kategorieë: Bekendes

Die winter is hier: 11 interessante feite oor Game of Thrones

Die winter is hier: 11 interessante feite oor Game of ThronesDeur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Verskaf deur DSTV

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Oukei, so jy het nou reeds ons artikel oor alles wat jy van Game of Thrones moet weet gelees, maar voel steeds dat die ure tot by die GoT-première eenvoudig net nie minder word nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Elke familievete, opoffering en dood was alles vir die troon – #ForTheThrone. Elke liefdesdrama, intense geveg en risiko was deel van die groter prentjie. Elke bietjie verraad, alliansie en geveg het gelei tot hier…

En nou breek die tyd uiteindelik aan vir die asemrowende ontknoping in die epiese wêreldwye première van die finale van dié gewilde reeks wat uit ses episodes bestaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons het 11 interessante feite oor Game of Thrones gaan soek om vir jou te help om die tyd te verdryf:

Let wel: Spoiler waarskuwing vir alle episodes wat reeds uitgesaai is!

1. Die uitgesaaide loodsprogram was nie die enigste een nie!

Die eerste loods-episode (met die Spotlight-regisseur Tom McCarthy in die regisseurstoel) was blykbaar so swak dat hulle dit nie uitgesaai het nie en weer verfilm het.

2. Die rol van Catelyn Stark en Daenerys Targaryen is oorspronklik deur ander akteurs vertolk

In die oorspronklike loods-episode is Catelyn Stark en Daenerys Targaryen onderskeidelik deur Jennifer Ehle en Tamzin Merchant gespeel. Maar teen die tyd wat die eerste episode uitgesaai is, is hulle deur Michelle Fairly en Emilia Clarke vervang.

Lees ook: Emilia Clarke oorleef lewensbedreigende brein-aneurismes

3. George R.R. Martin het ’n kameerol in die oorspronklike loods-episode gehad

Die skrywer van die Game of Thrones-boeke, George R.R. Martin, het ’n kameerol in die oorspronklike loodsprogram gehad as ’n gas by Daenerys en Khal Drogo se troue, maar nadat die akteur wat die rol Daenerys vertolk vervang is met ’n ander een, moes dié toneel helaas ook geskrap word.

4. Emilia Clarke het al weens baie vals bloed aan die toilet vasgeplak!

Emilia Clarke het in ’n onderhoud op Jimmy Kimmel se geselsprogram erken dat sy tydens die verfilming van die toneel in die eerste seisoen waar Daenerys Targaryen ’n perdehart moes eet met soveel klewerige vals bloed bedek is, dat sy tydens haar besoek aan die toilet daaraan vasgesit het!

5. Kit Harrington (wat die rol van Jon Snow vertolk) het by sy oudisie opgedaag met ’n blou-oog

Die aand voor sy oudisie vir Game of Thrones het Kit Harrington en ’n meisie met wie hy op daardie punt uitgegaan het, by McDonald’s gaan eet. Omdat die McDonald’s baie vol was, het Kit en sy meisie sommer ’n tafel met ’n ander paartjie (wat hulle nie ken het nie) gedeel.

Kort nadat hulle begin eet het, het die man oorkant hulle onbeskofte dinge oor Kit se metgesel begin sê. Ongelukkig het Kit eers nadat hy opgestaan het om dié ongeskikte vreemdeling aan te vat besef hoe lank en groot sy teenstaander sou wees.

Om ’n lang storie kort te maak, Kit is daardie aand huis toe met ’n groot kopseer en ’n blou-oog, maar hy glo dat sy beskadigde gesig deel is van hoekom hy aanvanklik die rol gekry het.

6. Sophie Turner het vir Lady aangeneem

Sophie Turner – wat die rol van Sansa Stark vertolk – het vir Zunni, die hond wat haar troetelwolf in die eerste seisoen gespeel het, aangeneem. Sy vertel dat sy nog altyd as klein dogtertjie ’n hond wou hê, maar dat haar ouers dit nie wou toelaat nie.

“Ek het op stel verlief geraak op my karakter se troetelwolf, Lady. En nadat Lady in Game of Thrones dood is, wou hulle haar hervestig, maar my ma het hulle oorreed om ons toe te laat om haar aan te neem.”

Ongelukkig is Zunni in 2017 dood.

7. Dothraki is werklik ’n taal!

In 2014 het Living Language ’n taalkursus vrygestel waarop jy binne weke kan leer hoe om soos Khal Drogo te praat. Die kursus is vervaardig deur die taalkundige David J. Peterson, wat saam met HBO gewerk het om die Dothraki te skep wat ons vandag op die program hoor.

8. Baie van die karakters wat dood is in die reeks, is steeds lewendig in die boeke

Meer as net ’n handjievol van die karakters wat reeds op die program dood is, is steeds lewendig in R.R. Martin se boeke. Van dié karakters sluit in: Shireen en Stannis Baratheon, die Night’s Watch se Pyp en Grenn, Barristan Selmy, Myrcella Baratheon, en Mance Rayder.

9. Dit het meer as $10 miljoen per episode gekos om die sesde seisoen te verfilm

Game of Thrones is ’n duur produksie, en jy kan elke sent wat bestee word beslis op die skerm sien – veral gedurende die sesde seisoen. Die verslaggewer, James Hibberd, het in Entertainment Weekly geskryf: “Op die stadium kos die reeks meer as $10 miljoen per episode, maar jy sien nie dat HBO daaroor klagtes het nie.”

Tech Insider het genoem dat dit ’n reuse sprong is sedert die tweede seisoen toe die vervaardigers verklap het dat hulle HBO moes smeek vir ʼn ekstra $2 miljoen om die “Battle of Blackwater” te verfilm – wat op daardie stadium die prys van die episode tot $8 miljoen opgestoot het.

Met die verloop van tyd het die reeks gegroei en meer geld, werk en insette vereis. Byvoorbeeld, die vyfde seisoen van GoT is in 5 lande op 151 stelle verfilm deur filmspanne van meer as 1 000 mense in totaal. Dit het 240 dae geduur, en 166 akteurs en meer as 5 000 ekstras was deel van die produksie.

10. Peter Dinklage was die enigste akteur wat vir Tyrion oorweeg is

Toe hulle oorspronklik begin het met die reeks het, het George R.R. Martin gesê dat daar slegs twee rolle was waaroor hy en die vervaardigers onmiddellik saamgestem het: Peter Dinklage vir Tyrion Lannister en Sean Bean vir Ned Stark. Martin het gesê dat hulle nooit iemand anders vir Tyrion ingedagte gehad het as Peter Dinklage nie – en gelukkig het niemand anders vir die rol ’n oudisie afgelê nie.

Maar, Peter het oorspronklik amper die rol geweier omdat dit in die fantasie-genre is. Peter Dinklage het in ’n Reddit AMA verduidelik: “Ek was onseker oor die rol om een rede: die fantasie-genre. Ek het vir hulle gesê dat ek nie ’n lang baard en puntskoene wil hê nie, en hulle het my verseker dat my karakter en dié fantasie-wêreld nie so sou wees nie. Hulle het my van my karakter se kompleksiteit vertel, die feit dat hy nie ’n held óf ’n skurk was nie, dat hy ’n rokjagter en ’n drinker was. Hulle het ’n gebrekkige maar pragtige idee van hom geskep en daarom het ek ingestem op Tyrion te speel.”

via GIPHY

11. George R.R. Martin het ’n draakeier as ’n trougeskenk gekry

Alhoewel George se kameerol in die oorspronklike loods-episode van die reeks nooit die lig gesien het nie, het hy darem met ’n groot trougeskenk weggestap…

Volgens BuzzFeed het die ontwerper van die draakeiers wat Daenerys vir haar troue gekry het, een van hulle vir Martin gegee toe hy in 2011 met Paris McBride getrou het.

Waar kan ek die finale seisoen van Game of Thrones kyk?

Volg die agste seisoen op M-Net (Kanaal 101 op DSTV)

  • Episode 1: Maandag, 15 April om 03:00 of in prime time om 22:00  (Geskatte lengte van episode: 0:54)
  • Episode 2: Maandag, 22 April om 03:00 of in prime time om 22:00 (Geskatte lengte van episode: 0:58)
  • Episode 3: Maandag, 29 April om 03:00 of in prime time om 22:00 (Geskatte lengte van episode: 1:22)
  • Episode 4: Maandag, 6 Mei om 03:00 of in prime time om 22:00 (Geskatte lengte van episode: 1:18)
  • Episode 5: Maandag, 13 Mei om 03:00 of in prime time om 22:00 (Geskatte lengte van episode: 1:20)
  • Episode 6: Maandag, 20 Mei om 03:00 of in prime time om 22:00 (Geskatte lengte van episode: 1:20)

Ek het die sewende seisoen gemis, waar kan ek dit opvang?

Al sewe die seisoene van Game of Thrones is beskikbaar op Showmax. En die nuwe seisoen sal ook daarby aanvul.

via GIPHY

Van King’s Landing tot by Dorne, en die verre noordelike grense tot by Winterfell, berei die sewe koninkryke voor vir oorlog.

Hoe ver sal jy gaan #ForTheThrone?

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.