kategorieë: Video'sOntspanning

Die wêreld rou saam oor die ikoniese Notre Dame-katedraal

Die wêreld rou saam oor die ikoniese Notre Dame-katedraal Deur Zoë Salzwedel. Foto’s: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dié ou argitektoniese skat is een van die gewildste toeriste-aantreklikhede op die planeet met ’n beraamde 13 miljoen besoekers per jaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Notre-Dame katedraal in Parys is ’n Katolieke kerk wat duisende aanbidders van regoor die wêreld lok, en staan bekend as “Our Lady of Paris”.

Dit was al ryk inspirasie vir skrywers soos Victor Hugo, en word beskou as een van die mees kultureel betekenisvolle en onmiddellik herkenbare geboue op die planeet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Brandbestryders het daarin geslaag om die 850-jarige Gotiese gebou se hoofsteenstruktuur en twee torings te red, maar die toringspits en dak het ineengestort.

Die Notre-Dame katedraal het vir ’n beraamde nege uur gebrand voordat die brand “onder beheer” verklaar is.

Die oorsaak van dié hartverskeurende brand is nog nie duidelik nie, maar amptenare sê dat dit moontlik gekoppel kan word aan uitgebreide opknappingswerk wat reeds aan die gang was.

Wat het gebeur?

Die vuur het omstreeks 18:30 begin brand, en het vinnig die dak van die katedraal bereik. Die vlamme het die ikoniese vensters van gebrandskilderde glas en die houtbinneste verwoes voordat dit die toringspits bereik en ook in vlamme laat ontbrand het.

Vrese het begin groei dat die katedraal se beroemde torings ook deur die vlamme vernietig sou word. Maar terwyl ’n aantal brande in die torings begin het, het die Franse minister van binnelandse sake, Laurent Nuñez, gesê dat hulle suksesvol geblus is voordat hulle kon versprei.

Teen Dinsdag, 16 April 2019, in die vroeë oggendure is die brand onder beheer verklaar, hoewel dit na verwagting ’n paar dae sal neem om heeltemal uit te doof.

Wat is die skade?

BBC News het berig dat ondersoekspanne reeds begin het om die omvang van die skade te assesseer. Die katedraal se swartgebrande klipmure en verkoolde steierwerk is vir die eerste keer aan toeskouers getoon.

Volgens die brandweer-woordvoerder, Lt-Kol Gabriel Plus, is die hele dak verwoes, het ’n deel van die kluis in duie gestort, en is die toringspits in stukke gelaat.

Polisiebeamptes sal ook die spanne werkers wat betrokke was by die opknappingswerk toe die brand ontstaan het, ondervra.

Laurent Nuñez het gesê dat die onmiddellike gevaar onder beheer was, maar dat dit onbekend is tot watter mate die vuur die struktuur van die Gotiese gebou kon verswak het. Laurent het bygevoeg dat ’n deel van die kluis en die plafon in duie gestort het, maar dat die hoofstruktuur behoue gebly het. Vir die 400 brandbestryders wat die vlamme onder beheer moes bring, was die hoofprioriteit om te verhoed dat die woedende vlamme die twee Gotiese torings of die kloktoring bereik.

Behalwe vir die skade wat deur die hitte veroorsaak is – wat brandbestryders sê op tye meer as 800°C bereik het – moet kundiges ook die skade beoordeel wat aangerig is deur die groot hoeveelhede water wat moes gebruik word om die brand te blus

So sorry notre dame ?#NotreDame #NotreDameFire #NotreDameCathedral #NotreDamedeParis #NotreDameCathedralFire pic.twitter.com/iraTyXiNX6

Wat gaan volgende gebeur?

Emmanuel Macron, die Franse president, was Maandagaand self op die toneel van die brand, en het belowe dat ’n onmiddellike fondsinsamelingsveldtog geloods sal word asook ’n beroep gedoen word op internasionale kundiges om die Notre-Dame te help herbou.

Twee van dié land se rykste magnate, François-Henri Pinault en Bernard Arnault, het beide miljoene aan die fonds belowe. François-Henri Pinault, hoof van die luukse Kering-groep, wat mode-etikette soos Saint Laurent, Alexander McQueen en Gucci insluit, het onmiddellik 100 miljoen euro van sy gesin se fortuin belowe. Kort daarna het Bernard Arnault, eienaar van die Louis Vuitton Moët Hennessy-groep, op sy beurt verklaar dat hy 200 miljoen euro sal skenk.

Intussen rou die wêreld saam oor dié hartverskeurende gebeurtenis:

Tonight, the city of Paris, TN lit their replica Eiffel Tower in red, white & blue: Showing support for France after the devastating fire at the iconic #NotreDameCathedral @FOXNashville pic.twitter.com/o0GXWL7qOY

“Tonight we light San Francisco’s City Hall in solidarity with Mayor @Anne_Hidalgo and all Parisians.”– @LondonBreed #NotreDameCathedral pic.twitter.com/3GpQqCByxM

Our thoughts are with people in Paris and across France tonight – what a tragedy to see the magnificent and iconic #NotreDameCathedral in flames, collapsing in public view. ?????? pic.twitter.com/qLa8Xts8ff

As Paris grapples with such heartbreaking loss, the colors of France will shine brightly at MKE tonight. #notredamecathedral pic.twitter.com/oEUBXFlYid

Screams can be heard from the crowd as the #NotreDameCathedral‘s spire falls. https://t.co/K9nBC67LGr pic.twitter.com/2sPhLfaePf

Thinking about and praying for the people of France as they experience the burning of a national pride and global icon, the #NotreDameCathedral in Paris. The timing which coincides with the Easter time compounds the pain pic.twitter.com/jGLLUuWu4d

So sad… I was just at #NotreDame yesterday for #PalmSunday. I can’t believe I saw this magnificent piece of history standing as we knew it less than 24 hours before it burned down. People here in London are emotional, in shock and disbelief. #NotreDameCathedral #Paris pic.twitter.com/A9ntW3hHnJ

Such evocative imagery. So sad to lose an 850 year-old piece of world architectural history. #NotreDameCathedral pic.twitter.com/ScTpBQPR62

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.