kategorieë: Leef gesondGesondheid

Is ek regtig allergies vir vlooibyt?

Is ek regtig allergies vir vlooibyt? Salomé Delport. Hooffoto: iStock/olikim

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Vlooibyt-allergie is veel erger as ’n rooi knoppie wat net jeuk, vertel prof. Claudia Gray, van die Rooikruis- en Vincent Palotti hospitale in die Kaap. Sy is n allergiespesialis en pediater.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Help! Ek het ’n regte vlooibyt-allergie

rooi rose-leser Mercia Smit Lefleur vra:

Ek soek raad vir ’n allergie wat deur vlooie veroorsaak word.

Prof. Claudia Gray antwoord

So ’n erge reaksie op ’n vlooibyt word papulêre urtikarie genoem. Jy kan ook papulêre urtikarie ontwikkel van byte deur enige ander insek, soos muskiete.

Dit is nie ’n klassieke allergie, soos ekseem of asma nie. Maar dit is baie ongemaklik en baie erger as die gewone rooi, jeukende knoppie wat by die meeste mense ontwikkel en gewoonlik vanself binne ’n dag of wat verdwyn.

Mense met papulêre urtikarie ontwikkel tipies blasies rondom die vlooibyt. (‘Papule’ beteken ‘blasie’). Party reageer baie erger as ander, en kan na selfs net een of twee vlooibyte oortrek raak met blasies wat ongelooflik erg jeuk. Die blasies kan selfs met waterpokkies verwar word.

Net soos met enige ander urtikarie, ontstaan dit weens ’n stortvloed van histamiene, wat jou liggaam afskei as deel van sy inflammatoriese reaksie op ’n gebeurtenis soos ’n vlooibyt.

Die groot probleem is dat mense krap. Dit veroorsaak velinfeksies wat selfs meer jeuk. So ’n infeksie kan lank neem om te herstel en kan boonop permanente letsels agterlaat.

Lees ook: Wat jy moet weet oor die afskuwelike mangowurm

Raad vir ’n vlooibyt- ‘allergie’

  1. Jy moet insekbyte sover as moontlik vermy.
  2. Hou jou omgewing insekvry met insekweerders.
  3. Maak seker jul troeteldiere word gereeld ontvlooi.
  4. As jy gebyt is en ’n uitslag begin vorm, drink dadelik antihistamiene om die histamienstortvloed teen te werk.
  5. Kalmeer jou jeukende vel. Gebruik ’n strelende room soos kalamienroom.  Jy kan ook ’n verdunde of laekonsentrasie kortisoonroom aanwend tot die blasies verdwyn.
  6. Moenie krap nie! Dra handskoene of kousies oor jou hande om te keer dat jy snags krap terwyl jy slaap.

Ons het nog met prof. Gray gesels oor allergieë. Lees ons ander artikels:

Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur ’n seekos-allergie, vis-parasiete of ’n histamienreaksie?

Is die langtermyn-gebruik van antihistamiene veilig?

Lipswelsels: Net irriterend, of lewensgevaarlik?

Wat almal moet weet oor sinusallergie, stofmyte, die toetse en medikasie daarvoor, en hoe om dit te bestuur

Allergies vir stofmyte? 14 plekke waar hulle in jou huis skuil

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.