kategorieë: Ons menseBekendes

Dís wanneer Brendan Peyper se Op my eish!-soektog na liefde begin

Vanaf Donderdag 11 Januarie 2024 20:00 gaan 16 dames die reis saam met die gewilde sanger Brendan Peyper in die derde seisoen van Op my eish! aanpak in die hoop om sy hart te wen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verfilming van die reeks het in September begin, en Brendan en die span het die hele Oos-Kaap platgetoer – van Clarens en Golden Gate tot Fouriesburg en Bethlehem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie seisoen gaan geen tekort aan aksie en avontuur hê nie. Van lugballon ry, visvang en ‘n helikopter vlieg, tot ski, quad bike jaag, en trekkerresies hou – die dames gaan agter kom hoe lief Brendan is vir avontuur. Daar sal ook tyd wees vir ontspanning in die jacuzzi en spabederfies. Van die spesiale plekke wat besoek word, is Destiny Castle, die grotte net buite Fouriesburg en die prentjiemooi Bubble Valley.

Jaco Spies, regisseur van hierdie seisoen, sê dié reeks het sy stoutste verwagtinge oortref. “Die skilderagtige Oos-Vrystaat verskaf die doek waarteen ’n bitter mooi liefdesverhaal oor 13 aksiebelaaide episodes afspeel. Ons leer vir Brendan ken soos nooit te vore nie, en die 16 dames wat sy hart probeer wen, sorg vir hope vermaak en intrige.”

Brendan deel Jaco se entoesiasme: “Ek sou nooit in my wildste drome kon dink dat hierdie show my so baie sou leer nie, en ek is bitter bly ek het dit gedoen!”

“Met name soos Brendan Peyper en Jo Black, gepaard met die wonderlikste deelnemers, asook produksiespan wat lang ure gewerk het, maak dit vir ongelooflike realiteits-vermaak met elke emosie wat geprikkel sal word deur die loop van die seisoen. Was dit ‘n ware sprokiesverhaal? Miskien!” sê Gideon Eksteen, uitvoerende vervaardiger van die reeks.

Dit klink asof Brendan dalk selfs ’n bietjie te veel pret gehad het… kykers sal binnekort self meer hieroor kan uitvind. Een ding is vir seker – die vonke gaan behoorlik spat!

Skakel vanaf 11 Januarie 2024 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) in om uit te vind of Brendan die liefde van sy lewe ontmoet het.

Die seisoen sal ook beskikbaar wees op DStv Stream en Catchup.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Chris Steyn van ‘Die Kontrak’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

“Mamma, jy speel nooit saam met my nie!” Hoekom speeltyd so belangrik is

Deur Tanya de Vente-Bijker “Mamma, kan jy asseblief kom speel? Asseblief, net ʼn rukkie? Jy…

2 hours Gelede

Basiese kragsoppe

Ons Suid-Afrikaners hou van lekker vleiserige kragsoppe of “broths”, soos die Engelse dit noem. Dié…

4 hours Gelede

Die twee kante van Luan Jacobs in ‘Diepe waters’

Vertel ons meer van jou karakter. Ek vertolk die rol van Damian. Hy is ’n…

6 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

3 days Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

3 days Gelede

Nuutste beperkte hoeveelheid wyn-etiket van KWV se The Mentors

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf. The Mentors Limited Edition Tempranillo 2021 is…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.