Dr. Melodie de Jager: seksualiteit, lewenslus en die definisie van leer

Dr. Melodie de Jager: seksualiteit, lewenslus en die definisie van leer deur Mariette Snyman. Foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Wat is ’n ontwikkelingskenner, en hoe het jy in die veld beland?

Van kleins af wou ek ’n juffrou en ’n mamma wees. My belangstelling is ménse, wat hulle laat tiek, en hoe hulle ontwikkel om te doen wat hulle doen. Ek het gehoor kinders is die beïnvloedbaarste voor die ouderdom van sewe en daar en dan besluit om ’n kleuterskooljuffrou te word.

By kleuterskole het ek besef ons kry nie al die kinders skoolgereed nie. Ek wou uitvind hoekom. Ek het begin vra wat ons in staat stel om te leer en te ontwikkel. Wat is die gemene deler wat vir almal geld – seuns en dogters, ryk en arm, landelik en stedelik? Ek het ’n draai by die sielkunde gaan maak, maar daar was te veel veranderlikes om in ag te neem. Toe maak ’n kursus in NLP (Neurolinguistieke Programmering) my bewus van die liggaam se rol in ons gedagteproses. Dit was ’n gróót aha-oomblik. Ek het wel vermoed ons emosies en denke het baie te doen met wie ons is, maar nooit besef watter rol die lyf speel nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir raad oor verskillende aspekte van ouerskap, loer hier

My volgende vraag was: watter aspekte van die lyf is generies? Wat het ons almal gemeen, en wat reageer redelik voorspelbaar? Die antwoord was die senustelsel. Ek wou uitvind hoe dit werk – hierdie nuuskierigheid kry ek van my pa, wat my geleer het hoe ’n motor werk toe ek nog net nege jaar oud was.

Die ander wonderlike insig was dat geen mens, klein of groot, in sement gegiet is nie. Almal kan ontwikkel, maar ontwikkeling is aan die lyf gekoppel. Geen twee breine lyk dieselfde nie, en elke mens kan bly ontwikkel tot hy die dag sy kop neerlê. Dit skep soveel hoop!

2. Hoe het jou passie vir ontwikkeling na ander ouderdomsgroepe uitgebrei?

Van skoolgereedheid het my fokus na babas verskuif (www.babygym.co.za). Soveel kinders het leerprobleme, en elke kind was mos eers ’n baba.

In my werk met kinders (www.schoolreadiness.co.za) het ’n pa eendag gevra of ek nie hierdie werk met grootmense ook kan doen nie (mindmoves.co.za). Dit het tot die korporatiewe arm van my werk gelei (www.mindynamix.com) en toe na ouer mense uitgebrei (www.seniormindmoves.co.za)

Ek definieer leer as die vermoë om aan te pas. Babas moet aanpas as hulle gebore word, ’n kind moet aanpas tussen ander kinders, volwassenes by die werk, en so aan – tot by die aanpassing wanneer jy ouer word. Dit hoef nie so swaar te wees om ouer te word nie.

Lees ook: Het jy geweet daar bestaan iets soos seksuele etiket?

3. Hoe skakel seksuele gesondheid in by jou ontwikkelingswerk?

Die oomblik wanneer iemand seksueel verkeer, is daar ’n vorm van aanpassing. Dit gebeur nie net op my of jou manier nie – ons moet leer om sáám te verkeer.

Seksualiteit is ’n groot deel van ons menswees. Dit het baie te doen met ons skeppingsenergie. Soveel skuldgevoelens en taboes, selfs die woord ‘vuil’, word met seksualiteit geassosieer – terwyl dit eintlik so ’n ongelooflik suiwer, stuwende kreatiewe energie is.

Lees ook: Raad vir pynlike seks

4. Hoe het jy begin boeke skryf?

Die boeke het natuurlik uit gesprekke voortgevloei. Wanneer ek met mense oor my passie vir ontwikkeling gepraat het, het hulle gevra of daar iets was om te lees. Ek is dankbaar teenoor Human & Rousseau wat my gevra het om my eerste boek te skryf! Ek het boeke geskryf vir elk van die ontwikkelingsfases.

Lees ook: Wat almal moet weet oor erektiele disfunksie

5. Vertel van jou jongste projek, The Art of Co-creating.

Die webwerf theartofcocreating.co.za sluit ideaal aan by onderwerp van seksualiteit. Die mense wat ek tog so graag wil help heal, kom van iewers, en die mens wat ontwikkel, neig na iewers. Ons kom almal van saamwees, van seks, en neig om baie redes na seks. Dis ’n bron van plesier, maar primêr vir konneksie, vir saamwees.

Ek het ’n passie vir vroue. Vroue trek soms ’n klein bietjie swaar, en ek wou graag ’n ding geskryf het oor vrouwees. Ek wou gesprekke oor vrouwees met jonger mense gehad het, veral in die afwesigheid van iemand anders met wie hulle so ’n gesprek kon hê, veilig en privaat.

Lees ook: Menopouse en ’n gelukkige sekslewe

Eendag, terwyl ek besig was om ’n handleiding te skryf, pop daar so ’n stemmetjie op in my kop, en Zani begin praat. Zani, ’n fiktiewe thirty something, se storie kom toe nesmaak in my kop. En sy geséls. En toe kom Vee, die warm en moederlike eienaar van ’n koffiewinkel, en ander karakters by.

Terug by die seksualiteit: daar is ’n groot toename in infertiliteit in die eerste wêreld. Veral werkende jongmense sukkel al meer daarmee. En deel daarvan kom uit die stres van alleen wees, van voel niemand verstaan my nie, ek’s net ’n vrou.

Zani se storie het ’n boek geword: One + One = Three: the wondrous journey from conception to birth. En toe vra ’n groot vriendin op ’n dag: “Kan ons die boek nie dalk anders verpak nie?” Dit het aanleiding gegee tot ’n absoluut heerlike storie van vrouwees, van Zani se seksualiteit en vertroue in haar eie vermoë om lewe te kan skep. Om ’n baba te kry is ’n groot skeppingsdaad, waarvan die oorsprong in die seksuele daad is. Enter seksualiteit!

Lees ook: Alles wat elke vrou moet weet van kontrasepsie

6. Jy is bedrywig! Hoe verdeel jy jou aandag tussen verskillende take en verantwoordelikhede?

My werk is my passie, en passie gee energie. Ek reageer op geleenthede wat na my kant toe kom. Dis deel van die kreatiewe proses. As daar iets kom, doen ek iets daarmee. En as dit iewers ’n mens kan help – dalk ’n sleutel kan wees wat in ’n spesifieke slotjie pas – doen ek dit graag !

Ek het my eie ritme: van 03h00 tot 11h00 soggens kry ek ongelooflik baie ingepas. Dan vang ek ’n siesta, en doen die res van die dag.

Lees ook: Depressie, anti-depressante, en seks

7. Jy reis baie vir jou werk – plaaslik en oorsee …

Nou se dae met die internet kry jy geleenthede wat jy nooit andersins sou gekry het nie. Ek gaan waarheen ek genooi word. As dit Spanje is, gaan ek soontoe en gee dalk iets, maar leer ook baie. Ek doen nie eintlik vakansie nie, omdat alles wat ek doen vir my so lekker is. Ek slaap goed, en ek geniet regtig wat ek doen.

Lees ook: Vir heerlike reis-inspirasie, loer hier

8. Wat beteken ‘huis’ vir jou?

Huis is nie ’n plek nie. It’s a state of being. My kinders sal jou vertel as ek reis, gaan daar altyd blomme en kerse saam. ’n Mens maak huis waar jy is.

Lees ook: Die oorsake van lae libido in mans

9. Jy is die ene lewenslus. Wat is jou geheim?

Geluk is ’n keuse. Ek glo regtig in ’n God who has our best interests at heart – a benevolent Force out to spoil me every day.

Ek staan elke dag op met die verwagting dat ek op onverwagse maniere bederf gaan word, as ek dit net kan raaksien. Daar wag nie noodwendig vir my ’n pot goud nie, maar ’n karwag wat opreg groet en glimlag, of ’n onverwagse blommetjie op ’n onverwagse plek. Daar is honderde klein wonderwerkies!

By die werk sien ons ongelooflike resultate – daardie lig wat in iemand se oë kom wanneer hulle pas iets geleer, pas ontwikkel het, pas meer geword het as wat hulle was. Vir my is daardie lig absoluut verslawend. Die magic van bederf word en die bevestiging deur ander maak my entoesiasties vir more.

Raak ek teleurgesteld? Ja … maar baie meer kere bederf.

10. Vertel van jou geliefdes.

Ek het drie heerlike eie kinders wat ’n bietjie soos die Verenigde Nasies is, so uiteenlopend. Dan is daar hulle maats, en sewe kleinkinders in sewe jaar!

Op ’n ligte noot kan ’n mens sê die seksualiteit in die De Jager-gesin loop mooi … Die De Jagers is gemaklik in hulle eie lyf, en die resultate spreek vanself!

Vir interessante gesprekke met Dr. Melodie en ander kenners oor seks, gesonde verhoudings en om gelukkig in jou eie vel te wees, klik hier.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.