kategorieë: DieetGesondheid

Eet jy met jou hart?

Hoe om emosioneel te eet en daarmee weg te kom!

Die eerste stukkie geniale raad kom van Cia Meiring. “Begin met ’n groot glas water en dan maak jy vir jou ’n lekker koppie kruietee. In wonderlike Afrika is die verskeidenheid bekostigbaar en oneindig: rooibos, heuningbos, groen rooibos, gegeurde rooibos, Engelse tee, tee met suurlemoen, gemmer, kaneel, rooswater … wat ook al vir jou geurig is.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons tweede konsultant, Ilsabé Spoelstra, voeg by dat jy gerus kan kyk na wat jou kondisioneer om te eet, veral as jy gereeld net móét eet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Is jy soos Pavlov se hond wat skielik honger is omdat jy die teetrollie hoor aankom, of omdat dit reën sommer ses pannekoeke moet eet? Het jy ’n gewoonte – koop jy elke keer by die kassiere in die supermark ’n sjokolade, al het jy en ’n vriendin pas koffie en koek gehad?” En as vandag ’n hondjie-dag is? “Elke hond kry mos sy dag! Ek werk op die bakkiebeginsel: koop sewe klein pastiekbakkies, een vir elke dag. So leer jy dat daar elke dag vir jou iets lekker is wat jou emosioneel bevredig. Dis ook prakties: gestel jy is lus vir skyfies. Niks anders as ’n groot pak gaan dit vir jou doen nie. Koop dan die pak en deel dit tussen die sewe bakkies. So kry jy jou chippies sonder om die skaal te breek.” En op ’n krisisdag? “Kies sulke dae goedjies wat lig in kilojoules is.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jou kwota? Drie snoephappies per dag

Soetigheid

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Enige vrug. Vir ’n warm winterhappie, mikrogolf ’n appel, peer of piesang 1- 2 minute lank. Geur met kaneel of    kaneelstokkie
2. Gommetjies of jellielekkers – soveel as wat jy in jou vuis kan toevou
3. Een Turkse lekker
4. Ses appelringe
5. Twee droëperskes, -appelkosies of –pere. Kap hulle op in blokkies, dan kom jy verder
6. ’n Klein bakkie laevetjogurt
7. Gladdejantjie. Sit Bulgaarse jogurt of water in die vrieskas. Net voor dit begin vries, kap of verpulp ’n vrug daarin. Vries verder vir ’n heerlike roomys
8. Soveel rosyntjies, bosbessies (cranberries), dadels of pruimedante as wat jy in jou vuis kan toevou
9. Twee blokkies sjokolade of ’n minisjokolade soos ’n mini-Bar-One
10. 200 ml-sjokolademelkie
11. Jou eie melkskommel. Maak dit van ’n kwartkoppie gegeurde jogurt, ’n koppie melk en ’n verpulpte vrug
12. Warm sjokolade. Maak dit van die helfte kookwater, helfte melk, ’n teelepel regte kakao en ’n bietjie suiker
13. Klein soetworteltjies of mini-tamaties. Maak hulle nat en gooi tiemie of pietersielie oor vir ekstra geur

Stysels wat die heupe omseil

1. As jy slaaigoed bysit, lyk dit meer, eet jy langer en bly jy versadig
2. Minibeskuitjies. Bak gewone, growwe beskuit, maar sny elke beskuit in drie voor jy dit uitdroog. Eet een per keer. Ná drie het jy steeds net een beskuit gehad
3. Rooster ’n sny bruinbrood bedek met ’n piesang, vertikaal in drie skywe gesny
4. ’n Sny rogbrood met ’n teelepel grondboontjiebotter
5. Drie Pro-Vitas met ’n paar skywe avokado
6. ’n Kwartsny brood met ’n dun lagie grondboontjiebotter, vetvrye maaskaas en appelkooskonfyt
7. Twee tot drie Ryvitas, Pro-Vitas of ’n sny rogbrood

Sout van die aarde

1. Marmite, vissmeer of Bovril op ’n Pro-Vita, Ryvita of ’n sny brood
2. Woollies se blatjangryskoekies l Deel ’n klein pakkie aartappelskyfies met iemand
3. ’n Koppie of klein pakkie tuisgemaakte of gewone springmielies (nie die gegeurde soorte nie)
4. biltongstokkies. (nie droëwors nie)
5. Ham (nie salami of polonies nie)
6. Tuna in water

Iets olierigs

1. Avokadopeer – ’n hele kleintjie of ’n halwe grote
2. Neute … nie meer as 8 – 10 nie
3. ’n Lepel grondboontjiebotter
4. ’n Laevet-kaaswiggie
5. ’n Blokkie harde kaas (2 cm x 2 cm x 2cm) of een vakuumverpakte kaasskyf l ’n paar olywe

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

7 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

10 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

14 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.