kategorieë: GrimeringSkoonheid

Die top grimeervoorkomste by AFI 2020 modeweek wat jy ook kan kry

Die top grimeervoorkomste by AFI 2020 modeweek wat jy ook kan kry deur Justine Kroes. Hooffoto: Carl Holman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Raine Tauber van LMDA
Foto: Simon Denier

Internasionale grimeerkunstenaar en direkteur van talent by LMDA-agentskap vir kreatiewe talente, Raine Tauber, was die meesterbrein agter die unieke grimeervoorkomste by vanjaar se modeweek. Raine het meer as twee dekades se ervaring in die grimeer-industrie en het boonop by die beste geleer by mode-weke in Londen, Milaan en Parys, sy het ook al bekendes soos Gigi Hadid en Kaia Gerber se grimering gedoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons het by haar gaan uitvind wat nou witwarm is.

Lees ook: Ontleed jou vel soos ’n kenner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe beplan en konseptualiseer jy ’n unieke grimeer-voorkoms vir elke ontwerper by modeweek?

’n Paar weke voor die modeweek afskop deel die onderskeie ontwerpers elk hul inspirasie en die kleurskakerings vir hul reeks met my. Die ontwerpers sal soms uitwys dat hulle by een fokuspunt vir grimering wil hou soos byvoorbeeld die lippe of oë. Ek gebruik dan al die informasie en ontwerp ’n grimeervoorkoms wat op ligte sowel as donkerder modelle getoets word. Sommer op dieselfde dag wat ontwerpers aanpasafsprake met modelle het. Hierdie plan vereenvoudig die ontwerpproses omdat ek en die ontwerper die kleure en grimeeropsies saam kan sien en bespreek en aanpas soos nodig.

Lees ook: Hoe om self vinnige golwende krulle te kry

Wat is die vyf grootste grimeertrends vanaf die loopplanke wat maklik kan omskep word in ’n alledaagse voorkoms vir hierdie seisoen?

1 Kunstige kleur – Hierdie trend is prettig en maklik om te dra – vir ’n meer alledaagse voorkoms, wend helder skakerings aan die binnehoeke van jou oë en blend na buite.

Lees ook: Christi Panagio verklap haar skoonheidsgeheime

Michelle Ludek
Foto: Carl Holman

2 Skitterende grimering – Die liefde vir als wat sprankel en skitter is ver van verby! Ek glo sterk dat glinsterende grimering wat sprankel en blink gepas is vir enige geleentheid! Vir die wat nog nie oorreed is nie – probeer ’n neutrale skakering glinsterende omlyner (soos bruin) bo of onder jou oë vir ’n meer subtiele voorkoms.

Lees ook: Die mooiste style vir krulhare

Gavin Rajah
Foto: Simon Denier

Gavin Rajah
Foto: Simon Denier

3 Rooibruin lippe – Hierdie seisoen se aanslag tot rooi lippe is effens versag met bruin skakerings wat ’n baksteenrooi skakering skep. Nie alleen is hierdie skakering maklik om te dra nie maar dit pas by die meeste mense se veltoon.

Shana Morland
Foto: Carl Holman Die top grimeervoorkomste by AFI 2020 modeweek wat jy ook kan kry

Shana Morland
Foto: Carl Holman

4 Sensueel – vir hierdie voorkoms, dink aan die tagtigerjare se romantiese films met daardie wasige lens effek, grimering is versag deur byvoorbeeld die randjies van jou lipstiffie te “buffer” om dit te versag. Gebruik ’n poeier om jou grimeervoorkoms sag en mat te hou.

Lees ook: Chanelle de Jager se beste wenke vir krulhare

Foto: Carl Holman

5 Ink-agtig – Soos altyd is die swart oogomlyner weer gewild en ’n stapel-item in jou smuktas. Hierdie seisoen is die oogomlyner nie so glansend en sag nie maar het meer struktuur. Vir hierdie seisoen hou die lyne reguit (moet nie kante opwip soos in die verlede nie) en kombineer die lyn met poeier sodat die effek meer intens is. Wenke om hierdie seisoen se oogomlyner meer drabaar te maak, hou die lyne klein en baie naby aan jou wimperlyn.

Foto: Carl Holman

Noem drie moet-hê produkte waarsonder grimeerkunstenaars vanjaar by modeweek nie sou kon klaarkom nie?

  1. ’n Hidrerende gesigsproei – gehidreerde vel is altyd ’n moet. Fantasties vir voor en nadat jy grimering aanwend.
  2. Swart vloeibare oogomlyner – Met ’n swart vloeibare oogomlyner kan jy ’n tydlose voorkoms skep wat altyd stylvol sal bly. Ons gebruik dit op modelle om ’n klompie verskillende voorkomste te ontwerp.
  3. Baksteenrooi lipstiffie – Beslis die skakering van die seisoen wat op talle loopplanke regoor die wêreld verskyn het.

Lees ook: Drie grimeerkunstenaars se gunsteling-sakpasprodukte

Raine Tauber van LMDA
Foto: Simon Denier

Vir nog skoonheidswenke en nuus volg gerus assistent-skoonheidsredakteur  en stilis Justine Kroes  en skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé op Instagram @Stylvol.co.za of volg hulle Facebook blad Stylvol

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.