B’loved troukompetisie: Michelle en Willie se wentroue

B’loved troukompetisie: Michelle en Willie se wentroue . Inligting verskaf deur B’loved. Hooffoto: Renske de Klerk-Engelbrecht

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wanneer jy na die Suid-Afrikaanse ekonomie kyk, hoef jy nie hooggeleerd te wees om te besef dat ons finansies effens stram is nie. Selfs dít het nie van Suid-Afrika se topdiensverskaffers teruggehou om saam te span om vir een paartjie ’n troue van hul drome te gee nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

rooi rose en B’loved, ’n aanlyn-funksieplatform, het kragte saamgespan, honderde inskrywings ontvang en ’n klompie finaliste op die kortlys geplaas. Willie en Michelle was onder hulle. Hul storie is een van deursettingsvermoë, hekkies hardloop oor die struikelblokke van die lewe, en die liefde van ’n ridder wat sy prinses uit ’n moeilike situasie red.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nie net het Willie sy sole deurgeloop om mense bewus te maak van hul deelname aan die kompetisie en om  stemme te werf nie, hulle het familie en vriende gekry om hul deelname met oulike video’tjies op sosiale media te deel. Dit wys jou net: ’n aanlyn-aflyn-bemarkingstrategie werk nie net vir multimiljoenrand-ondernemings nie! Hulle het die kompetisie gewen!

Noem dit bederf, of uit jou sokkies geseën, een ding is seker: die twee het die opskop van hul lewe gehad!

Ilze Saunders Buys (Above the Curve) was die troubeplanner. Sy het verseker dat alles vlot verloop en dat elke klein detail op sy plek was.

Die grafiese en papierontwerpe (Nadia van Laboeh) was die goue draadjie wat die tema van die troue deurgetrek het – van die kombuistee-uitnodigings tot die vreeslike oulike confetti met hul troudatum as staafkode.

Michelle en haar gaste is met die allermooiste kombuistee by Die Kleijne Pienkhuis in Potchefstroom bederf. Jacqueline en haar span het verseker dat  Frans-klassieke ondertone sierlik in elke hoekie en draaitjie van hierdie Alice in Wonderland-koffiehuis se tuin pryk. AE Wedding and Function Decor het hier al die dekor verskaf om te verseker Michelle kry alles wat haar hart begeer. En wat is ’n fees dan as dit nie gedokumenteer word nie? Corene Photography het seker gemaak die spesiale dag word tot in die fynste detail verewig.

Die kombuistee is afgehandel en die bruidspaar is in tweede rat – ’n ontmoeting by Diaan Daniels Couture om ’n trourok en pak te bespreek. Diaan se kundigheid het verseker dat Michelle haar droomtrourok met die eerste ontmoeting gekies het – en Willie is bederf met ’n pak wat oor sy swemmerskouers kon pas.

Michelle Kok Image Consultant het raad by die daad gevoeg, en die paartjie met haar warm persoonlikheid en besonderse oog vir styl touwys gemaak oor watter kleure en klere wel by hulle pas.

Soos die gebruik vandag, is die immergewilde Renske van RDK Photography en Heinz (Heinz Boesenberg Films) die span wat ongelooflike verlowingsessie-foto’s en ’n video geneem het. Die video was deel van die elektroniese uitnodiging.

’n Voorsmakie van die kos is deur die bekwame hande van Pieter en Rene van Twisty Lemon voorgesit – en Michelle (wat van “fine dining” hou) en Willie (wat lekker wil eet) kan nie meer wag om die kos met hul vriende en familie te deel nie.

Michelle moet darem seker maak sy weet hoe haar hare en grimering op die dag sal lyk. Mauneen en Kuschke van Royal Tree Spa is ongelooflik, nie net met hare en grimering nie, maar hulle laat haar op haar gemak én beeldskoon voel!

Die kersie op die koek, oftewel die honderde suikerrose op die koek met tien lae, asook die individuele porsies wat elke gas ontvang het van die sjokolade-sout-karamelkoek is deur niemand anders as Suid-Afrika se ongelooflike sjef Nicolas van der Walt van die FBI Chef School and Patisserie Academy in Johannesburg opgetower nie.

Een dag voor die troue. En wat is lekkerder as ’n spa-dag saam met jou beste vriendinne by Royal Tree Spa? Dis pragtig, rustig, een van Potchefstroom se eerste huise spog met outentieke houtvloere, staalplafonne met die mooiste patrone, en geure wat jou wegvoer na plekke wat goed is vir die siel. So gepas vir ’n bruid en haar gevolg.

Die groot dag is uiteindelik hier, die Snowflake- venue staan in volle glorie reg om die paartjie en hul gaste te verwelkom. Die tafels is sag, klassiek, tydloos met roosgoud eetgerei en blomme keurig gekies deur die foendi Abri Coetzee van Kamelia Bloemiste.

Michelle en haar gevolg maak gereed by Grey Manor Guesthouse (wat die hele gastehuis vir die gevolg beskikbaar gestel het), terwyl Willie en die manne by Ancient Emperor vertoef. Spyseniers van Twisty Lemon Catering werk onverpoosd. Hare en grimering, rokke en diamante – alles in volle gang vir die ja-woord. Die paartjie se twee Yorkies is die ringdraertjies – te koddig in hul pragtige uitrustings.

Op ’n pragtige somersdag in Potchefstroom daag die gaste en Willie en sy gevolg op. Almal span uit met ’n koel drinkdingetjie voor hulle na die kapel-gedeelte beweeg. Die tyd breek aan. Michelle lyk beeldskoon in haar Diaan Daniels-skepping. Deure swaai oop en Willie moet die trane wegvee. Tyd staan stil. Almal neem die oomblik in.

Ná die seremonie word die gaste behoorlik bederf met harvest tables wat kraak onder smaaklike en pragtige kos te kus en te keur. Gin en tonic met vrugte was ’n lafenis terwyl die paartjie foto’s neem. Gaste kon ook in ’n pragtige vintage-bussie foto’s neem, wat hulle daar en dan ontvang. Alles terwyl ’n musikant gaste met mooi musiek betower.

Mnr. en mev. Scheepers is met ’n gejuig in die onthaalsaal verwelkom. Sjef Nicolas se individuele koekporsies word bedien (en so wrintiewaar het hy later die aand die mooiste verjaardagkoek vir Michelle wat ook op haar troudag verjaar). Toesprake, heildronke, geselligheid en almal geniet hulle. Die hoofmaaltyd is gereed. En dit was heerlik! Genoeg om Willie se aptyt hok te slaan en Michelle se palet kon dans op die geure van heerlike kos.

Die dansbaan is met foelie-klappers geopen (MSM Productions het die klank en beligting van die troue behartig). Musiek, lag en kuier so tussendeur pikante, individuele nagereggies wat canapé-styl uitgepak is, het die aand afgerond. En die bruidspaar? Hulle het tot ounag toe gedans en die begin van die mooi hoofstuk met geliefdes deurgebring.

Borge

B’loved

RdK Photography

Corene Photography

Michelle Kok Image Consultant

AE Wedding function and decor

De Kleijne Pienkhuis

Snowflake Venue

Above the curve

Heinz Boesenberg Films

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.