kategorieë: LeesOntspanning

Vlam: Hoofstuk 10: Los Lippies

Vlam: Hoofstuk 10: Los Lippies deur Martie Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hierdie is hoofstuk 10 van ons vervolgverhaal, Vlam. Klik hier om die vorige hoofstukke te lees:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Inleiding

Hoofstuk 1

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoofstuk 2

Hoofstuk 3

Hoofstuk 4

Hoofstuk 5

Hoofstuk 6

Hoofstuk 7

Hoofstuk 8

Hoofstuk 9

Vlam: Hoofstuk 10: Los Lippies

Daar is net een lid van die Clivia-span wat Niekie vanuit ’n snobistiese hoogte bekyk. Suzanne Dreyer, die nuwe assistent-redakteur, is ’n intens stylvolle vrou wat  sweerlik op ’n myl kan ruik dat Niekie se hele klerekas by die China-shops en Pep-boetiek gekoop word.

Sy maak geen geheim daarvan dat sy dié koerant-joernalis as ver benede haar status beskou nie.

Die res van die span, het Niekie na ’n paar stukke tjoklitkoek en ’n liter tee gevind, is normale joernaliste soos die koerantmense.

Laasgenoemde ontdekking het haar sinisme oor die trippie Kaap toe bietjie op sy plek gesit. Onder die stylvolle klere en grimering is hulle lekker girls wat hou van koek en sappige brokkies oor wat in die gange van Mediahuis aangaan.

Ondanks die vriendeliker sy wat sy van Claudia ervaar, is sy egter steeds versigtig vir Pieta se eks. Claudia is connected tot die hoër vloere van Mediahuis en daarvoor trap sy fyn. Daar, op die dik tapyte van die 20ste, vloer kan ’n mens se loopbaan gemaak of gebreek word, en Niekie weet goed waar haar brood gebotter is. Mediahuis is die enigste mediagroep in die land wat nog waaghalsig genoeg is om joernaliste na oorlogsones te stuur, en dit is hoekom Niekie vasbyt ondanks al die voorskriftelike neigings van die maatskappy.

Dis Suzanne wat aan Claudia se sy inskuif by die pizza-restaurant en dit laat Niekie se hart in haar skoene sak. Dit gaan ’n aand vir baie wyn wees, besef sy. Dit is al hoe sy gaan oorleef.

Soos te wagte, trek Suzanne haar neus op vir die wynlys. Dit neem nie lank voor Niekie besef die stylsnob is nie ’n gewillige metgesel vir die aand nie. Hoewel sy haar bes probeer om haar fyn handjie stewig om Claudia se spreekwoordelike blaas te hou, is dit duidelik dat sy ’n ander agenda het.

Dis nou as Niekie haar waarnemingsvermoë reg interpreteer. Verbeel sy haar of strek Suzanne se ambisie tot by die redakteurskap van Clivia? Niekie is dankbaar vir die lekker afleiding wat haar waarneming besorg. Dalk gaan dit nog ’n interessante aand word! Sy sal graag wil uitvind wat aan die gang is in die duidelike magspel tussen Claudia en die vrou wat lyk of sy ’n strykstok in haar jis vasknyp.

Claudia steur haar min aan die snob se voorkeure en bestel ’n paar flesse Sangria vir die tafel.

Suzanne bekyk die onbeskofte dik ordinêre kombuisglase versigtig. Sy probeer fyn slukkies tussen die vrugte deur neem. Sy tuit haar lippies na die rant van die glas om te keer dat die goedkoop wyn haar lipstif besmet.

Na die eerste glasie Sangria beskou Niekie die stywe vrou oorkant haar as ’n uitdaging.

Cheers,” sê sy kort-kort moedswillig in die koers van Claudia en haar onwillige metgesel. Niekie klink slinks eerste Claudia se glas en daarna die van Suzanne. Sy weet laasgenoemde sal nie ’n keuse hê om saam te klink en sluk nie.

Hoe later, hoe kwater, soos Niekie se pa sou sê. Hoe meer besmet Suzanne se Dior-lipstif raak, hoe losser raak haar tong. Niekie besef gou die kompetisie tussen die twee vroue oorkant haar skuil op die twintigste vloer van Mediahuis.

“Hoe het jou vergadering etenstyd met Gustaf Momsen afgeloop, Suzanne?” vra Claudia uit die bloute.

Die skok op Suzanne se gesig laat Niekie besef die vergadering was eintlik ’n geheim.

“Eee … watter vergadering?” Selfs die invloed van vele Botox-inspuitings kan nie die frons tussen die vrou se perfekte wenkbroue keer nie.

“Ja, ek het gehoor julle twee vergader gereeld?” Claudia se snedige stemtoon spreek boekdele en Niekie sit behaaglik agteroor. Sy het onlangs ’n gerug deur die lewensare van Mediahuis gehoor oor die direkteur se dwalende oog en hier tussen die slukkies Sangria ontvou ’n storie wat lekker sappig kan raak.

“Ek het geen idee waarvan jy praat nie, Claudia,” kom dit van ’n duidelik ontsenude Suzanne.

Cheers!” sê Niekie weer moedswillig en sy sien duidelik hoe Claudia ongemerk vir haar probeer knipoog. Sy geniet dié moedswillige spel …

“Wat is nou eintlike rol in my make over, Suzanne?” vra Niekie na nog ’n “Cheers.

Die vraag laat Suzanne ’n paar groot slukke Sangria neem. In die proses beland van die sappige vrugte in haar mond en sy kou vervaard om daarvan ontslae te raak.

“O, Suzanne is in opdrag van die direksie hier. Nè, Suzanne?” snip Claudia terwyl Suzanne nog kou.

Sy lag liefies in Suzanne se koers. “Is mos so? Suzanne? Jy is mos hier om my in toom te hou? Ek is mos te rebels vir die 20ste vloer?”

Die aand raak al hoe lekkerder vir Niekie. Hier is ’n heerlike verwikkeling. Iewers agter die skerms is daar ’n groot magspel agter die skerms. En haar trippie Cannes toe, is die verhoog waarop die twee stylvolle vroue mekaar gaan pak.

Om Suzanne Dryer ’n pizza te sien eet, is pryslose vermaak. Sy dring aanvanklik daarop aan om dit met ’n mes en vurk te eet, maar die uitdagende manier waarop Claudia hare met die hand verorber, spreek tot die kompeterende stryd tussen hulle.

Na die knipoog is daar ’n nuwe band tussen Niekie en Claudia en Suzanne is hulle gesamentlike teiken.

“Ek het Gustaf nog altyd smeulend aantreklik gevind. Dink jy nie hy het ’n charismatiese sjarme nie, Suzanne?”

Claudia is moedswillig en die gefermenteerde vrugte maak Suzanne se lippies losser. Sy lag stout.

“Smeulend …”

Suzanne het Claudia se lokaas met haar Dior-lippies gesluk!

Niekie weet nou dat haar nuwe bondgenoot Suzanne wil uitlok sodat sy brokkies kan kry om die gerugte oor Gustaf en Suzanne se affair te probeer staaf.

Tussen die glase Sangria ontplooi ’n stylvolle wedywering om die hoekkantoor by Clivia! En Niekie weet aan wie se kant sy is!

Tussen haar, Claudia en die gefermenteerde Sangria-vrugte verslap die strykstok in Suzanne se rug. Sy vertel hoe aaklig Gustaf se vrou met hom is en dat sy die arme vername man nie verstaan nie.

“Hy smag so na aandag,” onthul sy.

Claudia zoom in.

“Foeitog, en hy lyk na so ’n gawe man.”

Suzanne vermurwe onder die druk van die Sangria.

“Ja, hy is dierbaar en sjarmant. ’n Regte ou liefie.”

Claudia se oë glinster van oorwinning.

“Ek hoor hy was so hoflik teenoor jou by die beraad in Dubai?”

’n Vlaag Sangria het Suzanne se damwal gebreek. Die gerugte van die affair word al hoe meer werklikheid en elke keer as Suzanne besef sy praat nou te veel, probeer sy haar strykstok-lyfie weer regop kry.

“Haai julle! Ek wil darem nie my vriendskap met Gustaf misbruik nie. Hy is net ’n baie goeie vriend.”

En dis net waar Claudia haar glas weer lig en vir Niekie knipoog.

“Ons drink op baie goeie vriende!”

As jy hierdie vervolgverhaal geniet, en nie kan wag tot volgende week om die nuwe hoofstuk te lees nie, kan jy solank ons ouer vervolgverhale lees! Klik hier.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.