kategorieë: KalenderOntspanning

Dis weer tyd vir die Cresta Lifestyle Fair!

Dis weer tyd vir die Cresta Lifestyle Fair!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Van 29 September tot 14 Oktober 2018 gaan Cresta-winkelsentrum weer omgetower word om winkelbesoekers te vermaak by die Cresta Lifestyle Fair. Geniet die mode, kuns, musiek, dans, kos, inkopies en die lekker saamkuier. Word geïnspireer vir die lente en die somer met asemrowende optredes, nuwe modeneigings en pret-aktiwiteite vir mense van alle ouderdomme en belangstellings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

So … wat wil jy eerste doen?

  • Cresta’s Date Night Friday (Vrydag 28 September)

Geniet ’n heerlike ete vir twee (met ’n bottel vonkelwyn as geskenk van Cresta) en een van verskeie opsies. Bespreek nou jou Cresta Date Night-tafel by een van die deelnemende restaurante: Mugg & Bean, Ocean Basket, Burger Rack, Nandos, Mike’s Kitchen of Calisto’s.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

  • Life’s a Beach Party’-uitstalling (29 Sep – 14 Okt)

Word geïnspireer deur Cresta-winkels se beste someritems en vind uit hoe om jou eie wonderlike buitelug-geleentheid aan te bied. Jy kan ook ’n R5 000 Cresta-geskenkbewys WEN as jy deelneem aan ons kompetisie.

  • Cresta lenteklerekas (29 Sep – 14 Okt)

Kry jou lente- en somervoorkoms pasreg met die nuutste modetendense en jy kan ’n R5 000 Cresta-geskenkbewys WEN.

  • Fashion it Forward!

Ruk jou klerekas reg vir die lente en deel die liefde: Skenk die klere wat jy nie meer dra nie by die Cresta Spring Wardrobe en Cresta sal verseker dat dit nuwe huise vind.

  • Unicorn Ice Cream Land

Die eerste 100 winkelbesoekers met ’n Cresta-betaalstrokie van R200 of meer sal ’n gratis roomys kry, en die volgende 400 sal 50% afslag kry.

  • GRATIS Cresta Summer Salsa-dansklasse vir volwassenes

Kry jou hakskoene en danspassies in gereedheid! Bespreek jou gratis dansklas nou Klik hier

  • Cresta se GRATIS dans- en dramaklasse vir kinders

Klasse begin 29 September en vind elke dag gedurende die skoolvakansie en tydens al die naweke van die Lifestyle Fair plaas.

Om ’n gratis klas te bespreek, besoek Klik hier en jy kan dalk ’n gratis kwartaal by JATA te wen.

  • Cresta se 3D strandtoneel-illusiekunswerk

Pragtige fotogeleenthede met gratis afdrukke: Neem ’n foto en deel jou foto’s op sosiale media met die hutsmerk #CrestaLifestyleFair. As jy deelgeneem het kan jy ’n somer strand- geskenkstel WEN.

  • Bounce Inc.-span by die Spring in your Step Bounce Zone (5 – 7 Okt)

Kinders kan ’n verskeidenheid pret-aktiwiteite geniet, insluitend trampolienspring, “shoot the hoop”-kompetisies, ’n mini parkour-roete, doelskop- en doelgooi-uitdagings.

Vir selfs nog meer lente-opwinding sal daar optredes, glam-fotohokkies, uitverkopings en baie pryse op Cresta se sosiale-mediablaaie wees. Besoek dus Cresta-winkelsentrum se Lifestyle Fair van 29 September tot 14 Oktober 2018.  Word geïnspireer vir die lente – en bring sommer die hele familie saam!

Imagine More by die Cresta Lifestyle Fair.

Al die besonderhede

Wat: The Cresta Lifestyle Fair

Waar: Cresta Shopping Centre op Beyers Naudérylaan

Wanneer: 29 September – 14 Oktober 2018

Volg ons en deel die pret met die hutsmerk #CrestaLifestyleFair

webwerf: www.crestashoppingcentre.co.za

Facebook: @Crestashoppingcentre

Twitter: @CrestaCentre

Instagram: @CrestaCentre

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.