kategorieë: Lees

Hustera Ectomia

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hustera Ectomia

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis die negentiende. Donderdag. Die dag van dinge, besef ek toe my selfoon om vieruur tsjwierie-tsjwierie. Ek druk hom dood. Morsdood. Af. Nie op daai sleep-some-more funksie nie. Vloog uit die kooi en loop outomaties kombuis toe. Vir koffieïen en nikotien, maar briek by die ketel in my slippers vas. Dém. Daar staan dit – in my eige handskrif. Swart-op-wit. Wit-op-swart. ’n Wit nota vasgeprestiek op my swart ketel. Nil per mond. Ek het vergeet. Momenteel. Dis nou nie van ou derdom nie, verstaan my goed. Dis natuurlik van overload. Dit mág dieselle klink, maar dit ís nie. Overload is vleiender. Glo iets van só besig wees dat jou brein onbenullige inligting verwerp. Sowaar, daar ís vandag ’n onbenulligheid op my pad, val dit my by. Histerektomie. Myne.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Klein prosedure. Die HAT sê hustera (baarmoeder) en ectomia (chirurgiese verwydering). Vaginaal. Ek weet darem waar dít is. Die buurvrou sê, “Dis nou so van onnir af, ek weet darem nie so mooi nie … ” Die badkamerspiëel sien dat my kop nie eens omgekrap is nie, en dat ek ook nie soos elke ander oggend sakke onder my oë het nie. Ek het nou nie juis veel geslaap nie. Ek kán nog omdraai, dink ek. Uit hierdie ding kom sonder dat die ding uit my kom.

Hoekom pyn ek so, wonder ek vir die soveelste keer. Toe ek destyds die kot en die pram vir die buurvrou se kind-vol-kind gegee het, was daar g’n wroegte in my nie. Maar die kot het nie die vier vruggies wat ek in my bekken gedra het, in amnion, chorion en vrugwater gekoester nie. Die pram was nie die eerste om vlindersag vir my te fluister dat hulle dáár was nie. En die motorstoeltjie het ook nie ná nege maande saam met my, asem-vir-asem, hul koppies laat kroon nie. En dit was goed. Só wonderlik, volkomevrou-goed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek kyk af na die kaal driehoek tussen my bene. (Die instruksie was duidelik: “clear bottom”. Met moeite, vat dit nou maar van my vir die reine waarheid!) Daar’s nie eens ’n enkelte donsie oor om my skaamte mee weg te steek nie. Ek is dogtertjie-kaal. Kind-kaal. Kinds-kaal? En ek huil. Oor ’n weet-nie-wat-tigheid. Oor iets wat ek seker nie eens gaan mis nie – ek kan mos onmoontlik iets mis wat verskuil, êrens undercover lê nie. Maar die “iets” het my sedert my pepertyd (soos oorle’ Ouma dit genoem het) elke agt en twintig dae opnuut voorberei om gewillig nóg ’n vruggie groot te maak. Ek wil nóú ry, sê ek. Anders wéét ek, gaan ek kop uittrek. Maar daaroor sê ek liewerster niks. Watter man sal hierdie gedoentigheid in my vroukop tog verstaan?

Die papierbloemer is ’n one-size-fits-all. Voorwaar, tót my tieties pas in! Die blou voorkant-agtertoe jassie se bandjies makeer, en ek hang sleg uit. My ou man gaan soek iemand om te kom help, maar hulle is volgens die geluide wat in die gang gebeur, besig om mekaar met stainless steel-skottels dood te gooi. Die tweede jakkie het ook nie tossels aan nie. Later hol die narkotiseur in, rits ’n stel vrae af. Ly ek dalk aan porfirie? Nee. (As ek nie eens weet wát dit is nie, kan ek dit seker nie onder lede hê nie.) En ek sê ek rook twintig sigarette. Nee, nie per week nie, Dokter. Hy vlug. Ek wou hom nog sê my bloeddruk val sleg ná narkose, en dat ek so naar word dat ek bang is my dêrrims val uit, maar hy’s reeds R700 weg. En ek wou ook net vir die volledigheid van die rekord vir hom sê dat my oorle’ ouma navy-blou-langbeenbloemers gedra het.

Die gekepste teatertannies gooi ’n hewige tantrum toe ek nog op die lewwie sit en douche terwyl ek glo al onder die mes moes wees. Wát ’n gesukkel. Ek was te skaam om vir die suster te sê dat ek nie ’n koekiengkloe het hoe om die stukkie apparaat, wat vir my erg gelyk het na iets wat jy slegs by ’n adult shop kan koop, te gebruik nie. Maar ek was bang ek lyk dom. Gelukkig het ek toe reeds die enema gehad, en als gaan tog maar oor holtes hier.

Die premed? Dié drink ek sommer al sittende op pad teater toe. So much for a PRE-med. Ek sak terug op die trollie en die dak swiep blok vir blok oor my oorgelewerdheid verby.

Die teater is bitter koud. Bibberkoud. Verbeel ek my, of word die teaterbed elke keer wat ék dit moet gebruik, smaller? Daar’s nou net plek vir één van my twee boude. Ek wikkel-wikkel hulle toe maar om ’n veilige middelpunt te probeer kry. ’n Gemaskerde doekvoetvrou maak my bolyf kaal en plak elektrodes vir monitors vas terwyl sy my indringend pols oor die doeltreffendheid van die fleet-enema wat ek so flussies in die saal gehad het. Aan die ander kant gee die narkotiseur voor dat hy vreeslik jammer is oor die “klein prikkie” wat hy met grootskaalse oorgawe maak. Hy laat my vloeke tussen sewe(?) ligte stol. Ek wou nog vir haar sê van die lawement, en dat ek bang is dat ek dood sal gaan.

En dat hulle nie vir my ou kale Katriena moet lag nie, sy ís after all op pension …

VIR ’N HELE SES WEKE LANK het ek gevoel. En gevoel. Wéér gevoel. Maar niks het gepyn nie. Nie my lyf nie, nie my hart nie. Niks. Ek is net nog maar net ek. En ek mis niks. Ver-mis niks. Ek loop haal de laaste broekie en bra uit my onderklerelaai, pak dit in ’n sak en gaan sit dit op ’n klip op die sypaadjie vir iemand wat dalk glad nie ’n bloemir of boddis besit nie. Net vandag vat ek my “busfare home” (daai paar pennies wat ons girls in ons agterbeursies hou net vir ingeval) en gaan koop vir my splinternuwes by Woolies en drink sommer ’n cappuccino-heildronk op my nuwe ou lyf!

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.