kategorieë: Ons menseBekendes

Het jy geweet? rooi rose is 77 jaar oud!

Het jy geweet? rooi rose is 77 jaar oud! saamgestel deur Catherine Schenck. Oorspronklike artikel deur Elsa Kruger. Produksie deur: Hannelie Diedericks, Suzanne Venter, Lesley Whitby, Karen van Wyngaard, Cornel Dunn, Lovia Delport.  Hooffoto: Leana Clunies-Ross en Johan Wilke (bygestaan deur Bernard Bruwer).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1942 tot nou …

Met ons 70ste verjaardag in 2012 het ons ’n voorbladfotosessie met van ons land se top-talent gehad, waar elke glansvrou ’n ander dekade, van die 1940’s tot die 2000’s, voorgestel het.

Ons het teruggekyk oor die jare en ons voorbladvroue het elkeen ’n spesiale boodskap vir rooi rose gehad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Ons kyk terug oor sewe dekades met rooi rose

Me. 40’s: Anna-Mart van der Merwe

Foto: Johan Wilke

Lank lewe rooi rose!
“Die veertigerjare is sinoniem met die Tweede Wêreldoorlog. Dat rooi rose in hierdie tydperk gebore is, spreek van die tydskrif se onstuitbare gees. Lank lewe!”
– Anna-Mart van der Merwe

Me. 50’s: Elma Postma

Foto: Leana Clunies-Ross

rooi rose rock!
“Sewentig! Allamapstieks! Mag jy net so deurwinter en tydloos soos die meeste van Elvis se liedjies word! Baie geluk met jou verjaardag – moet nooit ophou rock ‘n roll nie, en hou altyd aan om ons uit te daag met jou warm blaaie en uitdagende en tydlose elegansie!”
– Elma Postma

“A woman has the age she deserves” – Coco Chanel

Me. 60’s: Nadia Valvekens

Foto: Leana Clunies-Ross

rooi rose, jy sprankel!
rooi rose, as jy ’n mens-vriendin was, het ek vir jou op jou sewentigste verjaardag ’n diskobal gegee om in jou sitkamer op te hang – en elke keer wanneer jy dink die ouderdom is ’n booswig, sou jy kon opkyk en onthou dat daar tog sprankel is waar ’n mens dit die minste verwag – nét soos jy. Dankie vir die afgelope 70 jaar!”
– Nadia Valvekens

Me. 70’s: Jo-Ann Strauss

Foto: Johan Wilke

Baie dankie!
“Om ’n voorblad te deel met ikone soos Karin Berman, Anna-Mart van der Merwe en Minki van der Westhuizen is so ’n groot voorreg – en dan is dit boonop rooi rose se groot verjaardaguitgawe. Sjoe! Dis omtrent ’n verjaardagpresent vir my. Voor ek kon lees, het ek deur my ma se rooi roses geblaai en die mooi prentjies bekyk. Toe ek uiteindelik kon lees, het ek met my ma se grimering en klere modeparade gespeel soos een van julle voorbladmeisies. En nou pronk ek sowaar op die bladsye. Baie dankie dat ek julle verjaardag saam kon vier en ek sien uit na jare en jare se leesgenot saam met julle.”
– Jo-Ann Strauss

Me. 80’s: Minki van der Westhuizen

Foto: Johan Wilke

’n Spesiale band
“Ek het grootgeword met my ma wat elke maand die rooi rose koop, so dit voel of ek “haar” al my lewe lank ken. Dit was vir my ’n groot eer en voorreg toe ek vir die eerste keer op rooi rose se voorblad kon verskyn en so ook al die kere daarna. Ek sou nooit kon droom dat ek so ’n spesiale band met rooi rose sou vorm nie. Dankie dat julle alles met integriteit, deernis en opregtheid doen. En dankie dat ek ’n deel kon vorm van ’n ongelooflike reis saam met julle. Ek gaan sorg dat daar altyd ’n rooi rose in ons huis is sodat my dogter haar ook eendag daarin kan verlustig.”
– Minki van der Westhuizen

“I’m not interested in age. People who tell me their age are silly. You’re as old as you feel.” – Elizabeth Arden

Me. 90’s: Karen Berman

Foto: Johan Wilke

Pure plesier!
“Elke rooi rose-artikel waarin ek die afgelope twintig jaar verskyn het, was vir my pure plesier! rooi rose is ’n tydskrif vol passie vir die lewe, liefde en skoonheid. Die 90’s is vir my ’n betekenisvolle dekade, ook vanweë die trotse dag in ons geskiedenis toe Nelson Mandela ons president geword het! En aan die modefront het alle elemente van vroeëre dekades deel van die 90’s geword.”
– Karen Berman

Me. 2000’s: Amy Kleinhans

Foto: Leana Clunies-Ross

Veels geluk rooi rose!
“Wat ’n fantastiese viering dat rooi rose ’n volle sewentig jaar gehaal het! Sy is getuie van ’n leeftyd se veranderinge en stories van ongelooflike menslike prestasies. Wat ’n voorreg om deel van die besonderse reis te kon wees. Ek bewonder rooi rose omdat sy kon bybly met al die verande-ringe, veral in die lewe van Suid-Afrikaanse vroue, en die toets van die tyd deurstaan het. Geluk, en ek hoop daar is nog baie sulke sinvolle, stylvolle en propvol jare!
– Amy Kleinhans

En Me. 2—‘s?

Wel, noudat ons 77 jaar oud is, sien ons uit daarna om stylvol, sinvol, propvol te bly om uit te vind hoe die volgende 70+ dekades sal lyk …

Foto: Leana Clunies-Ross en Johan Wilke

Is jy lus vir nog ’n blast from the past? Klik hier om na ’n versameling van ons vorige voorblaaie op pinterest te sien!

Lees ook: Voorbladgesigte, toe en nou

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.