kategorieë: GrimeringSkoonheid

Dis nuut en nou en waarvan ons hou

Deur Suzanne Kotzé en Corné Greeff. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Skoonheidsnuus

Keira Knightley en CHANEL

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Foto: CHANEL

Die Britse aktrise Keira Knightley is al tien jaar lank die gesig van CHANEL, maar ’n dekade later lyk sy in die jongste advertensies net nog verleideliker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek wou so na moontlik aan die oorspronklike formule bly, maar terselfdertyd ’n nuwe dimensie aan die fyngeur gee,” verduidelik die parfumeur van CHANEL, Olivier Polge, sy benadering tot die nuwe weergawe van CHANEL Coco Mademoiselle EDP. Hy het die patsjoeliegeur versterk maar die vars boonste note behou en jy ruik steeds lemoen en bergamot om die hart van roos en jasmyn. Die nuwe CHANEL Coco Mademoiselle EDP (R2 465 vir 100 ml) is nou beskikbaar.

Wonders uit die see

Die kristalle wat in ’n beker Miracle Broth® (die hoofbestanddeel in alle La Mer-produkte) gevorm het en waarop ’n wetenskaplike toevallig afgekom het, is in ’n nuwe Crystal Miracle Broth ®-formule gebruik en is die basis vir die ontwikkeling van La Mer se Renaissance-reeks. Die jongste toevoegings tot die reeks is ’n oogroom, Genaissance de la Mer Eye and Expression Cream (R4 400), wat met aanwending behoorlik wegsmelt en pofferigheid en lyntjies teëwerk, asook Genaissance de la Mer Infused Lotion (R4 070). Laasgenoemde is streelsag tydens aanwending en laat jou met ’n vel wat pure fluweel is.

‘Sci-Fi’-naels

Revlon se nuwe naellakreeks, Nail Enamel Holochrome Collection (R119 elk) bevat holografiese kleure wat lig in die vorm van ’n driedimensionele reënboog weerkaats, asook chroom wat lig weerkaats om soos metaal te lyk.

Soenbare lippe

essence se My only 1 Lipstick Palette (R209,95) bevat al die lipkleure (en meer) as wat jy ooit nodig sal kry!

Suzanne se gunstelinge

Tekstuur vir fyn of  …uhm … vuil hare

Met die Kaapse droogte behoort elke twee dae se hare was tot die verlede. Kevin Murphy Bedroom Hair (R455) gee tekstuur en volheid aan my hare en laat dit effens deurmekaar en ongekunsteld lyk, soos “bedroom hair”. Dit is lig, nie taai nie en bevat geen parabene en sulfate nie. #spaarwater

Stamp jou wange

Wat ’n oulike en prettige manier om jou blosser aan te wend! “Stamp” jou wange liggies met die Sorbet What a Cheek Blush Cheek Stamp (R169,95) en skakeer die kleur met jou vingers in. Wonderlik vir jou handsak of wanneer jy reis.

Die gemoedsproei

Met ’n besoek aan Sisley se hoofkantoor in Parys het ek ’n behoorlike hittegolf beleef en die Sisley- personeel was gaaf genoeg om Sisley Floral Mist (R1 141) in my hotelkamer te laat. Dit ruik wonderlik (dink vars roos en hamamelis). Deesdae, wanneer ons watersituasie hier in Kaapstad my effens taai en “af” laat voel, sproei ek my gesig met die blomgeure – maar teen daardie prys werk ek erg spaarsamig daarmee! Dit laat my sommer dadelik vars voel. Ek spuit dit voor of ná grimering ook aan

Corné se gunstelinge

Wonderstafie

Smashbox Skin Shaping Foundation Stick (R660). Ek het onlangs by ’n grimeerklas (aangebied deur Smashbox se grimeerkunstenaar uit Parys, Manuela Horn) waar ek met hierdie dubbelkantige kontoerstafie kennis gemaak het. Dit is fantasties vir verbloeming, beklemtoning én kontoering. Dié stafie maak aanwending maklik en netjies. Jy kan die illusie van ’n sterker kakebeenlyn, fyn besnede wange en ’n slanker neus met die produk skep.

‘Wow!’-wimpers

Benefit They’re Real! Mascara (R355 en R175 vir die klein houertjie beskikbaar by uitgesoekte Edgars- en Red Square-winkels en redsquare.co.za). Nie net gee dit jou wimpers bykomende lengte en volheid nie, maar dit krul jou wimpers mooi en skep die nodige definisie. Die borseltjie is doeltreffend, jy kom selfs daardie klein wimpers in die hoekies van jou oë by.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.