Vraag:
Ek kry soms klein, rooi knoppies op my vel nadat ek gewaks het. Waarom kry ek dit en moet ek eerder waks vermy?
Antwoord:
Klein knoppies wat vorm nadat die haartjies verwyder is, is ’n teken van ’n vel-irritasie. Sekere veltipes is meer geneig daartoe omdat hulle meer sensitief is. In elke salon behoort daar ’n opsie van waks vir sensitiewe velle beskikbaar te wees. Probeer dit gerus ’n volgende keer. Onthou ook om voor die tyd geen afskilferingsprodukte te gebruik nie, geen grimering te dra nie en na die tyd behoort jy nie in die son te kom, jou gesig met warm water te was of rome en grimering te dra nie. Dit is ook belangrik om nie direk na ’n waksbehandeling aan die vel te raak nie, aangesien bakteriee op die vel infeksie kan veroorsaak.
Ná die behandeling moet daar ook ’n kalmerende room aangewend word wat die kanse van irritasie kan voorkom. Indien die knoppies na ’n dag nog steeds baie sigbaar is, kan ’n kortisoonroom op die area verligting bring deurdat dit die bloedtoevoer na die area verminder en die inflamasie en jeukerigheid verminder.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ander metodes soos “threading” (haar-verwydering) kan ook gedoen word. Dis ’n minder aggresiewe metode wat nie die vel irriteer nie en nie noodwendig knoppies veroorsaak nie. Hoë frekwensie-behandelings kan ook gedoen word ná die waks-behandeling omdat dit met die genesende proses help en antibakteries op die vel is.
*Isabel Roos is die uitvoerende direkteur van die Isa Carstens Akademie in Stellenbosch en Pretoria.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.