kategorieë: KalenderOntspanning

Dis Neem-’n-troeteldier-aan-dag!

Dis Neem-’n-troeteldier-aan-dag! Inligting en hooffoto verskaf deur Hill’s Pet Nutrition

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is vandag, 30 April, nasionale “neem-’n-troeteldier-aan-dag”.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die waarde wat ’n troeteldier tot ’n gesin toevoeg, is onmiskenbaar. Trouens, ’n gesin voel dikwels onvolledig sonder ’n harige bondel liefde wat jou ’n welkom-lek gee as jy tuiskom.

Lees ook: Mense met troeteldiere is gesonder!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In ’n studie deur kindertelevisiekanaal Boomerang Africa, is bepaal 72% van die Suid-Afrikaanse gesinne lag minstens een keer per dag as gevolg van hul troeteldiere. Dit is dan ook nie verbasend nie dat 67% van Suid-Afrikaanse kinders hul troeteldiere as hul beste vriend beskou.

Interessant genoeg, Suid-Afrikaanse kinders hanteer meer troeteldierverwante take tuis vergeleke met die ander lande wat ondervra is (Frankryk, Italië, Swede, Turkye en die Verenigde Koninkryk). Tydens ondervraging oor waarom hulle ’n troeteldier aanhou, het die meeste ouers gesê dit is om hul kinders ‘verantwoordelikheid te leer’. Sowat 41% het gesê hul troeteldier het die gesin nader aan mekaar gebring. Daarby het 25% gesê dat ’n troeteldier hul gesinslede meer liefdevol gemaak het en 44% het gesê dat hulle troeteldier hul stresvlakke verminder.

Lees ook: Kry katte en honde ook Alzheimersiekte?

Dis ’n belangrike besluit om ’n troeteldier te kry

Die besluit om ’n troeteldier aan te neem, moenie sonder nadenke geneem word nie, sê diere- gedragskenner, Marycke Ackhurst, van Hill’s Pet Nutrition. Nasionale ‘neem-’n-troeteldier-aan-dag’ word gehou om mense bewus te maak van die duisende troeteldiere wat op aanneming by ’n diereskuiling wag.

Besoek jou plaaslike diereskuiling. As jy nie ’n troeteldier kan aanneem nie, gee ’n skenking.

Lees ook: “Menskos” wat giftig is vir honde

Foto verskaf deur Hill’s Pet Nutrition

Wat jy moet weet voordat jy ’n troeteldier wil kry

As jy wel wil ’n diertjie wil kry, is daar raad:

1. Dit is ’n verantwoordelikheid, dink deeglik na

Moenie onbepland die eerste, oulikste of hartseerste hond of kat wat jy sien, aanneem nie. Jou eerste keuse mag dalk nie die beste wees nie. Om ’n troeteldier te hê is ’n belangrike verantwoordelikheid; jy moet die troeteldier vir die res van sy lewe versorg. Dit kos tyd en geld asook die hantering van gedragsprobleme wat jou troeteldier mag hê.

2. Kies die regte troeteldier vir jou gesin

Terwyl jy en jou kinders dalk gretig is vir ’n nuwe troeteldier, verg die keuse van die regte troeteldier navorsing en beplanning. As jy wil aanneem, hou jou kop oop. Jy het dalk ’n spesifieke honderas in gedagte, maar ’n ander se temperament en aktiwiteitsvlak pas jou gesin dalk beter.

3. Ken jou beperkings

Dit is belangrik om baie vrae oor die troeteldier te vra en uit te vind oor enige spesiale behoeftes wat hulle mag hê. Die meeste skuilings sal hul bes doen om jou bewus te maak van enige bykomende behoeftes wat hierdie troeteldier mag hê om te bepaal of hy by jou pas. Al wil skuilings hê dat die troeteldier aangeneem moet word, is hulle prioriteit om ’n ewige huis te verseker. Moenie moedeloos wees as hulle voel jy sal meer geskik wees vir ’n ander troeteldier nie.

4. Bring jou nuwe troeteldier huis toe

Daar is niks meer verwelkomend as ’n veilige, knus bed wanneer jy jou nuwe troeteldier huis toe bring nie.

Onthou jou troeteldier se eerste paar nagte mag vir hom moeilik wees aangesien die omgewing vreemd is. Hy sal vinnig leer om alleen te slaap, maar om mee te begin, kan jy ’n warmwaterbottel onder sy beddegoed sit om hom te herinner aan die warmte van die ander honde by die skuiling saam met wie hy geslaap het.

Dit is ’n goeie idee om vooraf die reëls vas te stel, soos tot watter dele van die huis die troeteldier toegang mag hê, waar hy gaan slaap en of hy op die meubels toegelaat sal word.

5. Voer jou nuwe troeteldier

As jy jou nuwe troeteldier na die veearts neem vir sy eerste ondersoek, vra uit oor die beste voeding. Dit is belangrik om nie jou troeteldier dadelik op ’n nuwe dieet te plaas nie aangesien dit sy maag mag omkrap. Meng jou troeteldier se huidige kos met die nuwe kos en vermeerder die nuwe kos geleidelik.

Inligting verskaf deur Hill’s Pet Nutrition

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.