kategorieë: WenkeSkoonheid

Skoonheid: Geskenk-idees vir Moedersdag

Skoonheid: Geskenk-idees vir Moedersdag Deur Corné Greeff. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hou ’n spa-bederf by die huis, neem haar na die salon of bederf haar met die geskenk wat sy nog altyd wou hê. Maak nie saak of dit iets groots of kleins is nie, dit is mos eintlik die gedagte wat tel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar idees oor hoe om daardie spesiale vrou in jou lewe te bederf.


R250 en minder

  1. Die Lush Thanks Bath Bomb Gift Set (R215) ruik na blomme en sal jou ma beslis laat ontspan. Tap sommer self vir haar ’n bad, sorg vir ’n glasie wyn daarby en ’n lekker boek waarmee sy kan ontspan terwyl sy week in blommegeur!
  2. ’n Lappiesmasker is altyd ’n oulike idee en die Payot Blue Techni Liss Weekend Mask (R139 beskikbaar by Dis-Chem) is perfek vir daardie mamma wat baie voor die rekenaar moet werk, aangesien dit jou vel teen blou lig beskerm.
  3. Jy kan ook vir haar met die Freeman Calming Lotus + Lavender Sheet Mask (R49) bederf, perfek vir daardie spa-bederf by die huis.
  4. Maak seker haar naels lyk mooi met Mavala se Mini Nail Colours (R87 beskikbaar by Clicks, Dis-Chem)
  5. TheraVine AromaVine Frangipani & Jasmine Massage Candle (R228) is gemaak van natuurlike produkte en plantekstrakte wat help om die vel te bevogtig en te voed. Die romantiese aroma van jasmyn en frangipani sal help om haar te laat ontspan.
  6. Die Mineraline Silk Touch Hand Cream (R75) sal help dat haar hande mooi sag bly!
  7. Die Skin Republic Hand Repair (R48 beskikbaar by Clicks, Dis-Chem en Takealot) is ’n masker vir jou hande wat jy aantrek soos ’n handskoen.
  8. The Body Shop Cactus Blossom Shower Gel (R110 beperkte uitgawe) se reuk sal jou laat voel of jy onder ’n eksoties-gegeurde waterval staan. Met bestanddele soos heuning uit Ethiopië en ekstrakte van Marokkaanse Kaktusblom sal dit beslis haar dag opkikker.

Lees ook: Hou ’n doen-dit-self-pamperlangdag


Onder R500

  1. As jou ma van die see hou, is die Cape Island Clifton Beach Candle (R320) die perfekte geskenk.
  2. Kies goud met die Inoar Kálice Multi-Functional Mask (R400). Jy kan dit gebruik as ’n opknapper (los dit in vir 5 min) of masker (los dit aan vir 20 min) vir jou hare.
  3. Vir die ma wat altyd besig is en moeg is, is die Eau Thermale Avène PhysioLIFT Eye Cream   (R399,95) dalk ’n oulike geskenk, want dit help om die voorkoms van donker kringe en sakke onder die oë te verminder.
  4. Spalicious Mandarin & Sandalwood Self Heating Sugar Scrub (R456 vir 350 ml) sal help vir ’n broodnodige detoks van jou vel.
  5. Miselwater speel in ’n kits klaar met vuilheid en olies en is beslis ’n staatmaker in skoonheidskringe, daarom is die Six Sensational Skincare MICELLAR CLEANSING WATER (R342 vir 150 ml) ’n oulike geskenkidee.
  6. Clarins se Joli Rouge Velvet Lipstick (R365) is beskikbaar in 10 skakerings en al het dit ’n mat-voorkoms laat dit die lippe so sag soos satyn, aangesien dit die lippe bevogtig. Elke vrou moet ’n goeie lipstiffie in haar handsak hê!
  7. REN Clean Skincare Now to Sleep Pillow Spray (R385) bevat wierook en laventel en sal jou beslis help om beter te slaap. Jy spuit daarvan op jou kussing voordat jy gaan slaap.
  8. Die NUXE Huile Prodigieuse Multi-Purpose Dry Oil (R495 beskikbaar by uitgesoekte Woolworths, Truworths & Edgars-winkels) kan gebruik word op jou lyf, hare en gesig. Die olie is gemaak uit plantekstrakte en bevogtig en herstel.

Lees ook: Maak die heerlikste voetbad en -poeier met kruie uit jou tuin


Onder R750

  1. Vir die mammas wat hou van organiese produkte is die Skin Creamery Essentials Bag (R695) ’n moet-hê! Dit bevat die volgende; Oil-Milk Cleanser (50ml), Facial Hydrating Oil (30ml), The Everyday Cream (50ml), Roll-up Hemp Cosmetics Bag, Reusable Face Wipe.
  2. Urban Decay Naked Reloaded Palette (R695) vir die grimeerliefhebber! Die palet bevat 12 natuurlike skakerings oogskadu, perfek vir oud en jonk.
  3. Clarins Tonic Body Treatment Oil (R590) bevat aromatiese roosmaryn, kruisement, rooshout en malva. Dit bevogtig die vel en help ook om die voorkoms van rekmerke te verminder. Dit is ’n baie oulike geskenk vir enige mamma wat dalk swanger is!
  4. Elizabeth Arden White Tea Eau de Toilette Spray (R695 vir 50ml en R575 vir 30ml) het ’n sagte, vars, soet blommegeur, met note van lelies en hout.
  5. YSL Touche Éclat All-In-One Glow Tinted Moisturizer (R720) dien as ’n bevogtiger, maar gee ook goeie dekking.
  6. Die Cacharel Yes I am Eau de Parfum (R750 vir 30ml) se ontwerp wat soos ’n lipstiffie lyk is dalk ’n oulike idee vir ma wat ’n stylikoon is. Die geur is ’n kombinasie van jasmyn, gemmer, framboos en speserye.
  7. Bulgari Omnia Pink Sapphire EDT (R740 vir 25ml) het ’n feestelike geur van eksotiese blomme, sitrus en vanielje. Perfek vir die romantiese dromer!
  8. Die Mademoiselle Rochas EDT (R710 vir 30ml) laat my dink aan Parys en het ’n vars vrugtegeur. Perfek vir die ma wat droom oor reis.

Lees ook: Mode-geskenke vir jou ma


Luukse bederf

  1. Die Africology Gift set (R1 635) is ’n oulike ontspan-pakkie! Dit bevat die Relaxing Oil (R450), Intense Night Hydration (R695) en die Heart Chakra Candle (R490).
  2. Die CHANEL Coco Mademoiselle EDP Intense (R2 570 vir 100ml) fyngeur bestaan uit boonste note van patsjoelie, lemoen en bergamot en hartnote van roos en jasmyn. Klassiek en stylvol!
  3. ghd air® hairdryer (R2 200) vir die besige vrou, met hul gevorderde tegnologie wat sal help om jou hare vinniger droog te blaas en te help om daardie salonvoorkoms te skep!
  4. Giorgio Armani Sì Eau De Parfum Fiori (R1 590 vir 50ml) sal beslis enige ma se hart sag maak! Hierdie fyngeur het basisnote van muskus en vanielje, braambessies, sitrus en chypre-blomme.
  5. Indien jy in die Sandton-omgewing is, kan jy vir haar ’n Spa-bederf bespreek by die SPA at Sandton Sun. Hulle het ’n Moedersdag-pakket (R1 150 per persoon) wat vir haar 90 minute van ontspanning sal waarborg, wat ’n gesigbehandeling, massering en ’n geskenk insluit.
  6. “Moenie my ’n dame noem nie, noem my ’n koningin,” is die slagspreuk van die Paco Rabanne Pure XS EDP Parfum For Her (R1 350 vir 50ml en R1 720 vir 80ml). ’n Uitdagende Oosterse blommegeur met ongewone geurkombinasies (note van ilang-ilang, springmielies en sandelhout).

Lees ook: Bak die oulikste koekiekaartjies vir Moedersdag

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff
Tags: mother's day

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.