke week ’n gas wat aan die gesprek deelneem, en daar is weekliks  ʼn mini-episode waarin hulle luisteraars se vrae beantwoord.

Ek hou daarvan omdat ek ook ’n “beauty junky” is en belang stel in die selfsorgverskynsel. Die gesprek is informeel, en dit voel amper of jy deel van die vriendekring is.

Daar is ook ’n Forever35-groep op facebook wat baie aktief is en ’n veilige omgewing is waar heelwat van hierdie onderwerpe bespreek word.

Watter episode sou jy voorstel om mee te begin?

Episode 66: Spring product check-in with Joanna Goddard

Enige vrou wat in hierdie onderwerpe belang stel en jonk van gees is, sal hiervan hou.

Wanneer of waar luister jy na podsendings?

Ek luister daarna terwyl ek bad, aantrek, bestuur en skottelgoed was.

Lees ook: Hoe laai mens podsendings af?

Anélle Tewson, produksiehoof

Watter podsending geniet jy? Dirty John

Hoekom hou jy daarvan?

Dirty John handel oor ’n vrou wat in haar laat vyftigs verlief geraak het op ’n swendelaar. Die joernalis Christopher Goffard vertel haar storie en voer onderhoude met die vrou, Debbie Newell en haar familie oor hul ervarings met die swendelaar, John Meehan.

Dis verslawend, want jy kan nie glo wat jy hoor nie; jy wil naderhand vir die vrou skree omdat alles wat hy doen en sê so belaglik is. Maar mens besef ook sy sien dit nie raak nie.

Die reeks is soos ’n mengsel tussen ’n verhaal en ’n dokumentêr.

Watter episode sou jy voorstel?

Dis ’n vervolgreeks wat in die regte volgorde geluister moet word – begin by die begin.

Wanneer of waar luister jy na podsendings?

Ek luister graag podsendings wanneer ek my huis skoonmaak – ek skakel die luidspreker van die foon aan en kan dan enigiets anders doen, anders as wanneer jy byvoorbeeld televisie kyk.

Cornél Dunn, leefstylredakteur

Watter podsending geniet jy? JUSTNOW Comedy op Cliff Central

Hoekom luister jy daarna?

Ek luister na The JUST NOW Comedy Podcast omdat dit my laat lag, al lyk dinge soms donker.

Dit kan ligsinnig klink, maar terwyl ek werk, put ek nuwe energie uit hierdie ligte oomblikke. Ek is keelvol vir negatiewe nuus en The Just Now Comedy Podcast bring verligting.

Watter episode sal jy vir lesers voorstel?

Almal van hulle!

Waar en wanneer luister jy na podsendings?

Ek luister graag daarna wanneer ek werk, want dit gee my energie.

Catherine Schenck, digitale redakteur

Watter podsending geniet jy? On Being, “Pursuing deep thinking, social courage, moral imagination and joy, to renew inner life, outer life, and life together”

Hoekom luister jy daarna?

Die joernalis Krista Tippett voer onderhoude met ’n verskeidenheid mense (van digters en dansers tot geloofsleiers en wetenskaplikes) om meer uit te vind oor hul begrip en siening van allerhande aspekte van menswees.

Dis vir my inspirerend om almal se menings te hoor en ek voel ek leer geweldig baie uit hierdie gesprekke; op ’n persoonlike vlak en ook in terme van kennis. Sodra ek een van hierdie gesprekke klaar geluister het, het ek omtrent ’n hele lysie vol dinge wat ek wil gaan navors!

Watter episode sal jy vir nuwelinge aanbeveel?

Ek sou almal aanraai!

Maar as ek regtig een moet kies, sal dit die episode wees waar Krista Tippett met die skrywer Luis Alberto Urrea gesels. Hulle praat oor grense – fisiese grense en dié wat ons tussen mekaar trek – hoekom ons dit doen en hoekom dit belangrik is om hierdie grense oor te steek.

Waar en wanneer luister jy na podsendings?

Wanneer ek kos maak en skottelgoed was (ek háát skottelgoed was) en wanneer ek ver ente ry – dit voel dan asof ek iets konstruktiefs met my tyd doen.

Salomé Delport, gesondheidsredakteur

Waarna luister jy? The Tim Ferriss Show

Hoekom luister jy daarna?

Tim Ferriss is briljant! Ek is so beïndruk deur die vrae wat hy vra.

Sy podcasts is taamlik lank – sowat ’n uur – maar ná elkeen het ’n mens soveel meer insig in die onderwerp, en jy voel asof jy die gas ook leer ken het.

Daar is so 200 tot 300 Tim Ferriss-podsendings – ek gaan nog lank lekker luister!

Watter episode sou jy vir lesers voorstel?

Sjoe, net een episode? Wat ek in hierdie stadium doen, is om op die letters van die alfabet af te gaan: ek tik in A en kyk wat kom op en kies dan een.

’n Mens moet ook maar krities luister – jy kan nie alles glo nie. Maar Tim Ferriss het die kuns bemeester om goeie vrae te stel, wat lei tot uitgebreide gesprekke, wat ten minste jou eie verwysingsraamwerk verbreed oor waarom mense sekere keuses maak, of suksesvol is, of wat ook al.

Waar en wanneer luister jy na podsendings?

Ek is nie goed met TV-kyk nie. Ek is nie een vir sepies en stories nie, en ek vind die dokumentêre programme op TV min of meer as algemene kennis, en daarby ongelooflik stadig.

Sonder TV het ’n mens baie meer vrye tyd – tyd wat ek vir beeldhou gebruik. Dit is dan ideaal vir podsendings, TED-praatjies en selfs YouTube se Documentary Channels.

Ek mik nog om podsendings op my selfoon af te laai en te luister terwyl ek bestuur. Aangesien ek van die huis af werk, is ek maar min op die pad.

Martie Pansegrouw, redakteur

My eerste blootstelling aan ’n podsending was op ’n lang oorsese vlug.

Ek het op die vermaakskermpie  afgekom op BBC Radio se Desert Island Disks en was meegevoer. Ek dink nie so iets sal plaaslik kan werk nie, bloot oor die tantieme wat op musiek betaalbaar is, maar dis fassinerend om te hoor waaroor die bekendes praat en wat die storie van die musiek is waarna hulle graag sal luister …

Plaaslik gaan soek ek op radiostasies se podsendings na interessante temas, veral om in te haal op programme wat ek misgeloop het by rsg en 702. Dit wissel van interessante onderhoude met bekendes tot spesifiek verbruikerskwessies.

Ek hou daarvan om oor skryf te lees/luister, en as jy daarin belangstel is daar te veel om te noem.

My gunsteling-podsending is The Beautiful Writers Podcast, en dit wissel tussen elke soort skrywer en skryfstyl waaraan jy kan dink.  Hierdie een oor Lee Childs is bv. een, maar jy kan kies en keur en dit word baie interessant aangebied.

Waar en wanneer luister jy graag na podsendings?

Die lekkerste luisterplek is in die kar terwyl ek ry, maar enige tyd wat jy êrens moet sit (of staan) en wag is ook ’n goeie tyd.

Mariette Snyman, senior spesialisjoernalis

Na watter tipe podcasts luister jy graag?

Ek luister graag na inspirerende podcasts terwyl ek regmaak om werk toe te gaan – of wanneer my uitkyk op die lewe ’n duik vat en ek dringend ’n positiewer instelling moet kry.

Die topverkoperskrywer en lewensafrigter Martha Beck doen dit vir my! Sy is slim, snaaks en veral wys.

Ek google sommer “Martha Beck podcasts” en kom af op podcasts soos hierdie drie

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.