kategorieë: InspirasieJou lewe

Ds. Braam Klopper oor die Vishuis, vliegtuie en sy fokus op verlies

Ds. Braam Klopper oor die Vishuis, vliegtuie en sy fokus op verlies deur Mariette Snyman. Foto’s verskaf. Hooffoto: een van Braam se potloodsketse.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Vertel van jou skooljare, en wat jou laat besluit het om predikant te word.

Ek het grootgeword in die suide van Johannesburg. Ek was in WH Coetzer Laerskool en in Hoërskool Die Fakkel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Jy was seker in die weermag?

Ek het twee jaar lank weermagdiens gedoen. Dit was ’n wonderlike vormingservaring. Ek was in Walvisbaai, Oudtshoorn, Potchefstroom, verskeie dele van Namibië en op die Angola-grens.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3. Deel die beste herinneringe aan jou studiejare met ons …

Ek het die voorreg gehad om in 1977 aan die Universiteit van die Vrystaat te studeer. Nog ’n groter voorreg om in “Vishuis”, die Abraham Fisher-koshuis, te wees. Seker die beste jaar van my lewe en een van die belangrikste jare in terme van my toekoms.

Tydens my latere teologiese studies in Pretoria het ek die voorreg gehad om gevorm te word deur prof. Johan Heyns. Sy invloed op my lewe, denke en bediening kan nie in ’n paar sinne beskryf word nie.

4. Vertel meer van jou toetrede tot jou eerste (en huidige) gemeente.

Voordat ek as predikant beroep is, het ek die voorreg gehad om as student in drie gemeentes in Johannesburg te werk, in die omgewing waar ek grootgeword het, naamlik Klipriviersberg, Townsview en Mondeor.

Ds. Braam Klopper oor die Vishuis, vliegtuie en sy fokus op verlies

5. Hoe het jy ’n pastorale terapeut geword en waar het jou passie vir hierdie werk vandaan gekom?

Dit hou verband met my eerste beroep en eerste gemeente: Ek is beroep in ’n tyd waar daar ’n ooraanbod van predikante was. Beroepe was so skaars soos hoendertande.

In 1986 word ek beroep na die NG gemeente Kempton Park-Oos. Daar val ek toe spreekwoordelik “met my alie in die botter”. Die beste, maklikste, mees positiewe en wonderlikste gemeente in die hele NG kerk !

Soveel so dat ek my vandag, 34 jaar later, steeds volkome kan uitleef in hierdie gemeente.

Tydens my bediening was daar ’n tweede professor wat ’n onbeskryflike impak op my bediening gehad het, naamlik prof. Jan Van Der Watt. Sonder sy invloed sou my bediening nie naastenby gewees het wat dit vandag is nie.

6. Waar het jou belangstelling in die rouproses en hantering van verlies begin?

Eers 12 jaar nadat ek bevestig is, het ek verder gaan studeer en ’n meestersgraad in Pastorale Terapie gedoen. Daar ontwikkel my groot passie vir rouberading en alles wat met die rouproses te make het.

Ek beleef intense frustrasie oor mense se goedbedoelde “trooswoorde” aan bedroefdes, en besef dat mense dikwels meer skade doen deur die onsinnige, geykte tradisionele gesegdes waarmee hulle probeer troos. Soos byvoorbeeld om te sê dat God “net die mooiste blomme pluk” of dat Hy iemand “nodig gehad het” of om te verklaar dat dit “God se wil” was dat iemand in ’n motorkaping of rooftog doodgeskiet is. Ek besef dat ek ’n verskil kan maak.

Ek word gevorm deur elke persoon wat rou en wat hulle seer en hulle vrae en hulle worsteling met die “waarom-vraag” met my deel. Dit kan ’n mens nie uit boeke leer nie. Net mense wat rou kan dit vir jou leer, as jy bereid is om baie lank en baie intens te luister.

Ds. Braam Klopper oor die Vishuis, vliegtuie en sy fokus op verlies

7. Gee ons ’n blik op jou kursusse, boeke en CD’s.

Ek bied graag kort, medium en lang praatjies aan oor hoe om mense by te staan wat rou. Ook volledige Rouseminare vir predikante, dokters, mediese personeel, maatskaplike werkers, vrywilligers, ens.

Ek is outeur van die boek Wanneer Woorde Ontbreek, uitgegee deur Lux Verbi, en mede-outeur van die boek Leeg wat oor swangerskapsverliese handel. Dis ook deur Lux Verbi uitgegee.

Ds. Braam Klopper oor die Vishuis, vliegtuie en sy fokus op verlies

Verder het ek ’n reeks gespreks-CD’s ontwikkel om mense te help wat nie by ’n berader kan of wil uitkom nie. Dit is Rouberading in jou eie veilige ruimte. Die reeks bestaan uit die volgende:

  • Gesprekke oor Rou – Praktiese raad vir mense wat treur
  • Gesprekke oor Rou – Ná die dood van ’n kind
  • Gesprekke oor Rou- Ná ’n miskraam of stilgeboorte
  • Gesprekke oor Rou – Ná selfdood
  • Conversations on Grief – Practical advice for people who are mourning
  • Conversations on Grief – After the death of a child

8. Wat is die bevredigendste aspek van jou werk?

Om mense wat rou te help om te besef hulle reaksies en rou is normaal. Ook om te sien dat hulle groei te midde van hulle seer.

9. Wat verstaan mense dikwels nie omtrent rou/verlies nie?

Dat verlossing en verlies nie verwar moet word nie. Die feit dat jou geliefde verlos is (in ’n fisiese sin) of verlos is (in ’n geestelike sin) kan nie jou VERLIES uitkanselleer nie.

En ons moet ons verliese betreur!

Potloodskets deur Braam

10. Jy het ’n ander passie – vliegtuie!

Ja, alles wat met lugvaart te make het. Dit is ’n wonderwêreld en fassineer my absoluut. Ek het al die voorreg gehad om in klein vliegtuie, groot vliegtuie, stralers, ’n gyrocopter en ’n lugballon te vlieg! Ek teken ook graag potloodsketse van vliegtuie.

11. Jy sê jy het selfs ’n groter passie as vliegtuie …

Ja, ons twee kleinkinders: Mathys (5 jaar oud) en Mia (2 jaar oud.) Kleinkinders verander jou lewe. Hulle verander jou perspektief op die lewe. Hulle is magic.

12. Koester jy nog ʼn groot droom of begeerte?

Ja, ek wil graag ’n boek skryf en nalaat wat oor die “teodisee-vraagstuk” handel. Dit is die vraagstuk oor hoe God se almag en liefde gerym kan word met siekte, lyding en die dood. Met ander woorde, ’n boek oor die groot “waarom”-vraag.

Meer inligting by info@braamklopper.co.za en http://www.braamklopper.co.za/

Vir nog inspirasie, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.