kategorieë: Ons menseBekendes

Die vreemdste voorkomste by die MET Gala!

Die vreemdste voorkomste by die MET Gala! deur Suzanne Kotzé, Corné Greeff, Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Rex / Shutterstock  / Greatstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }


'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Mode

Met elke MetGala wag die modewêreld angstig op die nuutste waaghalsige uitrustings en met ’n tema soos hierdie jaar, was daar vrye teuels.

Die tema, “Camp: Notes on Fashion” is geїnspireer deur ’n 1964-skryfstuk deur Susan Sontag wat “Camp” beskryf as ’n liefde vir die buitegewone – ’n oordrywing van kuns.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Camp-mode kan humoristies, ironies, nostalgies of net uiters waansinnig wees.


Flaminkvere

Rex / Shutterstock / Greatstock

Daar het talle tendense deurlopend regoor die tapyt kop uitgesteek, maar een van die grootste verskynsels hierdie jaar was skakerings van pienk en veretooisels. Gooi hierdie twee saam en jy kry die flaminkveer-verskynsel. Selfs groot ikone soos Anna Wintour en Naomi Campell het ook verwysings na hierdie tendens gehad.


Ruimtereisigers

Gigi Hadid Rex / Shutterstock / Greatstock

Is ’n buitengewone tema ooit werklik volledig sonder ’n verwysing na die ruimte?

Hierdie jaar is metaal en blink groot nuus op die modeloopplanke, beter bekend as die gepantserde voorkoms.

Hoewel Gigi Hadid se uitrusting meer na dié van ’n ruimtewese lyk, is daar duidelike ooreenkomste met beskermende drag, soos die valhelm en hoekige skouers.

Celine Dion betree weer die godin-geïnspireerde voorkoms deur Oscar de la Renta. Hierdie ontwerper het getwiet dat daar 52 borduurders vir meer as 3000 uur aan Celine se krale-uitrusting gewerk het.


Skoonheid

Bekendes was nie skaam om hulle self uit te druk by gisteraand se #MetGala nie. Kyk net al die  kreatiewe – en ook vreemde – voorkomste.


Woelige, welige wimpers

Sjoe, kyk net daardie wimpers! Lady Gaga is bekend daarvoor dat sy altyd vreemde en kreatiewe style dra as sy op die verhoog of rooi tapyt  verskyn. Al is dit mooi, lyk dit nogal ongemaklik …


Skitterend!

Sophie Turner lyk soos ’n godin met haar goue hare en donker oë! Die nathare-neiging is ’n groot tendens en lyk stylvol en klassiek.


Helder oogskadu

Dakota Johnson Rex / Shutterstock / Greatstock

Dakota Johnson se helder oogskadu beklemtoon haar pragtige oë!


Uitspattig

Cara Delevigne se versiering op haar kop en grimering is omtrent kreatief, veral die dat die lyn op haar gesig by haar rok pas!


Middelpaadjies

Kendall Jenner se meer natuurlike grimering en middelpaadjie is mooi eenvoudig en kompeteer glad nie met haar uitrusting nie!


Haarknippies

Sjoe, kyk net hoe mooi lyk Ashley Graham se hare! Die poniestert wat versier is met haarknippies is beslis stylvol.


Oogomlyner

Bella Hadid se nathare-voorkoms en kat-ooglyne lyk baie elegant en stylvol! Haar grimering is mooi natuurlik en die haar oogomlyner laat haar oë soveel groter lyk.

Cami Mendes se helder oogomlyner in die hoeke van haar oë pas perfek by haar geel rok en is kunstig en speels.


Die hoë bokstert

Ek hou baie van Hailey Bieber se voorkoms, die hoë bokstert wat afgerond word met die strikkie lyk so mooi! Haar grimering met haar glansende wange, wat amper nat lyk laat haar vel mooi gesond lyk.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 day Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.